|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Limpopo se boeregemeenskap het 'n bykans misdaadvrye feestyd ervaar. Dít en die relatief min plaasaanvalle verlede jaar in dié provinsie kan onder meer toegeskryf word aan volgehoue samewerking tussen die TLU SA (Noord) se veiligheidskomitee en die polisie, sê mnr. Japie
Spanio, veiligheidsvoorsitter van die streek.
'n Operasie, genaamd Ystervuis, het gesorg dat daar deurgaans sowat 80 patrollievoertuie, wat almal met groen ligte toegerus was, die gebied gepatrolleer het. Limpopo se boere het veral tydens die feestyd hul gebiedspatrollering verbeter, sê mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van die Soutpansbergse distrikslandbouunie.
"Ystervuis het gesorg vir groot rustigheid, aangesien 'n mens die gevoel kry dat daar weer beheer in die gebied is." Operasie Ystervuis is reeds 'n paar jaar aan die gang. Patrollies is veral tydens Paasen Kersfees sigbaar. Hoffman sê die misdaadsyfers het beslis die afgelope paar jaar dramaties afgeneem.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 23 Januarie 2009.
19 Januarie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24