AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Beskikbaarheid van glifosaat onder druk

akkreditasie
Te midde van ’n belowende somerseisoen wat voorlê met die moontlikheid van 4 miljoen ha se gewasaanplantings, het ’n perfekte storm veroorsaak dat die beskikbaarheid van glifosaatbevattende onkruiddoders, soos Roundup (reg.nr. L0407, Wet 36 van 1947), onder druk is.

Mnr. Klaus Eckstein, uitvoerende hoof van Bayer Crop Science in Suid-Afrika, het op ’n virtuele nuuskonferensie gesê ’n reeks faktore is verantwoordelik vir die situasie. “Dit het ’n paar jaar gelede al begin met die vermindering van produksiekapasiteit in China weens omgewingsbeperkinge. Dit het gelei tot konsolidasie en die sluiting van sommige aanlegte wat landbouchemikalieë vervaardig.”

Hy het gesê daarby het baie koue weersomstandighede in Amerika vroeër vanjaar tot die tydelike sluiting van produksieaanlegte gelei, wat die probleem vererger het. Selfs die skip wat in die Suez-kanaal vasgesit het, het ’n rol gespeel om die voorsieningsketting verder te ontwrig.

Met die aanbreek van die covid-19-pandemie het inperkingsmaatreëls fabrieke gedwing om ’n tyd lank te sluit. Pryse het toe reeds begin styg weens die wêreldwye vraag wat die aanbod begin oorskry het. Namate die gaping in die verskaffersnetwerk vergroot het, het pryse verder gestyg, veral toe verspreiders onkruiddoders begin aankoop het om voorraad op te bou.

Eckstein het gesê produksie-omstandighede is oor die algemeen goed en kommoditeitspryse internasionaal is besonder hoog. “Boere is gretig om voort te gaan om Roundup te benut en glifosaat is die ruggraat van die onkruiddoder.”

Me. Liza Bohlmann, skakelhoof vir Bayer in Suid-Afrika, het gesê plaaslik lyk die prentjie nie veel anders as op die wêreldmark nie. “Die vraag na Roundup word al hoe groter en die beskikbaarheid kom verder onder druk. Die koste van vervaardiging en veral verskeping het drasties gestyg. Ons sit dus met ’n perfekte storm wat die prys en die beskikbaarheid betref.”

Sy het gesê boere wat wil seker maak hulle het voldoende Roundup vir die komende plantseisoen, moet vroegtydig met agente oor die beskikbaarheid daarvan skakel. “As hulle nie Roundup in die hande kan kry nie, kan hulle ook alternatiewe onkruiddoders soos Bullet (reg.nr. L5623) en Laudis (reg.nr. L8525), wat nie glifosaat bevat nie, vir hul tenkmengsels oorweeg.”

Op dieselfde webinaar het mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, weer ’n belowende somerseisoen voorspel. Hy het gesê vanweë goeie reënval is die omstandighede wat grondvog betref, alreeds gunstig. Weervoorspellings dui ook op ’n swak La Niña-stelsel wat belowend is vir bogemiddelde somerreënval in Suid-Afrika. “Hierdie omstandighede, tesame met baie goeie trekkerverkope en gunstige pryse, laat ons glo dat boere meer as 4 miljoen ha met somergewasse gaan beplant en dat daar nóg ’n belowende seisoen voorlê, wat goeie nuus vir verbruikers en voedselinflasie sal wees.”

Hy het gesê die grootste beperking lê in kwessies soos swak staatsadministrasie, gebrekkige openbare infrastruktuur, landelike veiligheid en beleidsonsekerheid oor kwessies soos onteiening en die beskikbaarheid van hulpbronne soos water en elektrisiteit.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot