Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Xingwana-kan-haar-man-staan

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Xingwana 'kan haar man staan'

 
MALIXOLE GWATYU en JEAN-MARIE DE WAAL

Me. Lulu Xingwana, aangewese Minister van Landbou en Grondsake, het die nodige vermoë om die landbousektor tot groter hoogtes te neem, meen me. Thoko Didiza, nuwe Minister van Openbare Werke.

Xingwana het haar toetrede tot dié portefeulje as 'n "groot uitdaging"aan Landbouweekblad beskryf.

Xingwana het vlugtig met die tydskrif ná 'n begrotingsdebat in die Parlement gepraat en gesê dat sy nog nie 'n kans gehad het om belanghebbendes in die landbou te ontmoet nie.

"My fokus is tans nog op die Departement van Minerale en Energie waar ek my werksaamhede afhandel," het sy gesê.

Xingwana word onder meer as 'n vuurvreter beskryf en is ook daarvoor bekend dat sy uit die heup skiet oor sake van belang.

Dr. Kraai Van Niekerk, DA-woordvoerder vir landbou en grondsake, het haar in sy verwelkomingsboodskap gewaarsku dat sy in dié portefeulje sal moet dink voor sy praat.

"Ons wens haar alle sterkte toe en vertrou dat sy aandag sal gee aan die enorme uitdagings met betrekking tot die welvaart van boere en bespoediging van grondhervorming".

"Sy sal egter versigtig moet wees om nie opspraakwekkende stellings, soos in die verlede toe sy groot maatskappye aangeval het en opmerkings oor vreemdelingehaat in die Nasionale Vergadering gemaak het, moet herhaal nie," het hy gesê.

Xingwana het verlede jaar opslae gemaak toe sy Sasol, De Beers en Anglo daarvan be-skuldig het dat hulle nie swart bemagtiging en transformasie genoeg bevorder nie. Haar aanvalle op "ryk wit kartelle" wat die "mynbedryf monopoliseer" en die land se "diamante stroop" het ook wenkbroue gelig.

Xingwana (51) is in 2004 in die portefeulje van Adjunkminister van Minerale en Energie aangestel ná tien jaar as parlementslid.

In dié tyd was sy vyf jaar lank voorsitter van die parlementêre sportkomitee.

Sy is in Mqanduli in die Oos-Kaap gebore en het in 1985 die graad B.Sc. aan die Universiteit van die Witwatersrand verwerf. Dit is gevolg deur nagraadse diplomas in Harare in 1988 en Londen in 2002.

Afgesien van 'n verskeidenheid parlementêre komitees waarin sy al gedien het, is Xingwana ook 'n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) en vroueliga.

(Lees nog berigte op bls. 64 en 65.)

2 Junie 2006

0
 
 
  • 985 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Evaluering stoot melkwins op
  • Goeie tye vir Afgri
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction