AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Armmanslusern hou voerratte geolie

'n Weidingsgewas met sy oorsprong in die Ooste het vir 'n boer van Griekwaland-Oos net voordele gebring. Die marginale grond waarop dit gevestig is, het nie net dramaties verbeter nie. Ook sy voervloeiprogram loop nou op geoliede ratte en dít alles teen 'n breukdeel van die koste van ander gewasse met dieselfde opbrengs.

'n Weidingsgewas met sy oorsprong in

die Ooste het vir 'n boer van Griekwaland-Oos net voordele gebring. Die

marginale grond waarop dit gevestig is, het nie net dramaties verbeter nie. Ook

sy voervloeiprogram loop nou op geoliede ratte en dít alles teen 'n breukdeel

van die koste van ander gewasse met dieselfde opbrengs.

Sewe jaar gelede het mnr. Hendrik Botha van Harmonie, Matatiele, wat saam met sy twee seuns, Rikus en Francois, in 'n familietrust boer, met hul hande in die hare gesit. Dit was vir hulle duidelik dat daar geen keer was aan die stygende produksiekoste nie.

Dit het al duurder geword om Eragrostis en Smutsvingergras te bemes. Soms het die reën weggebly nadat hulle die hand diep in die sak gesteek het om hul weiding met kalksteen-ammoniumnitraat (KAN) te bemes - dan het hulle die winter met 'n tekort aan hooi tegemoetgegaan.

Die Bothas het boonop 'n uitgebreide melkboerdery. Met die strawwe winters wat hul omgewing kenmerk, is dit vir 'n boer noodsaaklik om 'n ordentlike voerbank op die plaas te hê, behalwe as hy bereid is om ten duurste hooi elders te gaan koop.

Mnr. John Fair, destyds voorligtingsbeampte van die

Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) op Harrismith, en mnr. Botha se broer,

William, het met 'n oplossing vorendag gekom. Laasgenoemde het reeds Sericea

lespedeza

(armmanslusern) op aandrang van mnr. Fair op 'n stukkie grond gesaai. Die Bothas het besef dat indien die aansprake van mnr. Fair oor die gewas korrek was, hulle 'n wenner beet het.

Omdat Sericea

- 'n meerjarige peulgewas - twee tot drie jaar duur om goed te vestig, het mnr. Fair aanbeveel dat hulle dit op die marginale lande saai. Ons het die swakste lande op die plaas daarvoor gekies - lande wat ons vir 35 jaar te swak vir bewerking geag het," sê mnr. Hendrik Botha.

Die volgende jaar is nog 70 ha op soortgelyke lande gevestig. Die res is geskiedenis. "Binne die derde seisoen het ons besef dat die gewas inderdaad vir ons omgewing 'n ware staatmaker is en ons het voortgegaan om meer as 600 ha onder die gewas te vestig, ook op die beter lande."

Die feit dat diegewas 3 ton tot 6 ton hooi per hektaar lewer en ná vestiging geen verdere bewerking nodig het nie (slegs kalk-, fosfaat- en potasbemesting is van tyd tot tyd nodig), het hul voervloeiprogram dramaties verbeter.

"Die beste is egter dat 'n mens as 't ware met 'n stikstoffabriek op jou plaas sit aangesien Sericea jaarliks sowat 25 kg stikstof per hektaar in die grond terugsit.

"In plaas van trekkers met ploeë en planters, duur diesel en kunsmis, is die enigste werktuie op Harmonie deesdae trekkers en sny- en baalmasjiene."

Die Bothas verkeer nou in die gelukkige posisie dat hulle 'n voldoende voerbank vir die strawwe wintermaande het. Omdat die gewas 'n hoë proteïeninhoud het, is dit nie net die melkbeeste wat daarop gedy nie, ook die vleisbeeste en wolskape waarmee hulle boer, tel die laaste stoppel op wanneer die veld droog is.

Die verbetering in die vee se produksie en kondisie stel hulle nou in staat om 'n groter keuse uit te oefen as dit by die bemarking van hul diere kom. Die bestuur op die plaas is deesdae ook louter genot.

Mnr. Hendrik Botha sê nog 'n voordeel is dat dit in die

vroeë lente bewei kan word en dus ideaal vir lammerooie is. Dit veroorsaak nie

blousuurvergiftiging, soos gewone lusern wat geil groei, nie. Hoewel dit dus nie

so smaaklik as gewone lusern is nie, voorsien Sericea

volkome in die Bothas se behoeftes omdat dit 'n meerdoelige gewas is en min in ruil vereis.

"Ons kan ons vandag kwalik indink hoe ons voorheen met baie minder en ook duurder voer die strawwe winters hier getrotseer het."

Navrae:

Mnr. Hendrik Botha, tel. 039 737 3935, sel 083 305 4726 of e-pos:

harmonie@scds.co.za

.

Baie grondsoorte is geskik

Die gewas Sericea lespedeza

of armmanslusern is inheems aan Oos-China, Korea en Japan. Dit is teen 1940 op groot skaal geplant deur boere in Amerika wat nie kalk- en fosfaatbemesting kon bekostig nie - vandaar die naam armmanslusern.

Die eerste kultivar wat vanaf Amerika na

Suid-Afrika ingevoer is, was die onsmaaklike Interstate. Sowat 20 jaar gelede

het die saadmaatskappy Agricol die verbeterde AU Lotan-kultivar na die land

gebring, wat nou die basis van Sericea

-aanplantings hier vorm.

Dit groei in verskeie soorte grond, maar vaar die beste op

vrugbare leem- en kleigrond in gebiede met 'n reënval van meer as 500 mm per

jaar. Dit groei ook beter op grond met 'n lae pH. Aangesien Sericea

'n diep wortelstelsel het, is dit taamlik droogtebestand, maar dit kan ook vir redelik lang tydperke nat toestande verduur.

Die tannien wat daarin voorkom, bring mee dat diere nie opblaas nie, maar dit maak die gewas minder smaaklik as groen weiding. In hooivorm is dit egter smaaklik. Die gewas verdring baie grassoorte en ontkiem selfs in dekgras en kikoejoe. Dit is in mindere mate onderhewig aan siektes en insekskade wat gewoonlik met peulgewasse geassosieer word.

Die saad is hardskalig en het 'n selfsaaivermoë. Die groeipunte bot in die lente vanaf die kroon wat onder die grond geleë is. Met die uitsondering van ligte bemesting van tyd tot tyd is geen verdere grondbewerking ná vestiging nodig nie.

Onafhanklike proewe het getoon dat goed bemeste Eragrostis

en onbemeste Sericea

-hooi dieselfde produksie per lakterende koei handhaaf.

Die plantdatum strek vanaf November tot Februarie en in die warmer dele van die land selfs tot Maart. Die saad behoort teen 15 kg/ha gevestig te word en die saaidiepte moet nie 5 mm oorskry nie. Dit kan egter tot drie jaar duur voordat 'n goeie stand verkry word. Nog 'n nadeel is dat dit nie as staande hooi geskik is nie omdat die gewas ná die eerste ryp sy blare verloor. Indien dit as weiding te hoog uitgroei, is dit minder smaaklik. Net die boonste 300 mm is smaaklik.

Hoewel armmanslusern in 'n wye verskeidenheid grond- en klimaatstoestande gevestig kan word, gedy dit veral in die oostelike dele van Suid-Afrika.

Die enkele nadele word egter deur die voordele oorskadu, veral omdat dit so suksesvol op marginale lande gevestig kan word en ook grondverbetering tot gevolg het.

31 Oktober 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot