AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Bekamp geelroes s

Met tydige chemiese bestryding kan geelroes op vatbare koringkultivars doeltreffend vasgevat en 'n goeie opbrengs verseker word. In navorsing is bevind dat die tydige toediening van 'n swamdoder kan verseker dat die koste van chemiese bestryding verhaal word.

Koringboere wat moet besluit of dit ekonomies geregverdig is om hul koring teen geelroes te bespuit, moet die potensiaal van die koring, die groeistadium, die vatbaarheid van die kultivar, omgewingstoestande en die voorkoms van geelroes in die omgewing in ag neem. Wanneer diesom gemaak is, sal die boer die regte besluit kan neem.

Mnr. Fanus Komen, navorser by die Kleingraaninstituut (KGI) by Bethlehem, sê die instituut het oor vyf jaar in verskillende produksiegebiede navorsing gedoen oor die uitwerking van geelroes op die opbrengs van koring en om riglyne vir boere op te stel vir die toepassing van chemiese bestryding.

In 2001 is 'n proefaanplanting by die KGI by Bethlehem gedoen om die uitwerking van triasole (swamdoders) op die bestryding van geelroesbesmettings op blare en are, opbrengs en opbrengskomponente te bepaal. Die winsgewendheid van die verskillende behandelings is ook bepaal.

Die kultivar Hugenoot, wat vatbaar is vir geelroes, is op 21 Julie 2001 geplant teen 'n saaidigtheid van 30 kg/ha en bemesting van 40 kg stikstof per hektaar.

In dieproef is nege triasool- en triasool/karbendasim-produkte (swamdoders), wat vir die bestryding van geelroes op koring geregistreer is, geëvalueer. Buiten die kontrolegroep, waar geen behandeling toegepas is nie, is die doders óf net tydens die vlagblaarstadium (groeistadium 17) óf tydens die vlagblaarstadium (groeistadium 17) én die blomstadium (groeistadium 20) toegedien.

Swamdoders is teen 300 l water per hektaar toegedien. Diebehandeling is vier keer herhaal. Tydens die vlagblaar-behandeling was die koring in groeistadium 17 met die helfte van die aar sigbaar. 'n Besmetting van 0 % tot 5 % het reeds op die vlagblare voorgekom.

Die behandeling tydens die blomstadium is twee weke later (in groeistadium 20) toegedien toe daar reeds 10 % dooie letsels op die vlagblare sigbaar was. Koel, nat weerstoestande in Oktober en November het geelroes vinnig laat toeneem, wat saam met die vatbaarheid van die kultivar 'n hoë besmetting van are veroorsaak het.

Die aarbesmetting is bereken deur 40 are vir elke behandeling te neem en die persentasie besmette sy-are te bepaal. Geelroes-lesings op vlagblare is eers vir elke perseel en daarna vir elke behandeling bereken. Met dieinligting kon die area onder die siekte-ontwikkelingskurwe bepaal word. Dit is 'n betroubare indeks wat vir die toename in geelroesbesmetting oor 'n tydperk gebruik kan word.

Die toediening van ál die swamdoders het tot 'n betekenisvolle afname in die siekte-ontwikkelingskurwe gelei.

Die gemiddelde opbrengsverhoging oor behandelings het van 1,6 t/ha (114 %) tot 2,5 t/ha (177 %) gewissel. Die opbrengs was negatief gekorreleer met die siekte-ontwikkelingskurwe, persentasie aarbesmetting en proteïen, maar positief gekorreleer met die hektolitermassa.

Betekenisvolle verskille ten opsigte van hektolitermassa is verkry tussen die kontrolegroep en diewat met swamdoders bespuit is. Die gemiddelde hektolitermassa op die onbespuite persele was 64,8 kg/hl. Die nege swamdoders se hektolitermassa het van 71,9 kg/hl tot 76,1 kg/hl gewissel.

Hektolitermassa is positief gekorreleer met opbrengs, maar negatief gekorreleer met die siekte-ontwikkelingskurwe, proteïeninhoud en persentasie aarbesmetting.

Die proteïeninhoud is positief gekorreleer met die gebied onder die siekte-ontwikkelingskurwe en die persentasie aarbesmetting, maar negatief gekorreleer met opbrengs en hektolitermassa. Hoë persentasies blaar- en aarbesmettings het tot 'n hoë proteïenkonsentrasie en verkrimpte pitte gelei.

In die kontrolepersele het die aarbesmetting in die are tot so hoog as 50,9 % gestyg. Die persentasie aarbesmetting is negatief gekorreleer met opbrengs en hektolitermassa, maar positief gekorreleer met die gebied onder die siekte-ontwikkelingskurwe en proteïen. Alle middels het 'n betekenisvolle afname in die persentasie aarbesmetting teweeg gebring. Die persentasie aarbesmetting in die loop van die behandelings met die nege swamdoders het van 8,3 % tot 21,8 % gewissel.

Daar was 'n duidelike negatiewe korrelasie tussen die persentasie aarbesmettings en hektolitermassa. Die vlagblaar- en blombespuitings het albei die aarbesmetting deur geelroes verminder.

Die gekombineerde bespuitings het die aarbesmetting met 13,5 % verlaag, terwyl die hektolitermassa van 73,3 kg/hl tot 75,1 kg/hl gestyg het. In 'n regressie-analise is bevind dat hektolitermassa met 1 kg/hl gedaal het vir elke 5 % toename in aarbesmetting.

Volgens mnr. Komen is die goeie bekamping van

geelroesbesmetting van blare en are - met stygings in opbrengs en

hektolitermassa - net met die volgende swamdoders verkry (diemiddels word

alfabaties aangedui en nie volgens prestasie nie):

  • Epikonasool/karbendasim (112,5 g/112,5 g aktief per hektaar).
  • Propikonasool (100 g aktief per hektaar).
  • Propikonasool/siprokonasool (100 g/32 g aktief per hektaar).
  • Siprokonasool/karbendasim (60 g/112,5 g aktief per hektaar).
  • Tebukonasool (156,25 g aktief per hektaar).
  • Tebukonasool/karbendasim (125,25 g/99,75 g aktief per hektaar).

Die verskille tussen swamdoders is nie altyd net as gevolg van 'n verskil in die doeltreffendheid van hul meganisme van werking nie. Ander belangrike eienskappe, soos die netto opname deur die plante en hul sistemiese aktiwiteite, kan daartoe bydra dat die middels van mekaar verskil. Die nawerking van die meeste middels wat vir die bekamping van geelroes geregistreer is, is sowat 21 dae.

Uit dieinligting is dit duidelik dat die tydige toediening van 'n swamdoder winsgewendheid kan verhoog en die koste van chemiese bestryding verhaal kan word. In langdurige gunstige toestande vir geelroes kan twee bespuitings ekonomies regverdigbaar wees - veral op kultivars wat hoogs vatbaar is vir diesiekte.

Mnr. Komen sê daar moet op gelet word dat swamdoderbespuiting net tot in die vlagblaarstadium op die etikette aanbeveel word. Die tempo waarteen die siekte toeneem, verskil ook tussen kultivars, wat kan beteken dat matig vatbare kultivars in die meeste gevalle net een bespuiting nodig kan hê.

Dit is belangrik dat by die geregistreerde dosis en etiketvoorskrifte gehou word om te verseker dat die chemiese bekamping so doeltreffend moontlik is.

Die uitwerking op die opbrengs in hektolitermassa van die vroeë afsterwing van blare en aarbesmetting weens strawwe geelroesbesmetting, is baie duidelik. Dit moet deur tydige chemiese bestryding voorkom word.

Voordat die koring egter teen geelroes bespuit word, moet 'n mens faktore soos die opbrengspotensiaal van die koring, die groeistadium, vatbaarheid van die kultivar vir geelroes, die omgewingstoestande en die voorkoms van geelroes in die omgewing eers in aanmerking neem.

Die gemiddelde toedieningskoste van geelroesmiddels is R160/ha. Dit sluit die middel en die vliegtuigkoste in. Die geraamde insetkoste, wat plaagbestryding uitsluit, is R2 000/ha. Koring met 'n BP2-graad het in Desember 2001 nagenoeg R1 680/t behaal en diemet 'n UT-graad sowat R1 420/t.

Om insetkoste te verhaal, beteken dit dat die boer 1,19 t/ha (BP2-graad) moes lewer om die basiese insetkoste te verhaal. Om een swamdoder-toediening te regverdig, moes die boer 'n opbrengsverhoging van 100 kg/ha (BP2-graad) behaal het.

'n Vlagblaartoediening het 'n opbrengsverhoging van 1,8 t/ha meegebring teenoor koring wat nie bespuit is nie. Nóg 'n blombespuiting het die opbrengs met 'n verdere 720 kg/ha verhoog, wat 'n totale verhoging van 2,57 t/ha was.

Met die kontrolegroep (UT-graad) sou die boer se wins R2,20/ha gewees het. Daarenteen sou hy met 'n vlagblaarbespuiting (BP2-graad) 'n wins van R3 316,80/ha verkry het, en met 'n gekombineerde vlagblaar- en blombespuiting 'n wins van nagenoeg R4 366,40/ha behaal het.

Dieinligting bevestig die aanbeveling dat boere die vatbaarheid van kultivars vir geelroesbesmetting in ag moet neem voordat hulle 'n besluit oor chemiese bestryding neem. Tydige chemiese bestryding van geelroes op vatbare kultivars is nodig wanneer besmetting voorkom en omgewingstoestande gunstig is vir verspreiding.

24 Januarie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.72
+0.7%
Rand - Pond
20.19
+0.1%
Rand - Euro
17.57
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.4%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,709.66
+0.6%
Silwer
20.95
+1.2%
Palladium
2,315.22
+4.1%
Platinum
925.95
+2.4%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,611
+3.0%
Alle aandele
66,070
+2.9%
Hulpbronne 10
64,192
+4.1%
Industriële 25
79,708
+2.8%
Finansiële 15
14,059
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot