Die oplossing was altyd om fostoksien in die vorm van gas of pille in te blaas, maar weens die gevaarlike dampe duur dit ’n paar dae voordat die silo weer veilig betree kan word. ’n Paar jaar gelede is ’n nawerkende spuitmiddel as oplossing bemark.
Dit word in die grond self toegedien, maar met RSA Grain Storage Solutions se Skydose-toediener kan die besmetting outomaties in die graanopbergingsplek behandel word. Ná sewe dae word dit goedgekeur vir dierlike gebruik en ná tien dae vir menslike gebruik.
Volgens mnr. Willem Loots, direkteur, is die toediener in Suid-Afrika vir plaaslike toestande ontwerp, met spuitkoppe wat versterk is teen verwering. Dit kan ook maklik vervang word, indien nodig.