AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Balans ontsluit grond se potensiaal

Die wanbalans van voedingstowwe in die grond kniehalter baie boere in hul strewe na winsgewende gewasproduksie. Die biologiese boerdery streef dus na gebalanseerde grondbestuur.

Die eerste stap in 'n biologiese boerdery is om te verseker dat die be-langrikste voedingstowwe in die grond in balans is. Dit is net hier waar die konvensionele benadering dat bemesting bloot uit die toediening van natrium, fosfaat en kalium bestaan, te kort skiet.

Tot dusver het dieongebalanseerde benadering nie net skade gedoen aan die grond se vermoë om voedingstowwe aan die plant te lewer nie, maar al te dikwels is hoër toedienings van natrium, fosfaat en kalium genoodsaak om vir gebreke aan ander voedingstowwe te vergoed.

Minstens elf plantvoedingstowwe moet in die grond in balans met mekaar gebring word om die gesonde voeding van plante te verseker. Die grond is inderdaad die plant se rumen. 'n Gesonde mens het 'n gesonde en gebalanseerde dieet nodig — net só het plante dit ook nodig. Die regte balans van plantvoedingstowwe in die grond lewer nie net hoër opbrengste nie, maar stel die plant ook in staat om onkruiddruk en siektes beter te weerstaan.

In die vorige artikel is die twee makrovoedingstowwe bo-aan die lys — kalsium en magnesium — in detail bespreek. Hier kom die oorblywende nege makrovoedingstowwe onder die loep.

Kalium is die een element wat dikwels in 'n oormaat voorkom. Dit hang baie af van die akkerboukundige wat die aanbeveling doen. Dit gebeur al te dikwels dat kalium vir sekere gewasse, soos aartappels, aanbeveel word op die grondslag van hoeveel geproduseer en verwyder is — sonder om die hoeveelheid wat nog in die grond beskikbaar is, in berekening te bring.

'n Ander rede vir oorbemesting met kalium is dat dit baie te doen het met doeltreffende waterbenutting — dit staan bekend as armmansbesproeiing. Dit betaal egter nie om 'n oormaat daarvan te gebruik nie, want hoë vlakke van kalium belemmer die opname van ander voedingstowwe. (Mangaan en yster is hoog op dielys.) Die optimum hoeveelheid kalium is 3 % tot 5 % van die basisversadiging vir saaigewasse en weiding, en effens hoër — tot 7 % — vir houtagtige gewasse soos sagtevrugte en sitrus.

Daar is min plekke in Suid-Afrika waar 'n tekort aan natrium voorkom; gewoonlik is daar 'n oormaat. Die gewenste vlak is sowat 1 % van die basisversadiging.

'n Oormaat natrium in die grondontleding is dikwels 'n goeie aanduiding van 'n verdigte laag, soos 'n ploegblad. Dit is ook 'n goeie aanduiding dat die grond te min kalsium en/of humus bevat omdat hierdie elemente 'n sleutelrol speel in die struktuur van die grond. Natrium word maklik uit grond met 'n goeie struktuur uitgeloog.

Volgens die Albrecht-model van grondbalansering, versterk hoë natriumvlakke die nadelige uitwerking van hoë kaliumvlakke. Wanneer kalium en natrium se gekombineerde basisversadiging 10 % oorskry, word die opname van mangaan en yster ernstig belemmer.

Fosfaat is die sleutel tot energie in plante en is dus nou gekoppel aan die verkryging van top-opbrengste. Daar is selde te veel fosfaat — eerder 'n tekort aan hierdie belangrike element. Akkerboukundiges se menings oor die optimum-vlak verskil heelwat.

Neal Kinsey, skrywer van Hands-on Agronomy, is uitgesproke oor dieonderwerp. Hy vertel dat hy in Amerika bekend staan as die man wat sê dat jy meer fosfaat benodig as wat nodig is. Hy streef na 130 dele per miljoen, gemeet aan die Bray 2-ontleding, wat bykans twee keer hoër is as die standaard-fosfaat-ontleding (Bray 1) in Suid-Afrika. Dit is nog veel hoër as wat algemeen deur die meeste boere nagestreef word. Kinsey verdedig sy fosfaatnorm deur te getuig dat ál sy top-produserende kliënte se grondfosfaatvlakke naastenby by die vlak van 130 dele per miljoen is.

Wat vir 'n biologiese boerdery van belang is, is dat navorsing in Amerika aan die lig gebring het dat hoë vlakke fosfaat grondmikrobes stimuleer om fosfaat uit die grond se groot voorraad onoplosbare fosfate vir plante toeganklik te maak. As die grond se fosfaatinhoud hoog is, word die behoefte aan jaarlikse fosfaattoediening heelwat laer. Grondfosfaatvlakke kan redelik goedkoop met rotsfosfaat opgebou word.

Swael is 'n makrovoedingstof wat vir baie jare vergete gebly het. Dit is verstaanbaar, want superfosfaat was 'n goeie bron van swael — dit bevat sowat 14 % swael. Deesdae word "supers" selde gebruik. Dit het plek gemaak vir "double-supers" wat nie swael bevat nie. Die resultaat is dat swaeltekorte algemeen voorkom — min lande het genoeg swael.

Wat boere blykbaar nie besef nie, is dat mielies amper net soveel swael as fosfaat per ton graan benodig — sowat 4 kg/ton.

Wat ook algemeen misken is, is dat 'n swaeltekort opbrengste kan onderdruk sonder dat simptome daarvan voorkom. Anders gestel, as alle ander plantvoedingstowwe voldoende is, sal die aanvulling van 'n swaeltekort 'n dramatiese verhoging in opbrengs bewerkstellig.

Swael is van primêre belang vir 'n biologiese boerdery, aangesien dit 'n onmisbare komponent van humus uitmaak. Humus is 'n belangrike bron van plantvoedingstowwe en speel 'n sleutelrol in die doeltreffende benutting van reënval. Die swaelinhoud van grond behoort minstens 20 dele per miljoen, maar verkieslik meer as 50 dele per miljoen te wees.

Gips is gewoonlik die goedkoopste bron van swael — 300 kg goeie gips (17 % swael) behoort die grond se swaelinhoud met sowat 20 dele per miljoen te laat toeneem.

Ten spyte van die feit dat 'n sinkaanvulling deur middel van sinkverrykende kunsmis feitlik 'n standaardpraktyk is, is die meeste grond in Suid-Afrika arm aan sink. Sink het 'n wesenlike invloed op doeltreffende waterbenutting — dit is waarskynlik sink se belangrikste bydrae.

As die sinkvlak tot minder as 6 dele per miljoen daal, is die kans groot dat plantproduksie nadelig geraak sal word.Ystertekorte kom meestal voor in grond met 'n hoë pH, dit wil sê waar 'n oormaat kalsium, mangaan, kalium en natrium afsonderlik, of in verbinding met mekaar voorkom.

Yster speel 'n sleutelrol in die oordrag van elektromagnetiese energie in die plant.

Vir bevredigende plantproduksie moet daar minstens 100 dele yster per miljoen in die grond wees.

Mangaan speel 'n rol in graanvorming, stronk-strooisterkte en die spoed van rypwording van vrugte. Mangaan is belangriker vir kleingrane en peulplante — die aanvulling van tekorte kan opbrengste aansienlik verhoog.

Mangaantekorte kom redelik algemeen voor. Daar is egter gebiede waar te veel voorkom. 'n Probleem onstaan wanneer die mangaanvlak dievan yster oorskry. Wat dan gebeur, is dat die mangaan die yster in die blaar oksideer en gevolglik kan die gewas aan 'n ystertekort ly. Blaarontledings sal egter heel waarskynlik aantoon dat daar voldoende yster is.

Die gewenste mangaanvlak is 40 dele per miljoen tot 240 dele per miljoen.

Koper het min invloed op graanopbrengste, maar is tog belangrik vir stronk- en strooi-sterkte. Temin koper in weiding en voer kan lei tot verlaagde vrugbaarheid en swak skeletontwikkeling in jong diere. Die klassieke tekortsimptoom in skape is die produksie van "staalwol" — harde vesels sonder kartel. Koper is 'n stabiele element en word in baie klein hoeveelhede benodig. Die gewenste kopervlak is 2 dele per miljoen tot 10 dele per miljoen.

Die twee hooffunksies van boor is die translokasie van koolhidrate (wat in die blare vervaardig word) na graan en vrugte, en die opname van kalsium deur die plant. Feitlik oral in Suid-Afrika is te min boor. Dit is omdat dit 'n onstabiele element is en nie hersirkuleer word nie. Aanvulling moet uiters versigtig gedoen word, want dit is die giftigste van die voedingstowwe — dit is die hoofbestanddeel van sekere onkruiddoders.

Die gewenste vlak van boor is 0,8 dele per miljoen tot 2 dele per miljoen.

  • Alle plantvoedingstof-norme wat aangegee is, is volgens die Albrecht-stelsel. Die ontledings is ook gedoen op die wyse wat deur dr. Albrecht voorgeskryf is. Diestelsel word toegepas deur Mnr. Garry Zimmer. Hy sal die hoofspreker wees tydens die forums oor biologiese boerdery wat in Augustus en September gehou gaan word.
  • Forums kan boerdery op winspad plaas

    Mnr. John Fair, 'n konsultant oor biologiese boerdery, bied later vanjaar met die samewerking van Landbouweekblad twee forums oor biologiese boerdery aan. Die tema is die herstel van die biologiese vrugbaarheid van landbougrond.

    'n Boer wat die biologiese pad volg en sy grond só herstel, sal vind dat die koste van sy produksiemiddele verlaag, sy risiko verminder en sy winsgewendheid verhoog, terwyl sy boerdery volhoubaar word.

    Die eerste forum word van 27 tot 28 Augustus op Vanderbijlpark gehou, en die tweede van 3 tot 4 September op Stellenbosch. Dieselfde program word by albei plekke aan-gebied. Die hoofsprekers is mnre. Garry Zimmer, 'n Amerikaanse konsultant oor biologiese boerdery, en Neil Ballard, wat 'n biologiese boerdery in Australië bedryf.

    Vir diegene wat voor 15 Julie registreer, beloop die koste van die forum R1 950 per persoon. Diegene wat laat registreer, betaal R2 500.

    Boere wat voornemens is om een van die forums by te woon, word sterk aangeraai om mnr. Zimmer se boek, The Biological Farmer, vooraf te lees. Dit sal hulle in die posisie plaas om baie meer waarde uit die forums te kry.

    Navrae en bestellings: Me. Lyndi Burgess, by tel./faks 058 622 3585, sel. 082 739 4599 of e-pos: fair@kingsley.co.za.

    6 Junie 2003

    Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    18.09
    -0.8%
    Rand - Pond
    20.21
    -0.0%
    Rand - Euro
    17.74
    -0.0%
    Rand - Aus dollar
    11.59
    -0.0%
    Rand - Jen
    0.13
    -0.0%
    Goud
    1,660.90
    0.0%
    Silwer
    19.03
    0.0%
    Palladium
    2,166.50
    0.0%
    Platinum
    864.50
    0.0%
    Brent-ruolie
    85.14
    -2.4%
    Top-40
    57,390
    +0.8%
    Alle aandele
    63,726
    +0.7%
    Hulpbronne 10
    60,230
    +0.7%
    Industriële 25
    77,400
    +0.8%
    Finansiële 15
    13,796
    +0.7%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Boer soek boerin
    Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
    Time wait for no man.. neither does a good woman
    Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot