Leaf Services is ’n gevolmagtigde instelling wat in 2016 deur die departement aangestel is om inspeksiedienste te doen ingevolge die Wet op Landbouprodukstandaarde (Wet 119 van 1990).
Die inspeksiedienste was uit die staanspoor omstrede, en talle belanghebbendes het reeds Leaf Services se aanstelling en die vasstelling van sy tariewe in die hof betwis.
Ingevolge kennisgewing 382, wat op 25 Junie 2021 in die Staatskoerant afgekondig is, het Leaf Services bekend gemaak dat inspeksietariewe van R1,80/t vir onverwerkte graan en oliesade, en 2c per brood, vanaf 12 Julie 2021 sou geld.