AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Appelliefies:Onkruid of weiding?

Is wilde appelliefies boere se vreugde of vyand? Dít is 'n debat wat deesdae sommer so oor die draadheining tussen bure gevoer word noudat die saad aan die grond toevertrou is, die reën belowend val en alles sommer net meer ontspanne op die plase in die Rûens van die Suid-Kaap is.

Diegeliefde konfytbessie kom voor in 'n breë strook - kuslangs vanaf Kaap Infanta tot in die omgewing van Potberg in die Suid-Kaap. Hoewel die bessie soortgelyk aan die gewone appelliefie is wat in baie tuine aangetref word, is dit effens kleiner en aansienlik geuriger. Albei hierdie eienskappe kan waarskynlik toegeskryf word aan die droë toestande waarin dit groei.

Die plant self verskil ook van die gewone appelliefie. Dit is veral die blare wat smaller is, 'n donkerder groen kleur het en ook ronder is. Die amperse wollerige bedekking wat op die blare van sy meer bekende familielid voorkom, ontbreek.

Oorlewering wil dit hê dat die bekende Ohlsson-bierfamilie van Kaapstad die sogenaamde wilde appelliefie uit Brittanje die land ingebring het om konfyt daarvan te maak. Toentertyd het lede van die familie in daardie omstreke (ten ooste van Bredasdorp) geboer. Van diekonfytbedryf het skynbaar niks gekom nie, maar hul bierbelange het sterk gegroei.

Dieplant, met sy kenmerkende sterk penwortelstelsel, het gou 'n vastrapplek gekry. Dit is 'n lid van die sogenaamde nagskade-plantfamilie, wat bekende soorte soos die tamatie en aartappel insluit. Volgens sommige boere het wilde appelliefies 'n voorkeur vir gruisagtige grond. Nogtans gedy dit dermate op die meeste van die streek se grondsoorte dat digte stande oor groot gebiede voorkom.

Verspreiding is aangehelp deur die eertydse gebruik onder skaapboere om met hul vee padlangs te trek. Dit was veral by oornagplekke waar kiemkragtige saad deur middel van die mis versprei geraak het.

Mnr. Wallies Uys, bekende Merinoboer van Komarsekraal naby Bredasdorp, vertel van 'n wilde appelliefie wat selfs deur die nok van 'n strooimied gegroei het. Hy glo dit is die sterk en uitgebreide wortelstelsel wat aan die plant sulke groeikrag verleen.

Mnr. Uys sê dat die plant wel in die verlede ekonomiese voordele kon gehad het, veral toe nog met hamels op braaklande geboer is. Maar met deesdae se boerderypraktyke van vogbewaring ontstaan die vraag of wilde appelliefies nie dalk 'n ergernis geword het nie. Hy beskou dit in elk geval as 'n onkruid wat chemies bestry moet word, "want doodploeg sal jy hom so nimmer as nooit nie".

As 'n plant wat in die somer groei, groei die appelliefies tussen die lusern, met die geringe voordeel dat dit verskeidenheid aan skape bied in tye wanneer min ander weigewasse beskibaar is. Skape vreet graag die vruggies, wat normaalweg vanaf Januarie tot April gevorm word. Soms word die plant ook gevreet. Mnr. Uys sê hy het gemerk dat daar veral ná goeie somerreën baie saad gevorm word.

Mnr. Koos Hanekom, eweneens 'n bekende Merinoteler van Bredasdorp, kan nie daarmee saamstem dat wilde appelliefies as onkruid beskou word nie. Hoewel hy dit nie met syfers kan staaf nie, het hy veral een jaar goeie resultate behaal met skape wat op lande met sterk stande appelliefies geloop het.

Hy meen dit is danksy dieplant se sterk wortelstelsel dat die droogte van die afgelope paar jaar nie 'n noemenswaardige invloed op die plant se aanwas gehad het nie. Inteendeel, baie boere was bly oor die appelliefie se uithouvermoë omdat dit vir hulle 'n belangrike weigewas gebied het toe die droogte op sy felste was.

Appelliefies bied geen mededinging vir wintergraan nie. Trouens, in die winter verdwyn hulle heeltemal, net om weer te begin opslaan wanneer daar geoes word. Dit het ook nie 'n merkbare invloed op grondvrugbaarheid nie. Daarom is dit vir hom onbegryplik waarom boere koste sal aangaan om iets uit te roei wat nie werklik 'n plaag is nie en tog voordeel inhou in tye van nood. Boonop is daar geen koste daaraan verbonde om dit te vestig nie - die appelliefie saai hom sommer self. Dalk is dít juis die probleem, sê mnr. Hanekom. Die mens is maar immers so dat hy selde iets waardeer wat verniet is.

Belang vir Suid-Kaap

Enkele jare gelede het navorsers verbonde aan die departement van landbou op Elsenburg 'n verslag opgestel oor ongewone droogtevoere en die einste wilde appelliefies daarby ingesluit.

Ontledings vir voedingsgehalte wat deur dr. Tertius Brand, ook van Elsenburg, gedoen is, toon egter duidelik dat die wilde appelliefie geensins te versmaai is as dit by voedingswaarde kom nie. In dieverband vergelyk die plant goed met hawerhooi, 'n gewas waarmee boere in die Rûens goed bekend is. In die tabel word die twee gewasse op 'n droëmateriaalbasis met mekaar vergelyk.

TABEL: Vergelyking in voedingswaarde tus
sen wilde appelliefie en hawerhooi op 'n
droëmateriaal-basis (In persentasie uitgedruk)

 

Appel-
liefie
(%)

Hawer-
hooi
(%)

Koper-
draad
(%)

Droëmateriaal

100,00

100,00

100,00

As

8,07

4,33

7,90

TRP1

12,00

8,67

11,84

Ruvesel

15,96

29,60

29,68

TVV2

65,98

62,95

43,34

Kalsium

0,40

0,20

-

Fosfaat

0,25

0,22

-

1 = totale ruproteïen

2 = totale verteerbare voedingstowwe

Volgens dr. Brand is dit onbillik om appelliefies met lusern te vergelyk. Laasgenoemde is 'n peulgewas met 'n heeltemal ander proteïensamestelling. Deur dit met hawerhooi te vergelyk, word 'n goeie aanduiding van die appelliefie se moontlikhede as voergewas gegee. Daar moet ook in gedagte gehou word dat die plant in sy geheel ontleed word, terwyl die skape dikwels veel beter selekteerders is en dus meer van die voedsamer dele vreet as wat ontledings aantoon, sê hy.

Kobus van Tonder is

'n vryskutjoernalis.

21 Februarie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.16
-0.9%
Rand - Pond
20.11
-0.0%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,693.39
-1.1%
Silwer
20.00
-3.2%
Palladium
2,181.50
-3.6%
Platinum
914.00
-1.2%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Op soek na my "one and only"
Ek is Afrikaans maar gaan die volgende in Engels skryf. Hi. I'm Johan. I'm successful, love my job and content with life. Love music, food and love the beach. and my...
Sprankelende nooi opsoek na opregte man
Ek is n vrou wat baie gou vir mense omgee en altyd wil help waar ek kan. My hart is baie sag. As ek lief is vir iemand dan gee meer as net 100% ek beskerm, versorg , bederf, gee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot