Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Wynbedryf-wil-ekologie-beskerm

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 05:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wynbedryf wil ekologie beskerm

 
AMELIA GENIS

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf en Wes-Kaapse en internasionale bewaringsorganisasies het 'n projek begin om moontlike skade aan ekologies-sensitiewe gebiede deur die snelle uitbreiding van wingerde te verhoed.


'n Skerp toename in wynuitvoer en die gepaardgaande groei in die wynbedryf die afgelope dekade het kommer in bewarings- en wynkringe laat ontstaan dat sekere van die sensitiefste natuurlike habitats in die streek vir wingerduitbreiding gebruik gaan word.


Die Biodiversiteit- en Wyninisiatief poog om die uitwerking van die wynbedryf op die omgewing te versag en kan die Suid-Afrikaanse wynbedryf in 'n voorbeeld vir ander lande se wynbedrywe verander.


Volgens dr. Johan van Rooyen, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Wyn- en Brandewynmaatskappy (SAWB), moet die groei en uitbreiding van die plaaslike wynbedryf, wat grootliks in die Wes-Kaap gesetel is, nie tot nadeel van die natuurlike rykdom van die streek wees nie.


"Die Kaapse blommeryk is vanweë sy biologiese verskeidenheid van internasionale belang en is onlangs tot 'n Wêreld-erfenisgebied verklaar. Dit is egter ook die streek in Suid-Afrika wat die geskikste is vir wynboerdery."


Sowat 90 % van die land se wyn word op sowat 95 000 hektaar onder wingerd geproduseer.


Van Rooyen sê die ontwikkeling van wingerde het grootliks onbeheer en teen 'n snelle pas plaasgevind. Hoewel "betreklik min" gedoen is om 'n wynboerdery te skep wat in harmonie met die omgewing is, sê hy is daar tot dusver nie tekens van groot skade gevind in ondersoeke wat in opdrag van die SAWB onder die wynbedryf se Geïntegreerde Wynproduksieprogram uitgevoer is nie.


"Die Biodiversiteit- en Wyninisiatief sal egter toekomstige skade help voorkom deur wingerde te skep wat nie inbreuk maak op die natuur nie, maar 'n integrale deel daarvan is."


Van Rooyen sê die wynbedryf se verbintenis tot bewaring en omgewingsvriendelike praktyke sal die bedryf help in sy strewe om 'n groter markaandeel in internasionale markte te kry. "Omgewingsvriendelike produksie, tesame met gehaltebeheer en besorgheid oor die etiese aspekte van produksie, is die primêre beweegrede van wynkopers in Europa en Amerika.'

16 Julie 2004

0
 
 
  • 2042 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Weermag help met wilddiewe
  • Boere wil minder mielies plant
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction