AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Beste koring vir die Wes-Kaap

Verlede jaar se nasionale evaluering van koringkultivars wys Wes-Kaapse koringprodusente het 'n wye keuse van goed aangepaste kultivars met goeie gehalte-eienskappe. Dieproefinligting kan boere help om die regte kultivarpakket vir hul unieke omstandighede saam te stel.

Verlede jaar se nasionale evaluering van koringkultivars wys Wes-Kaapse koringprodusente het 'n wye keuse van goed aangepaste kultivars met goeie gehalte-eienskappe. Dieproefinligting kan boere help om die regte kultivarpakket vir hul unieke omstandighede saam te stel.

Die LNR se Instituut vir Kleingraangewasse (KGI) se jongste resultate van die nasionale kultivarevaluasieproewe vir die Wes-Kaap bevestig dat ál die koringkultivars wat vir diegebied aanbeveel word, aan alle gehaltevereistes voldoen en baie goed meeding met koring op die internasionale markte.

Dit bied aan Wes-Kaapse produsente 'n wye keuse van stabiele, goed aangepaste kultivars met goeie gehalte-eienskappe. Elke boer moet seker maak dat hy hierdie kultivars se eienskappe ken om die regte kultivarkeuse vir sy unieke omstandighede te doen. Dit is ook belangrik om 'n pakket van kultivars te plant en nie net op een kultivar staat te maak nie.

Die afgelope aantal jare se beskikbare inligting bevestig ook dat elke jaar se klimaat 'n aansienlike invloed op die prestasie van die verskillende koringkultivars het. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die Wes-Kaap se onvoorspelbare reënval in Augustus en veral September, wat saamval met die kritieke korrelvulperiode van diegewas. Tydens hierdie periode kan die graanopbrengs grotendeels bepaal word na gelang van die toestande wat heers.

Droëlandkoringverbouing in die Wes-Kaap maak gewoonlik sowat 20 % van Suid-Afrika se totale koringproduksie uit. Ongeveer 383 000 ha koring is die afgelope seisoen in die Wes-Kaap geplant. Diegebied word hoofsaaklik in twee geografiese gebiede verdeel - die Swartland (die westelike deel) en die Rûens (Suid-Kaap).

Baie goeie klimaatstoestande het daartoe bygedra dat goeie opbrengste die afgelope seisoen in die Wes-Kaap behaal is. Reënval gedurende Januarie en Februarie 2002 was regdeur die gebied hoër as die gemiddeld. Die uitsondering hier was die Heidelberg-Riversdal-area (die Rûens) waar die reënval gedurende Februarie 2002 laer as die gemiddeld was. Nogtans was dit 'n besonder goeie jaar in diegebied.

Hierdie gunstige toestande het produsente die geleentheid gegee om hul lande lank voor die optimum planttyd van laat April tot middel Mei te bewerk. Voldoende grondvog was dwarsdeur die seisoen in die Rûens beskikbaar en het gevolglik bygedra tot die goeie oeste wat in 2002 behaal is (in vergelyking met vorige jare). Die gemiddelde daaglikse temperature gedurende die graanvul-periode was ook bevorderlik vir graanproduksie.

Dit is opvallend dat die Swartland se gemiddelde opbrengste in 2002 laer was as diein die Rûens. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die laer as gemiddelde reënval (435 mm) in die Swartland, asook die ietwat hoër temperature tydens die graanvulperiode.

Die afgelope jaar se kultivarevaluasieproewe is met die samewerking van die Departement van Landbou op onderskeidelik 14 en 13 plekke in die Rûens en die Swartland geplant.

Die plekke in die Rûens was Tygerhoek (twee proewe), Uitvlug, Roodebloem, Matjieskloof, Bredasdorp (Karsrivier, BNK en Prinskraal), Skietpad, Voorstekop, Protem, Swellendam, Serjeantsrivier en Boontjies-kraal. In die Swartland is proewe op Langgewens, Porterville, Piketberg, Moorreesburg, Hopefield (twee proewe), Philadel-phia, Riebeek-Wes, Aurora, Vredenburg, Eendekuil, Pools en Boland Landbou (Paarl) geplant. Die opbrengsgemiddeld van die Rûens en die Swartland was die afgelope seisoen onderskeidelik 4,75 ton/ha en 3,94 ton/ha. In tabel 1 en tabel 2 word die afgelope drie jaar se opbrengsdata van sowel die Rûens as die Swartland gegee.

TABEL 1: Opbrengs (t/ha) van die Kleingraaninstituut se nasionale koringkultivarevaluasie-
proewe by 14 plekke in die Rûens (2000 tot 2002)

Kultivars

2002

2001

2000

Gemiddelde opbrengs oor:

 

(t/ha)

RO1

(t/ha)

RO1

(t/ha)

RO1

3 jaar
(t/ha)

RO1

2 jaar
(t/ha)

RO1

SST 57

5,122

1

2,97

7

3,49

4

3,86

2

4,05

3

SST 65

4,862

5

3,27

2

3,36

6

3,83

3

4,07

2

SST 88

5,112

2

3,51

1

3,75

1

4,12

1

4,31

1

SST 825

4,30

10

1,88

10

3,03

7

3,07

7

3,09

10

Kariega

4,64

8

3,04

6

3,50

3

3,73

5

3,84

7

Baviaans

4,68

7

3,07

4

3,58

2

3,78

4

3,88

5

Biedou

4,29

11

3,17

3

3,45

5

3,64

6

3,73

8

SST 94

4,972

4

2,89

8

-

-

-

-

3,93

4

PAN 3490

4,53

9

2,88

9

-

-

-

-

3,71

9

PAN 3492

4,71

6

3,05

5

-

-

-

3,88

5

SST 015

5,092

3

-

-

-

-

-

-

-

-

Gemiddeld

4,75

 

2,97

 

3,45

 

3,72

 

3,85

 
KBV3

0,260

1 = rangorde
2 = kultivars verskil nie betekenisvol van mekaar nie
3 = kleinste betekenisvolle verskil
 

TABEL 2: Opbrengs (t/ha) van die Kleingraaninstituut se nasionale koringkultivarevaluasie-
proewe op 13 plekke in die Swartland (2000 tot 2002)

Kultivars

2002

2001

2000

Gemiddelde opbrengs oor:

 

(t/ha)

RO1

(t/ha)

RO1

(t/ha)

RO1

3 jaar
(t/ha)

RO1

2 jaar
(t/ha)

RO1

SST 57

4,312

1

3,97

4

3,70

3

3,99

2

4,14

2

SST 65

3,98

6

4,07

2

3,78

2

3,94

3

4,03

3

SST 88

4,232

3

4,57

1

3,97

1

4,26

1

4,40

1

SST 825

3,77

7

3,07

10

3,50

4

3,45

7

3,42

10

Kariega

3,72

9

3,93

5

3,42

7

3,69

5

3,83

6

Baviaans

4,00

5

4,05

3

3,43

5

3,83

4

4,03

3

Biedou

3,74

8

3,59

9

3,43

5

3,59

6

3,67

8

SST 94

4,03

4

3,68

7

-

-

-

-

3,86

5

PAN 3490

3,69

10

3,78

6

-

-

-

-

3,74

7

PAN 3492

3,63

11

3,68

7

-

-

-

-

3,66

9

SST 015

4,272

2

-

-

-

-

-

-

-

-

Gemiddeld

3,94

 

3,84

 

3,60

 

3,82

 

3,87

 

KBV3

0,260

 

1 = rangorde

2 = kultivars verskil nie betekenisvol van mekaar nie

3 = kleinste betekenisvolle verskil

Die Rûens-area het die afgelope seisoen uitstekende opbrengste gelewer (tabel 1). SST 57 het die beste gepresteer in die afgelope seisoen met 'n gemiddelde opbrengs van 5,12 ton/ha op alle plekke. SST 015, die enigste nuwe kultivar wat die afgelope jaar in die nasionale kultivarproewe ingesluit is, het ook baie goed gevaar, met 'n gemiddelde opbrengs van 5,09 ton/ha.

SST 88 het, soos in die verlede, baie goeie opbrengste gelewer en het oor 'n tydperk van drie jaar die beste gepresteer, met 'n gemiddelde opbrengs van 4,31 ton/ha.

Die kleinste betekenisvolle verskil van hierdie proef is 0,26. Dit beteken dat kultivars waarvan die opbrengs met minder as 260 kg/ha verskil, streng gesproke nie betekenisvol van mekaar verskil nie. In hierdie geval kan SST 57, SST 88, SST 015, SST 94 en SST 65 dus beskou word as die beste presteerders ten opsigte van opbrengs in die afgelope seisoen.

Die opbrengsgemiddeld van 3,94 ton/ha in die Swartland was ietwat hoër as die opbrengsgemiddeld van 2001 en 2000 (3,84 ton/ha en 3,60 ton/ha onderskeidelik). SST 57 het die beste prestasie in die afgelope seisoen gelewer (tabel 2) met 'n opbrengsgemiddeld van 4,31 ton/ha op ál die plekke.

Die kleinste betekenisvolle verskil van 0,263 dui egter aan dat die nuwe kultivar SST 015 en SST 88 nie betekenisvol van SST 57 verskil het nie. Hierdie drie kultivars kan dus, wat opbrengs betref, saam gegroepeer word as die beste presteerders in die Swartland gedurende die afgelope seisoen.

SST 88 het, soos die vorige twee seisoene, goed gepresteer. Oor 'n tydperk van drie jaar het SST 88 met 'n opbrengsgemiddeld van 4,26 ton/ha op al die plekke ál die ander kultivars uitgestof.

Kultivars wat ook verlede seisoen goeie opbrengste in die Swartland behaal het en nie betekenisvol van SST 015 verskil het nie, was SST 94 en Baviaans.

Gehalte-eienskappe

Die afgelope

seisoen se gemiddelde hektolitermassa van 77,48 kg/hl in die Rûens was hoër as die 73 kg/hl van die vorige seisoen (tabel 3 ). Tog het kultivars by Bredasdorp en Boontjieskraal (Caledon) oor die algemeen lae hektolitermassas behaal. In teenstelling daarmee het kultivars by Voorstekop (Swellendam), Protem en Uitvlug (Caledon) baie goeie hektolitermassas (meer as 79 kg/hl) behaal.

TABEL 3: Die gemiddelde gehalte-eienskappe van die kultivars in die Rûens
en die Swartland tydens die afgelope seisoen

Kultivar

Rûens

Swartland

 

HLM1
(kg/hl)

Proteïen
(%)

Valgetal
(sek.)

HLM1
(kg/hl)

Proteïen
(%)

Valgetal
(sek.)

SST 57

77,76

12,33

377

77,31

11,90

362

SST 65

76,42

12,28

388

77,74

12,02

383

SST 88

78,78

12,61

373

78,09

12,24

357

SST 825

77,97

13,11

401

76,71

12,73

394

Kariega

76,78

12,62

402

77,81

12,70

402

Baviaans

76,97

12,63

403

78,08

12,46

406

Biedou

78,22

12,51

387

78,98

12,31

386

SST 94

77,23

12,25

372

76,93

11,91

363

PAN 3490

77,35

12,04

367

77,77

11,78

368

PAN 3492

77,41

12,85

383

77,95

12,51

374

SST 015

77,34

12,45

392

77,15

12,00

387

Gemiddeld

77,48

12,52

386

77,68

12,23

380

KBV2

0,764

0,339

10,24

0,713

0,32

8,73

1 = hektolitermassa

2 = kleinste betekenisvolle verskil

In die Swartland was die gemiddelde hektolitermassa op ál die plekke 77,68

kg/hl. Kultivars wat by Philadelphia en Moorreesburg geplant is, het oor die

algemeen lae hektolitermassas behaal. By Vredenburg, Pools, Eendekuil en

Porterville was die hektolitermassas hoog (meer as 79 kg/hl).

Die proteïeninhoud was in albei streke hoog, met onderskeidelik 12,52 % en

12,23 % in die Rûens en die Swartland. In die Rûens het Matjieskloof (10,99 %)

en Serjeantsrivier (10,80 %) die laagste gemiddelde proteïeninhoud gehad.

Hierdie lae proteïeninhoud korreleer baie goed met die hoë opbrengste wat by

hierdie twee plekke behaal is.

Die proewe wat by Pools, een van die plekke naby Piketberg in die Swartland,

geplant is, het ook 'n lae proteïeninhoud van net 9,04 % behaal. By hierdie plek

kon nie een kultivar 'n proteïeninhoud van hoër as 10 % behaal nie.

Valgetalle was oral hoog en geen probleme het op enige van die plekke

voorgekom nie.

Volledige inligting oor kultivaraanbevelings en ander produksie-inligting vir

die Wes-Kaap verskyn jaarliks in die KGI se "Handleiding vir die verbouing van

kleingrane in die Winterreënvalgebied". Danksy finansiële ondersteuning van die

Wintergraantrust word hierdie handleiding weer vanjaar gratis aan

koringprodusente gestuur.

Koringprodusente wat nie so 'n handleiding ontvang het nie en dit graag wil bekom, kan die KGI bel by tel. 058 307 3400. Hierdie inligting sal ook eersdaags op die KGI se webtuiste beskikbaar wees by www.arc-sgi.agric.za.

Me. Annelie Barnard en mnr. Terry Walsh is by die LNR se Instituut vir Kleingraangewasse op onderskeidelik Bethlehem en Stellenbosch werksaam.

14 Maart 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
-1.1%
Rand - Pond
20.21
+0.1%
Rand - Euro
17.62
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.57
-0.9%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,716.86
-0.6%
Silwer
20.67
-1.9%
Palladium
2,258.50
-2.8%
Platinum
923.50
-1.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my Bokkie Kom huis toe
Ek is eerlik haat ñ geliegery is opreg what you see is what you get plus more, try me you wish you met me sooner
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot