Argentinië is die wêreld se grootste uitvoerder van verwerkte sojaboonprodukte. Dit toon volgens Suid-Afrikaanse kenners opnuut die belangrikheid om plaaslik selfvoorsienend te raak.
Die nuusagentskap Reuters berig die Argentynse regering het middel Maart die registrasie van uitvoer van soja-olie en -oliekoek gestaak omdat hy volgens CIARA, ’n bedryfsorganisasie vir verwerkers en uitvoerders, uitvoertariewe wil verhoog. Na verwagting sou Argentinië dié seisoen 41% van die wêreld se oliekoek en 48% van die olie uitvoer.
Uitvoerders van Argentynse sojaprodukte word reeds met 31% belas, en dié inkomste is ’n waardevolle inkomstebron vir die regering met sy groot skuldlas.