|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 06:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 71% |
| Wind: |
Suid-Afrika het nié munt geslaan uit die situasie in Zimbabwe nie. Inteendeel, dit het die land eerder skade berokken, sê mnr. Ronald Ramabulana, uitvoerende hoof van die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR).
Ramabulana het gereageer nadat 'n Malawiese joernalis op 'n funksie van die NLBR wou weet hoe Suid-Afrika uit die Zimbabwe situasie voordeel getrek het. "Wanneer oorsese handelaars kontrakte moet toeken, sal hulle byvoorbeeld na Zimbabwe kyk en wonder of die situasie nie na Suid-Afrika gaan oorspoel nie. Vanuit hul oogpunt sal Turkye byvoorbeeld na 'n meer stabiele opsie lyk en die land sal eerder die kontrak kry as Suid-Afrika," het Ramabulana gesê.
Die NLBR het joernaliste van lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) genooi om die bekendstelling van sy bemarkingstrategie vir die volgende vier jaar by te woon.
Zimbabwe het baie markte verloor as gevolg van verlaagde produksie. Dit is een plek waar Suid-Afrika moontlik kon voordeel trek. Ramabulana het egter bygevoeg dat Afrika moet onthou dat Suid-Afrika nie die enigste land is wat hieruit munt geslaan het nie.
Volgens Graan SA het Suid-Afrika in die bemarkingseisoen vanaf 29 April verlede jaar tot 14 Maart vanjaar sowat 15 miljoen ton mielies na Zimbabwe uitgevoer.
Mnr. Motsepe Matlala, voorsitter van die National African Farmers' Union, sê as eenheid nie binne die landbou bewerkstellig kan word nie, sal die Zimbabwe-situasie wel na Suid-Afrika oorspoel.
Landbouweekblad, 4 April 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24