Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Zim-sake-op-dieselfde-pad-landbou

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Dinsdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
Sonsopkoms: 7:39
Sonsondergang: 17:45

Kaapstad

Bygewerk:27 May 06:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:71%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Zim-sake op dieselfde pad as landbou?

 
Deur ISABEL STOLTZ

Zimbabwiërs begin vermoed dat pres. Robert Mugabe op dieselfde pad met sakeondernemings is as wat hy met die landbou geloop het.

Voedselvoorsiening in Zimbabwe is benard met 'n ernstige afname in produksie weens waterskaarsste en regeringsbeleid.

Volgens me. Emily Cookes, kommunikasiebestuurder van die kommersiële boere-unie in Zimbabwe (CFU), is mielieproduksie ver onder die nasionale behoefte met 'n afname van 945&nbsp 000 ton verlede jaar tot 697&nbsp 000 ton vanjaar.

Volgens mnr. Richard Lee, streekinligtingsbeampte van die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram (WVP), is meer as 55 000 ton kos, hoofsaaklik mielies, in die eerste ses maande van vanjaar in Zimbabwe versprei. Die WVP verwag 'n drastiese toename in mense wat voedselhulp gaan nodig hê en raam dat bykans 500&nbsp 000 ton kos vroeg in 2008 gaan nodig wees om in basiese behoeftes te voorsien.

Koringaanplantings is weens die lae damvlakke baie afgeskaal en die gesaaides sukkel omdat besproeiing weens verpligte kragonderbrekings ("load shedding") van 'n siklus van 9 dae verminder is tot 'n siklus van 27 dae. Gevolglik is dele van die bestaande oes laat vaar om op kleiner gebiede te fokus.

Weens oneweredige reënval het sojaboonoeste gemengde resultate gelewer en boere is onwillig om dit in die huidige pryssituasie te verkoop.

"Met die uitsondering van tabak word bitter min kommoditeite verhandel omdat mense wag vir beter pryse. Feitlik geen mielies word aan die Graanbemarkingsraad gelewer nie omdat die raad nie daarvoor kan betaal nie. Een van die boere het vir langer as tien weke gewag vir betaling. Geen sakeonderneming kan in die huidige ekonomiese omgewing lewensvatbaar bly nie," het Cookes gesê.
Veeboere word nou deur die polisie onder druk geplaas om hul vee te slag. Vleis is nie meer beskikbaar nie ná boere gedwing is om teen sub-ekonomiese pryse te slag.

Hoewel dit meestal die polisie is wat aandring op prysverlagings, is voorvalle ook aangemeld waar groepe dreig dat hulle magtiging het om ondernemings oor te neem as pryse nie verlaag word nie. Hulle blaas egter die aftog as name gevra word om magtiging te bevestig.

"Sakevertroue is op 'n laagtepunt. In die algemeen begin mense vergelykings tref tussen wat met die kommersiële boere gebeur het en wat nou aan die gang is."

Volgens Cookes is slegs 'n geraamde 600 boere oor van die oorspronklike 4 500 in 2000. Die meeste van hulle boer op kleiner eenhede nadat dele van hul plase beset is, maar hulle hou aan produseer soveel as wat omstandighede hulle toelaat.

Dié boere wag steeds op aanbodbriewe van die minister van landbou in reaksie op hul aansoeke om te bly boer of na hul plase terug te keer. Sowat 700 boere het aansoek gedoen.

"Ten spyte van onsekerhede wat kommersiële boere in Zimbabwe die afgelope sewe jaar bedreig, is hulle steeds verbind tot voedselproduksie vir die bevolking en gereed om hul kant te bring as die regering se strategie omswaai," het Cookes gesê.

18 Julie 2007

0
 
 
  • 1678 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Grond-kullers vasgevat
  • Honde verlang
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction