|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Die gemeenskap van 'n suksesvolle restitusie-eis gaan Grondeisehof toe om me. Lulu Xingwana, Minister van Landbou en Grondsake, te verplig om haar neus uit hul sake te hou.
Die Ga-Mawela gemeenskap van Steelpoort wil Xingwana in die Grondeisehof beveg oor 'n klousule in hul kontrak dat hulle nie hul grond mag verkoop sonder haar goedkeuring nie.
Die gemeenskap het in 'n suksesvolle grondeis eienaars van die plaas St. George in die Steelpoort-omgewing in Limpopo geword. Volgens me. Dirkie Gilfillan, hul prokureur, lê die betrokke klousule hul gebruik van die grond aan bande.
"Ons betwis die grondwetlikheid van die klousule omdat dit die gemeenskap as eienaars die reg ontneem om die grond te ontwikkel of daarmee te handel soos hulle goed dink."
Anglo Platinum besit die minerale regte op die grond en die gemeenskap wil die reg hê om self met dié maatskappy ooreenkomste aan te gaan vir die gebruik van die oppervlakte. Die mynreus wil 'n dam op 'n aangrensende plaas bou wat 'n deel van St. George ook onder water gaan lê.
"Om verplig te wees om die minister voor elke aksie te raadpleeg, veroorsaak vertragings," het Gilfillan gesê.
Landbouweekblad, 23 Mei 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24