|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 05:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Die Worcester Wielefees ten bate van die Pionier Skool is amper hier en dié jaar beloof weereens om pret vir almal te verskaf. Verlede jaar se fees was 'n groot sukses en mense van regoor die land het saamgetrek om hul veteraanmotors, trekkers, speelkarretjies, motorfietse en enjins uit te stal.
Dié jaar se fees vind op 24 en 25 Oktober plaas en beloof om weer baie vermaak te verskaf met kunstenaars soos Rooies, Karlien Hurselman, Nadia Louw en Luhann. Besoekers kan die kos- en wynfees, steakbraai, dans, kosstalletjies en wynproe geniet terwyl hulle na hartelus die uitstallers se masjiene bekyk.
Daar is kampplek beskikbaar en diegene wat meer gerief wil hê kan 'n bungalow aanvra.
Die Pionier Skool het 261 leraars waarvan 78 totaal van die skool afhanklik is. Die skool is ook die jaar 127 jaar oud.
Stuur 'n e-pos na wildbugg@telkomsa.net vir meer inligting.
4 September 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24