AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Biotegnologie

Die Regering het soveel erns met die biotegnologie dat hy opdrag gegee het om 'n nasionale strategie daarvoor staan te maak, maar intussen ontlok hierdie tegnologie steeds ewe veel vrese as vrae.

Die biotegnologie het gekom om te bly. In Suid-Afrika is reeds 46 maatskappye by eerstegeslag-biotegnologiese prosesse betrokke, waarvan die waarde op R85 miljoen geraam word.

Mnr. Kobus Lindeque, besturende direkteur van Monsanto in Suid-Afrika, sê hierdie eerstegeslag-biotegnologiese betrokkenheid beteken dat 'n biotegnologiese proses ter sprake is, ongeag of dit met die produksie van pille of plante te make het. Die biotegnologie is reeds sowat vyf jaar lank deel van die plaaslike landbou en baie landbouers het reeds eerstehands daarmee kennis gemaak.

Die waarde van die tweedegeslag-biotegnologie, met ander woorde produkte wat vervaardig word uit biotegnologiese plante, word op R25 miljoen beraam. Die derdegeslag-biotegnologie is byprodukte wat ontwikkel word uit diebiotegnologiese produkte en die waarde daarvan word op R5 miljoen geskat.

"As ons dus na die biotegnologie in Suid-Afrika kyk, is dit reeds een honderd persent deel van 'n ieder en 'n elk van ons se lewens. Baie mense praat steeds van 'nuwe tegnologie', hoewel dit nie meer regtig nuwe tegnologie is nie. Die biotegnologie het reeds só belangrik geword dat die Regering 'n span kundiges aangewys het om 'n nasionale strategie daarvoor te formuleer om te sien hoe dit vorentoe in Suid-Afrika 'n rol gaan speel," sê mnr. Lindeque.

Hierdie siening van die Suid-Afrikaanse Regering jeens die biotegnologie word in 'n baie gunstige lig vertolk omdat die Europese regerings 'n moratorium ingestel het op die biotegnologie. Suid-Afrika sit nou tussen die groot wêrelddele, naamlik Noord- en Suid-Amerika (Amerika en Argentinië) aan die een kant, wat die biotegnologie aanvaar het, en Europa aan die ander kant, wat steeds skepties daaroor is. Die wêreld se oë is dus nou op Afrika gerig om te sien watter rigting diekontinent sal inslaan ten opsigte van die biotegnologie.

Juis daarom is dit in hierdie stadium verblydend dat die Regering 'n nasionale strategie vir die biotegnologie wou hê. Daar is egter ook 'n organisasie wat tans in 'n hofgeding gewikkel is met die Regering, spesifiek oor die biotegnologie, en die mening word uitgespreek dat die verbruiker nie voldoende oor die biotegnologie ingelig word nie. Die verenigings van mieliemeulenaars en veevoervervaardigers, asook Graan Suid-Afrika, beskou die biotegnologie as 'n belangrike bousteen vir Suid-Afrika, en steun die Regering se poging ten volle om 'n nasionale strategie vir die biotegnologie daar te stel.

Die sowat 200 000 ha biotegnologie-mielies wat in 2001 in Suid-Afrika geplant is, is maar 'n druppel aan die emmer wanneer dit vergelyk word met die 15,795 miljoen hektaar wat in Amerika geplant is. Hierdie plaaslike aanplanting het egter sedert 2001 met sowat 100 000 ha tot altesaam 300 000 ha in 2002 toegeneem. Dít verteenwoordig 'n toename van 50 % binne een enkele jaar. Daarom word Suid-Afrika beskou as die land met die grootste groei in die biotegnologie, asook die land wat hierdie 'nuwe' tegnologie die vinnigste aanvaar het.

Volgens mnr. Lindeque is hierdie prestasie veral merkwaardig omdat die vertrekpunt vir die aanvaarding van enige nuwe tegnologie onder gebruikers gewoonlik 'n syfer van minus tien is. Dit duur normaalweg drie jaar om tot op 'n aanvaardingsyfer van nul te kom voordat werklike groei eers daarna gemonitor kan word.

Vanaf die 2001-seisoen tot die 2002-seisoen is 29 % meer mielies met insekbestandheid (die BT-geen) en 9 % meer sojabone met bestandheid teen onkruiddoder plaaslik geplant.

Altesame 12 % van die mielies, 6 % van die sojabone en 60 % van die katoen wat in die 2002-seisoen in Suid-Afrika geplant is, was van biotegnologiese oorsprong. Die vooruitsig vir die plaaslike 2003-seisoen is dat die aanplanting van biotegnologie-mielies met 3 % en sojabone met 30 % sal toeneem, en dat 80 % meer biotegnologie-katoen geplant sal word.

Volgens mnr. Lindeque is 'n wetenskaplike ondersoek met vraelyste ingespan om boere, verbruikers en belanghebbende groepe se kennis van en houding jeens die biotegnologie te peil.

Van die interessanthede wat uit hierdie ondersoek gespruit het, was dat 70 % van die boere nog nie biotegnologie-mielies geplant het nie. Van die oorblywende 30 % boere wat dit wel geplant het, het 71 % van die boere in die westelike produksiegebiede gesê hulle gaan nie weer biotegnologie-mielies plant nie, teenoor die 29 % wat aangedui het dat hulle dit weer gaan plant. Die boere in die oostelike produksiegebiede het feitlik presies die teenoorgestelde reaksie getoon. Sowat 64 % van dieboere het gesê hulle gaan weer biotegnologie-mielies plant. Die afleiding wat hieruit gemaak kan word, is dat die stronkboorder-skade in die oostelike gebiede waarskynlik erger is as in die westelike produksiegebiede. Daarby word 'n bietjie meer geel mielies in die oostelike gebiede geplant en die BT-geen was eerste vir die geel mielies beskikbaar.

Uit die ondersoek blyk dit ook dat hoe groter die oppervlakte is waarop boere mielies plant, hoe meer biotegnologie-mielies gaan hulle die komende seisoen plant. Boere-respondente wat meer as 1 000 ha mielies plant, het aangedui dat die helfte (50 %) van hul aanplanting biotegnologie-mielies gaan wees. As boere 'n keuse moet maak tussen die plant van konvensionele of biotegnologie-mielies, het 66 % van die boere in die westelike gebiede gesê hulle gaan biotegnologie-mielies plant, terwyl slegs 33 % van die boere in die oostelike verbouingsgebiede dieselfde keuse gaan doen.

Op 'n vraag aan die verbruikers (huisvroue) of hulle al van die biotegnologie gehoor het en of hulle weet wat dit is, het slegs 57 % van die respondente gunstig gereageer. Hiervan was 40,6 % gunstig, 37,1 % neutraal en 22,3 % negatief teenoor die biotegnologie, het mnr. Lindeque gesê.

13 Junie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.05
+0.2%
Rand - Euro
17.64
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,713.17
+0.0%
Silwer
20.80
+0.7%
Palladium
2,265.00
+0.1%
Platinum
928.00
+0.3%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Wie is
Ek leef vir God en sit als in Sy hande dan val alles self in plek. Het baie om te vertel en n vreeslike interessante storieboek, maar heeltemal te veel om te tik. My swakste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot