AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Biotegnologie keer landbou op sy kop

"Gee my 'n mark wat bereid is om 'n goeie prys vir my produkte te betaal en ek produseer enigiets." Só dink baie Amerikaanse boere oor geneties gemodifiseerde produkte - 'n mening wat waarskynlik ooreenstem met dievan die meeste Suid-Afrikaanse boere. NICO VAN BURICK het Amerika besoek om meer oor die biotegnologie te leer.

Die wêreld staan op die drempel van 'n landbou-revolusie. Ontwikkelinge in die biotegnologie kan gewasse meer bestand maak teen droogtes, plae en siektes, kan die opbrengs verhoog, die koste van voedsel verlaag, die omgewing help beskerm en gewasse met voedingstowwe verryk om siektes te help voorkom.

Só sê mnr. Robert Zoellick, Amerikaanse handelsverteenwoordiger, wat onlangs met die steun van nege ander lande 'n klag by die Wêreldhandelsorganisasie gelê het oor die Europese Unie se traagheid om die invoer van geneties gemodifiseerde produkte toe te laat.

"In dele van die wêreld waar daar 'n voedseltekort is, kan dit die verskil tussen gesondheid en siekte, of lewe en dood vir miljoene mense beteken," sê hy.

Hierdie mening word gedeel deur derduisende wetenskaplikes, ekonome, politici en ander groepe, maar nogtans duur die omstrede debat oor geneties gemodifiseerde produkte voort.

"Die biotegnologie is nie 'n kitsoplossing vir ál 'n boer se probleme nie. Dit is 'n hulpmiddel wat elkeen, na gelang van sy situasie, kan oorweeg om sy risiko's te verminder en winsgewender te boer," sê mnr. Bruce Noel, 'n boer en raadslid van die staat Michigan se mieliebemarkingsraad.

"In die geval van die BT-geen wat stronkboorder bestry, is dit net vir ons lonend in die sowat 3 uit 10 jare wat ons wél probleme met stronkboorders ondervind. Die benutting van die geen wat teen onkruiddoders bestand is, is gewoonlik vir die meeste boere lonend omdat dit die koste van onkruidbestryding met 75 % verminder."

Mnr. John Oakley, 'n boer en lid van 'n komitee wat innoverende boerderymetodes ondersoek, sê Amerikaanse boere is "gesofistikeerd en probeer deurgaans op die voorpunt van tegnologiese ontwikkelinge bly. Die mark bly egter deurslaggewend. As jy bereid is om die boer te betaal vir die produk wat jy wil hê, sal hy dit produseer. Ekonomiese oorwegings is die belangrikste."

Ondanks die kommer oor uitvoermarkte, het die verbouing van geneties gemodifiseerde gewasse in Amerika en elders in die wêreld geweldig toegeneem. Sedert dit die eerste keer in 1996 in Amerika geplant is, was daar 'n konstante toename. Daar word bereken dat sowat 60 miljoen hektaar verlede jaar wêreldwyd onder geneties gemodifiseerde gewasse was.

Die belangrikste geneties gemodifiseerde gewasse is sojabone wat teen onkruiddoders bestand is; katoen wat weerstand bied teen bolwurm en onkruiddoders; mielies wat weerstand bied teen stronkboorder en onkruiddoders, en kanola met weerstand teen onkruiddoders.

In Amerika was 75 % van die sojabone wat verlede jaar geplant is, geneties gemodifiseerd, só ook 71 % van die katoen en 34 % van alle mielies.

Dr. David McGuire van die Amerikaanse graanraad meen dat die plant van geneties gemodifiseerde mielies drasties sal toeneem met die goedkeuring van 'n nuwe geen, YieldGard Rootworm, wat die wortels van die plante teen wortelwurms beskerm. "Aangesien stronkboorders gewoonlik net een maal in drie jaar vir boere probleme skep, is dit nie so sterk in aanvraag as wat die nuwe saad sal wees nie."

Volgens dr. Donald McKenzie, uitvoerende ondervoorsitter van die AGBIOS, 'n nasionale landbounavorsingsorganisasie, val die klem in biotegnologienavorsing in Amerika op produkgehalte, terwyl insek- en siekteweerstand in Afrika die belangrikste vereistes is. Waar daar tot dusver in navorsing klem gelê is op geneties gemodifiseerde produkte wat vir die boer ekonomiese voordele inhou, sal daar voortaan meer klem wees op bestanddele in voedsel wat vir die verbruiker voordele inhou.

Voorbeelde van hierdie tweedegeslag-transgeniese gewasse met beter voedingseienskappe is rys verryk met yster en vitamien A, aartappels met 'n verhoogde styselinhoud en meer gesonde olies uit sojabone en kanola. Dr. Dean DellaPenna van die universiteit van Michigan glo dat dit in die volgende dekade moontlik sal word om die inhoud en samestelling van verskeie voedingstowwe in stapelvoedsel regstreeks te manipuleer.

Brak water


'n Ontwikkeling wat vir Suid-Afrika en ander droë gebiede van groot waarde kan wees, is navorsing om gewasse se bestandheid teen droogte, koue, brak water en ryp te verhoog. Mendel Biotechnology is een van die maatskappye wat reeds gene ontdek het wat plante se verdraagsaamheid verhoog. Die WeatherGard-gene word nou in mielies getoets. Volgens dr. William Goure van die maatskappy sal dit nog sewe jaar duur voor dit kommersieel vir mielies beskikbaar is en sowat vier jaar voor dit vir sierplante beskikbaar is.

Ook die omgewing word nie nagelaat by biotegnologiese navorsing nie. Dr. Clayton Rugh van die universiteit van Michigan doen navorsing oor die benutting van geneties gemodifiseerde plante om besoedeling te bestry. Sy navorsing het getoon dat plante kan help om gifstowwe af te breek tot onskadelike stowwe, soos in die geval van metaalkwik wat deur die regte ensieme en bakterieë afgebreek kan word tot elementêre kwik, wat 'n miljoen keer minder giftig is en in die atmosfeer vrygestel kan word.

In Amerika is daar geen onderskeid tussen geneties gemodifiseerde produkte en ongemodifiseerde produkte nie, tensy boere spesifiek daarvoor kontrakteer. Sowat 20 % van alle mielies (waarvan 70 % as veevoer benut word) word uitgevoer, en sowat 34 % daarvan is dus geneties aangepas.

Die meeste Amerikaanse verbruikers eet al jare lank voedsel met 'n GM oorsprong in een of ander vorm. Die jongste ramings dui daarop dat meer as 70 % van alle geprosesseerde voedsel een of meer bestanddele van biotegnologiese plante bevat. Die meeste olie wat vir voedselvoorbereiding gebruik word, is olie uit geneties gemodifiseerde sojabone; aansienlike hoeveelhede styselprodukte kom van geneties gemodifiseerde mielies; meer as 70 % van alle kaas in Amerika word vervaardig met ensieme wat geneties aangepas is; en die meeste vleis wat geëet word, kom van diere wat geneties gemodifiseerde produkte gevoer word.

"Ondanks sommige drukgroepe se teenkanting teen biotegnologiese ontwikkelings was voedselveiligheid nog nooit in die gedrang nie," sê dr. Rebecca Grumet, 'n navorser van die universiteit van Michigan, wat spesialiseer in risiko-analises van transgeniese gewasse. "Wetenskaplikes oor die hele wêreld heen is dit eens oor die veiligheidsaspekte."

Sy sê veiligheidstudies van die Europese Unie - waarin 81 navorsingsprojekte nagegaan is - het reeds in Oktober 2001 bevind dat die biotegnologie geen nuwe risiko's vir die mens se gesondheid of die omgewing inhou nie. Dit is nie meer nie as die gewone onsekerhede wat ook met tradisionele plantteling gepaard gaan. Volgens diebevinding is geneties gemodifiseerde produkte waarskynlik selfs veiliger as gewone plante en voedsel vanweë verbeterde tegnologie, en die streng regulasies en vereistes waaraan dit onderwerp word.

"Die voordelige aspekte van die biotegnologie is 'n werklikheid. Die nadele is hipoteses waarvoor daar geen wetenskaplike bewyse is nie," sê sy.

Dr. Karil Kochenderfer, direkteur van die Amerikaanse vereniging van kruidenierswarevervaardigers, sê haar organisasie kyk na alle voedsel vanuit 'n veiligheidsoogpunt. "Enige nuwe tegnologie bied ook risiko's, maar die wêreldwye konsensus is dat geneties gemodifiseerde voedsel veilig is. Vir die voedselbedryf hou dit groot voordele in, en regerings, boere en verbruikers behoort saam met die bedryf opgewonde daaroor te wees."

Volgens wetenskaplikes bied biotegnologie ook groot voordele ter beskerming van die omgewing. "Vanweë die toename in die wêreld se bevolking sal graanproduksie in die volgende paar dekades drievoudig moet toeneem. Die maklike uitweg is om natuurgebiede in landerye te omskep, maar die vernietiging van natuurlike habitat is die grootste bedreiging vir bioverskeidenheid, sê dr. Val Giddings, ondervoorsitter van die Organisasie van Biotech-bedrywe, wat in 40 lande betrokke is.

"Die enigste uitweg is om opbrengs te verhoog. Ter wille van die omgewing sou dit die beste wees om alle beskikbare landbougrond onder geneties gemodifiseerde gewasse te hê. As mense werklik begaan is oor omgewingskwessies, behoort hulle te juig oor die biotegnologie en die moontlikhede wat dit bied."

Siening deur regulasies bepaal

Mense se siening van die veiligheid van voedsel het

baie te doen met die vertroue in hul land se regulatoriese stelsels, sê mnr.

David Hegwood, die Amerikaanse regering se spesiale raadgewer oor die

biotegnologie.

"In Amerika is daar vertroue in die regering se stelsel om voedselveiligheid te verseker. In Europa is daar nie 'n doeltreffende stelsel om produkte te evalueer en goed te keur nie, en die publiek vertrou nie die regulatoriese stelsel nie."

Die drie agentskappe wat met die goedkeuring van geneties gemodifiseerde produkte in Amerika gemoeid is, is die departement van landbou se inspeksiediens vir dier- en plantgesondheid (APHIS), die agentskap vir omgewingsbeskerming (EPA) en die Food and Drug Administration (FDA).

Die APHIS reguleer die ontwikkeling en toetsing van geneties gemodifiseerde produkte en verseker dat dit veilig vir landbougebruik is. Die EPA verseker dat geneties gemodifiseerde produkte wat as plaagdoders geklassifiseer word, veilig vir die omgewing is. Die FDA verseker dat voedselprodukte veilig en voedsaam is, en is ook verantwoordelik vir regulasies oor etikettering van produkte.

Dr. Hector Quemada, 'n navorser wat risiko-analises doen, sê dit is die boer se verantwoordelikheid om veilige voedsel te produseer. Die regering se regulasies en vereistes vir geneties gemodifiseerde produkte is dieselfde as vir voedsel wat tradisioneel geproduseer word.

Dr. Judith Chambers, president van Emerging Markets Solutions, glo daar bestaan 'n gevaar dat sommige lande bloot reguleer ter wille van regulering, en sodoende ontwikkeling demp.

Dr. Quemada sê regulatoriese stelsels moet só ontwerp word dat dit nie onmoontlik word om plaaslike geneties gemodifiseerde gewasse goed te keur nie. "Beleidmakers moet die gevolge van die regulasies begryp voor besluite geneem word."

Volgens hom kan die voedselveilgheidstoetse op een produk in Suid-Afrika meer as R6 miljoen kos. Daar moet gesoek word na maniere om koste te verminder terwyl daar steeds aan internasionale standaarde voldoen word.

Daarbenewens is die koste vir die ontwikkeling van geneties gemodifiseerde produkte só hoog dat net groot multinasionale maatskappye dit kan bekostig. Een van diemaatskappye is Monsanto, wat verlede jaar meer as R4 miljard aan GM-navorsing bestee het. Sowat 900 wetenskaplikes, van wie meer as 400 doktorsgrade het, doen heeltyds navorsing in die maatskappy se 250 laboratoriums.

Om een geen in 'n plant oor te dra, en om die proses van die laboratorium tot by kommersiële produksie te voltooi, duur 10 jaar tot 12 jaar en kos R1,5 miljard tot R3 miljard. Dit sluit in die identifisering en oordra van die geen, die kweek van weefselkultuur, kweekhuistoetse, veldtoetse, die teling van kultivars en die regulatoriese goedkeuringsproses.

Dr. Rebecca Grumet, 'n navorser, sê die ontwikkeling van 'n geneties gemodifiseerde papaja deur 'n universiteit in Mexiko is die enigste tot dusver wat nie deur 'n groot maatskappy gedoen is nie. "Vanweë die hoë koste raak die kwessie van intellektuele eiendomsreg ook al hoe belangriker. Geen maatskappy sal in die biotegnologie belê as daar nie 'n redelike kans is om vergoed te word vir die groot belegging wat in navorsing gedoen word nie," sê sy.

Dr. Thomas Sharpe, van die universiteit van Missouri, sê ook vir universiteite is dit toenemend belangrik om intellektuele eiendomsreg te verkry op uitvindings wat uit navorsing voortspruit. Meer as 200 kantore is al by universiteite geskep om tegnologie-oordrag te hanteer, en in Amerika is meer as 20 000 patente die afgelope 10 jaar uitgereik.

Vennootskappe tussen die openbare en private sektore, sowel as met ontwikkelende lande, word as uiters belangrik beskou. Dr. Michael Lang, van die universiteit van Michigan se kantoor vir intellektuele eiendomsreg, sê Afrika het die slagveld geword in die stryd tussen Amerika en Europa oor die biotegnologie.

Die probleme in ontwikkelende lande is legio. Dr. Johan Brink, wat aan die universiteit van Michigan gemoeid is met 'n ondersteuningsprojek om ontwikkelende lande te help om toegang tot navorsing, produkontwikkeling, beleidstrukture en regulatoriese stelsels te kry, sê daar is talle uitdagings en beperkinge in Afrika. Hy sê daar is 'n gebrek aan mense en geld om beleid te ontwikkel en te implementeer, internasionale handelsbeperkinge, 'n gebrek aan infrastruktuur en geen strukture vir kommunikasie en openbare bewusmaking nie.

"In die proses om kapasiteit in Afrika te bou, kan Suid-Afrika 'n sleutelrol vervul, sê dr. Karim Maredia, 'n professor by die instituut vir internasionale landbou aan die universiteit van Michigan. "Suid-Afrika is reeds die leier in die biotegnologie op die vasteland en behoort sy rykdom van kennis ook aan ander Afrika-lande oor te dra."

Omvattende kursus aangebied

Altesame 31 wetenskaplikes, akademici, staatsamptenare en joernaliste van vyf lande in Afrika het onlangs 'n twee weke lange kursus in die biotegnologie in Amerika voltooi.

Die kursus is aangebied op uitnodiging van die Amerikaanse departement van landbou se buitelandse diens, met die samewerking van die universiteit van Michigan. Dit is waarskynlik die eerste omvattende kursus in die biotegnologie ter wêreld. Dit is ook vir wetenskaplikes van Latyns-Amerikaanse lande aangebied.

Die Afrika-lande wat verteenwoordig was, is Suid-Afrika, Kenia, Nigerië, Angola en Lesotho. Landbouweekblad het ook 'n verteenwoordiger daar gehad.

Volgens die kursusleier, dr. Karim Maredia van die instituut vir internasionale landbou aan dieuniversiteit, was die kursus die gevolg van 'n behoefte om kennis van die biotegnologie met die internasionale gemeenskap te deel. "Daar word geweldig baie waninligting die wêreld ingestuur en dit is belangrik dat mense wat belang het in die biotegnologie ingeligte besluite moet kan neem."

"Die kursus is ontwerp om deelnemers 'n oorsig te gee van die laboratorium af tot waar 'n produk die mark bereik. Daar word ook doelbewus gepoog om belanghebbendes oor 'n wye gebied te betrek."

Buiten 'n oorsig oor Amerika se benadering tot

biotegnologie in die landbou en die regulatoriese stelsel, het navorsers van

verskeie universiteite inligting oor hul navorsingsprojekte verstrek. Besoek is

afgelê by Danforth, een van die grootste onafhanklike navorsingsinstitute ter

wêreld en Monsanto, een van die wêreld se grootste private biotegnologie-maatskappye. Die besoek is afgesluit met 'n besoek aan Washington waar gesprekke gevoer is met regeringslui, handelsverteenwoordigers en meningsleiers.

13 Junie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.15
+0.4%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.57
-0.9%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,717.07
-0.5%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,253.00
-3.0%
Platinum
923.50
-1.1%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
n Man opsoek na n maatjie
Ek is n Christen en soek n Christen maatjie. Ek leef eenvoudig, is baie lojaal en hou van vrede in my lewe. Ek is n introvert maar kan sosiaal wees as ek moet. Ek verkies...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot