|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Die Zimbabwiese regering sal binne die volgende drie maande 'n beleid hê oor eiendomsreg in dié land, sê mnr. Welshman Ncube, minister van handel en industrie.
Hy sê die kwessie van eiendomsreg sloer al maande lank, maar die regering sal binnekort 'n standpunt oor kommersiële landbougrond bekend maak. Die voormalige ZanuPF-regering het sedert 2000 talle wit boere se plase gewelddadig onteien en Zimbabwe se landbouproduksie 'n enorme knou toegedien.
Pres. Robert Mugabe het verlede week gesê grondhervorming in Zimbabwe sal voortgaan.
Bron:
Business Day
15 April 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24