AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Bestry fusarium deur regte bestuur

Besproeiingsboere wat vanjaar koring plant, moet die regte agronomiese praktyke toepas om fusarium-aarskroei te verhoed. As hulle dit nie doen nie, kan 'n volskaalse epidemie ontwikkel.

Besproeiingsboere wat vanjaar koring plant, moet die regte agronomiese praktyke toepas om fusarium-aarskroei te verhoed. As hulle dit nie doen nie, kan 'n volskaalse epidemie ontwikkel.

Koringkultivars wat deur besproeiingsboere geplant word, het nie genoeg weerstand om 'n ernstige fusarium-epidemie te keer nie. Daar is ook nie wesenlike weerstandsverskille tussen die beskikbare kultivars nie. Inligting wat versprei word dat daar sulke verskille bestaan, is dus nie waar nie.

Só sê mnr. Francois Koekemoer, senior koringteler van Monsanto op Bethlehem. Totdat 'n kultivar met weerstand beskikbaar is, sal boere hul bestuur moet aanpas om die verspreiding en oorlewing van diesiekte te beperk.

In lande waar die klimaat gunstig is vir die ontwikkeling van fusarium-aarskroei, verloor boere soveel as 70 %. Hoewel Suid-Arika se klimaat nie só gunstig is nie, het die siekte gedurende die 2001-seisoen probleme in veral besproeiingsgebiede veroorsaak. Die presiese omvang van die skade is egter nog nie bekend nie.

Fusarium-aarskroei is 'n algemene siekte wat wêreldwyd by graan voorkom en groot opbrengsverliese veroorsaak. Fusarium-spesies produseer verskeie mikotoksiene, wat mense en diere se gesondheid ernstig kan benadeel.

Mikotoksiene, soos deoksinivalenol (DON), T2-toksien en fusarin C, kan slukdermkanker laat toeneem en verskeie ander ernstige siektetoestande veroorsaak. In die meeste lande wissel die toelaatbare vlakke van DON in koring van 0,005 tot 1 deel per miljoen.

Die aanvaarbare norm vir fusariumbesmetting in Suid-Afrika is 2 % op die korrels by lewering van die graan. Bokant hierdie vlak word die koring as "klas ander koring" geklassifiseer. Sommige koöperasies het egter al koring aanvaar wat tot 5 % fusariumtoksiene bevat, sonder om dit af te gradeer.

Mnr. Koekemoer sê uit die 2001-besmettings was dit duidelik dat ál die plaaslike kultivars vatbaar is as hoë vlakke van besmetting voorkom. Navorsing wat tot nou gedoen is, wys dat daar feitlik geen betekenisvolle weerstandsverskille by die gewildste besproeiingskultivars is nie.

Die figuur op bl. 14 wys die persentasie besmette korrels van gewilde besproeiingskultivars op 'n plaas by Lichtenburg waar 'n swaar fusariumbesmetting voorgekom het. Die algemene besmetting wat visueel waargeneem is, was sowat 40 %.

Volgens dienavorsing het SST822 die laagste persentasie besmette korrels gehad, met Kariega en Steenbras onderskeidelik tweede en derde. SST806 en SST876 was grensgevalle. Net SST825 het betekenisvol verskil en kan as die enigste probleemgeval geklassifiseer word.

Hoewel SST822, Kariega en Steenbras die laagste besmettings getoon het, het nie een van diedrie kultivars die hoogste bruto marge gelewer nie. SST806 het die hoogste wins gelewer, gevolg deur SST822 en SST876 (sien tabel).

Die gradering en hektolitermassa is deur dr. Sierk Ybema, 'n bekende in Suid-Afrikaanse graderingkringe, bepaal - nes dit gewoonlik gedoen word wanneer graan gelewer word.

Mnr. Koekemoer sê met ál die verskille wat die afgelope seisoen in die veld waargeneem is, kan aanvaar word dat ontsnapping weens verskillende groeitydperke (kultivars wat nie in die piekbesmettingstydperk geblom het nie) of omgewingsinvloed die grootste oorsaak van die waargenome verskille was.

As die beskikbare kultivars egter met die beste internasionale kiemplasma met weerstand teen fusarium, soos Sumai3, vergelyk word, is dit duidelik dat nie een van die kultivars in die bedryf genoeg weerstandvlakke het nie.

Hy sê bestrydingsmaatreëls vir fusarium is net gedeeltelik doeltreffend, omdat die voorkoms van die siekte so sterk deur die omgewing beïnvloed word en die patogene organisme baie aanpasbaar is. Omdat daar nog nie 'n plaaslike kultivar met weerstand teen die siekte is nie, is meganiese en chemiese metodes die enigste maniere om dit te bestry.

Meganiese bestryding is nie so duur en moeilik as chemiese bestryding nie. Fusarium, wat van stam- en kopvrot by mielies kom, oorleef baie goed op die oesreste van hierdie gewas. Deur die stoppels te verwyder, word die organisme se spooroorlewing in die grond dramaties verlaag. Hoe dieper die stoppels ingeploeg word, hoe vinniger sterf die spore.

Koring as opvolggewas ná mielies hou 'n groot risiko in, omdat die patogene organisme op albei gewasse parasiteer. Mielies wat geplant word ná koring wat swaar besmet was, word egter nog meer benadeel as koring ná mielies. Opbrengsverliese van meer as 8 t/ha op mielies onder besproeiing is reeds waargeneem.

Die boer moet dus na sy wisselboustelsel kyk as hy die probleem wil oplos. Hy moet ook ander gashere uitroei, soos sekere onkruidsoorte en opslaggrassoorte.

Dit sal ook help om net gesertifiseerde saad te plant, omdat dit behandel word en geen spore bevat wat die volgende seisoen as 'n bron van besmetting kan dien nie.

Chemiese bestryding is gewoonlik onprakties omdat 'n hele land se koring nooit gelyk blom nie en die koring in die blomstadium bespuit moet word. 'n Boer sal dus meer as een keer moet spuit as hy fusarium wil bestry. Boonop kan 'n boer, wat nie sy fusariumepidemie in bedwang kan bring nie, sy buurplase se koring besmet, al pas die bure goeie beheer toe.

Min werklik doeltreffende middels is ook geregistreer. Middels wat wel gebruik kan word, is diemet thiabendasool en karbendasiem as aktiewe bestanddeel. 'n Mengsel (50-50) van propikonasool en prochloras werk ook goed.

(t/ha)

massa

(kg/hl)

(%)

(R/t)

marge

(R/ha)

met fusarium besmet is.

Die gradering en opbrengs van gewilde besproeiingskultivars om die winsmarge te bereken
KultivarOpbrengs
Hektoliter-
Proteïen
Graad1Prys
Bruto
Steenbras6,2373,010,4UT1 415,008 815,45
Kariega6,5572,910,1UT1 415,009 268,25
SST8767,6873,410,3Ander1 315,0010 099,20
SST8067,8872,811,1Ander1 315,0010 362,20
SST8227,0674,411,1BS21 465,0010 342,90
SST8257,0172,210,4Ander1 315,009 218,15
1= Koring word as "klas ander koring" geklassifiseer as meer as 2% van die korrels by lewering

Kultivar met weerstand oor drie jaar hier

Die eerste plaaslik ontwikkelde kultivar met volle weerstand teen fusarium behoort oor drie jaar aan Suid-Afrikaanse boere beskikbaar te wees. Monsanto beplan om in 2005 'n volwaardige kultivar met weerstand beskikbaar te stel, sê mnr. Francois Koekemoer, senior koringteler van diemaatskappy.

Monsanto het 'n merker vir die weerstandsbron, Sumai3, wat tipe II-weerstand (verspreidingsweerstand) teen fusarium het. Dubbelhaploïed-nageslagte van die kultivars SST 825, SST 876 en SST 806 met Sumai3 word in kommersiële toestande geëvalueer.

Die dubbelhaploïedtegniek word deur Monsanto gebruik om die koringteelproses met sowat vyf jaar te verkort deur kruisings met mieliestuifmeel te maak. Só word suiwertelende koringlyne al in die eerste jaar verkry. Gewoonlik duur dit vyf tot ses jaar om suiwertelende lyne te verkry. Sulke suiwertelende lyne met die Sumai3-geen gaan aanstaande seisoen in proewe geëvalueer word.

Kiemplasma met drie tipes weerstand is beskikbaar:

Tipe I- of penetrasieweerstand. Die plant verhoed aanvanklike binnedringing; dus kan die patogene organisme die gasheer se weefsel glad nie binnedring nie.

Tipe II- of verspreidingsweerstand. Die patogene organisme kry dit reg om die gasheerweefsel binne te dring, maar die verspreiding na die res van die aar is swak of stadig.

Tipe III- of biochemiese weerstand. Sommige genotipes kan die toksiene afbreek wat deur die patogene organisme geproduseer word.

Mnr. Koekemoer sê die meeste van die kiemplasma met weerstand wat tans gebruik word, kom van China, omdat dieland al lank met fusarium sukkel. In proewe oor twee jaar met die gewildste weerstandbronne wat wêreldwyd gebruik word, het Sumai3 die beste gevaar.

Gewoonlik word genotipes in glashuis- en veldtoestande geëvalueer. Dit is egter moeilik om weerstandbiedende genotipes te identifiseer, omdat groeitydperke die besmettingsvlakke kan beïnvloed. As genetiese merkers vir die weerstandgene verkry kan word, soos wat Monsanto vir Sumai3 het, kan doeltreffender geselekteer en generasies versnel word.

Hy sê weerstandvlakke word soms verwar met "ontsnapping" van die siekte deur 'n spesifieke kultivar of lyn. Ontsnapping kom voor wanneer die kultivar buite die tydperk blom wanneer die siekte die beste oorgedra word, met ander woorde wanneer genoeg spore vir hoë vlakke van besmetting vrygestel word.

Klimaat kritiek vir verspreiding

Fusarium-aarskroei word deur Fusarium graminearum veroorsaak, diefusariumspesie wat die meeste skade aanrig. Dit is die eerste keer in 1891 in Amerika ontdek. Dieselfde patogene organisme veroorsaak ook stam- en kopvrot by mielies.

In China en Japan is opbrengsverliese van so hoog as 50 % al waargeneem, in Argentinië 30 %, in Paraguay 70 % en in Nederland tot 66 %. Opbrengsverliese het ook al in Pole, Engeland, Rusland, Oostenryk, Duitsland, Frankryk en Amerika voorgekom. Klimaatstoestande in hierdie lande is egter baie meer geskik vir die ontwikkeling van fusariumepidemies as in Suid-Afrika.

Simptome word gewoonlik net ná die blomstadium waargeneem. Die hele aar of dele daarvan verkleur pienk of wit, na gelang van die vlak van besmetting. Die korrels van besmette are is verrimpeld.

Are kan ook heeltemal steriel wees. In uiterste toestande word 'n pienk of oranje swampoeier op die pitte of kaffies gevorm. Die patogene organisme dring gewoonlik die ragis (aarstammetjie) binne, daarom gaan sekere dele van die aar dood.

Die klimaat gedurende blomtyd is kritiek vir die verspreiding van fusarium-aarskroei. Hoë humiditeit laat die siekte toeneem. Die minimum en maksimum temperature waartydens besmetting plaasvind, is 16 ?C en 36 ?C, met 'n optimum van 32 ?C.

Die spore oorleef gewoonlik op oesreste en in die grond en word deur wind en reëndruppels na die blare, stamme en are versprei. Die spore versprei gewoonlik tydens die blomstadium.

Spore kan selfs deur die saad versprei word, maar sal nie gedurende dieselfde seisoen 'n epidemie veroorsaak nie. Daarom is dit belangrik om gesertifiseerde saad te plant, want dit word met 'n middel behandel wat alle spore op die saadoppervlak doodmaak.

21 Junie 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.3%
Rand - Pond
21.04
+0.3%
Rand - Euro
18.78
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
1,013.83
+0.3%
Palladium
1,657.23
-0.7%
Goud
1,955.48
+0.3%
Silwer
24.31
+1.4%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,611
-0.2%
Alle aandele
79,740
-0.1%
Hulpbronne 10
75,028
-0.1%
Industriële 25
102,534
+0.0%
Finansiële 15
16,467
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na n maat
Hoe beskryf n mens jouself hier. Ek hou van lag en om elke dag net te geniet. Ek hou van braai en kosmaak. Hou van om langs die see te gaan loop. Is mal oor kinders en diere. Ek...
Tiek jy dalk my boksies?
Ek is 'n onafhanklike, selfversorgende weduwee, gebless met 'n skerp sin vir humor en 'n kreatiewe streep. Ek is lief vir mense, hou van kuier, die natuur en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot