|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Die SAOG se tribunaal het verlede week meer as 300 swart boere van Zimbabwe se eis om onteiende plase te beset waar wit boere steeds woon afgekeur. Die 343 boere sê hulle kan nie intrek terwyl die wit boere nog op die plase is nie weens 'n beskermingsbevel wat vroeër vanjaar aan 77 wit boere toegestaan is.
Die SAOG-tribunaal, wat uit vyf regters bestaan, het Zimbabwe se regering in Julie tydelik verbied om die wit boere se grond te beset tot hul aansoek om Zimbabwe se grondhervormingsprogram onwettig te verklaar afgehandel is. As die swart boere se versoek goedgekeur was sou dit die omstrede onteiening van plase in dié Afrikaland as regmatig gekleur het.
Die wit boere, onder leiding van mnr. Mike Campbell, se saak sal in September afgehandel word. Die regters het ook gesê dat hulle nie regsmag oor die nuwe saak hou nie - dit is nie 'n geskil met die staat is nie, maar eerder tussen die boere.
Die regters het die aansoek as "ligsinnig" beskryf. Die wit boere voer aan dat hul menseregte deur die onteieningsproses geskaad word en dat dit nie konstitusioneel is nie.
Bron:
News24
New Era
African Press Agency
23 September 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24