AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Boer moet liewer nie eie bone plant

Antraknose kom oral in die wêreld voor waar bone geplant word. Boere kan egter die risiko van besmetting verklein deur slegs gekoopte saad te gebruik.

Boere wat van hul droëboon-oes wat met antraknose besmet is, terughou en dit die volgende seisoen plant, stel hulself aan 'n volslae misoes bloot. Dit is beter om meer geld aan siektevrye saad te bestee en só seker te maak antraknose sal nie kop uitsteek nie. Produsente wat besmette saad plant, bespaar dalk op saadkoste, maar hulle sal waarskynlik later méér geld aan chemiese middels bestee as wat hulle op die saad bespaar het.

Twee soorte swamme veroorsaak diesiekte, naamlik Colletotrichum lindemuthianum en Glomerella lindemuthianum. Dit tas alle bogrondse dele van die plant aan. Groter verliese ontstaan in dele met 'n gematigde klimaat en in subtropiese gebiede.

Mnr. Mossie Mostert van Dry Bean Seed sê vroeë tekens van besmetting is gewoonlik op die are van die onderste blaaroppervlakte sigbaar, wat baksteenrooi tot persrooi verkleur en later donkerbruin tot swart word. Nóg later versprei die verkleuring na die boonste blaaroppervlak en klein letsels van wisselende grootte ontwikkel om die are. Die blaarstingels word ook aangetas.

Die kenmerkende simptome is roesbruin letsels met klein, bruin vlekkies wat op die peule verskyn. As die letsels vergroot (5 mm tot 8 mm), word dit bruin en gesonke, met rooibruin rande. In vogtige toestande ontwikkel 'n pienkerige taai druppel wat spore van die swam bevat in die middel van die letsel. Saad van erg besmette peule het donker, gesonke letsels, wat in grootte wissel en deur die saadhuid tot in die saadlobbe kan strek.

Wanneer aangetaste sade ontkiem, was spore wat gedurende nat weer op die saadlobbe geproduseer is, af, en besmet die hipokotiel (groeipunt). Klein, bruin versonke kankers, dikwels met 'n pers tot baksteenrooi rand, verskyn op die stingels, wat as gevolg van die kankers só kan verswak dat dit breek.

As produsente besmette saad terughou en weer plant, kan hulle opbrengsverliese van tot 100 % ly as die toestande vir die ontwikkeling van antraknose gunstig is. Dietoestande is koel tot matige weer (13 grade C tot 26 grade C, met 17 grade C as die gunstigste temperatuur), aanhoudende reën en hoë humiditeit.

Die organisme versprei deur lug en water (wind en stortreën), asook werktuie, mense, oesreste op die grond en besmette saad. Swamspore word gedurende die dorsproses van besmette plantdele na die saadhuid oorgedra, waar dit onopsigtelik skuil.

Dikwels kla boere dat droëbone al vroeg besmet is, al het hulle siektevrye saad geplant. Mnr. Mostert sê hulle vergeet egter dat hulle dalk voorheen besmette saad geplant en dieselfde werktuie op daardie lande gebruik het, waardeur die siekte dan oorgedra is. In só 'n geval is dit nodig om die trekkers, ploeë, planters, sleepwaens en skure waar saad opgeberg word, te ontsmet. Àl die swamspore moet vernietig word om die siektevrye saad behoorlik te beskerm.

Alle bonesaad moet voor planttyd deeglik met 'n geskikte middel behandel word. In Amerika is bevind dat bonesaad wat met 'n sistemiese middel behandel is, minder geneig is om antraknose te kry as diewat met kontak-swamdoders behandel is. Besmette lande moet dus so vroeg moontlik met 'n geregistreerde sistemiese swamdoder bespuit word — nog voordat die siektesimptome op die peule sigbaar is.

Mnr. Charlie van Wyk, ook van Dry Bean Seed, sê baie boere kom in die versoeking om saad vir die volgende seisoen terug te hou. In die grootste deel van die produksiegebied is die klimaat egter nie geskik vir die produksie van siektevrye saad nie en min boere het die kennis om bone uit te ken wat vry is van siektes soos antraknose, gewone skroei en vetvleksiekte.

Al oes 'n boer saad van 'n land met 'n ligte antraknosebesmetting vir eie gebruik, sal dit die volgende seisoen 'n ernstige besmetting veroorsaak.

Vir die produksie van siektevrye saad word slegs saad gebruik wat in 'n kweekhuis gekweek is. Dit word dan in spesiale gebiede verbou. Saadlotte wat op die land en in die laboratorium as siektevry verklaar word, word dan as siektevry gesertifiseerde saad verkoop. Saad wat aan die minimum standaarde voldoen, word gesertifiseerde saad.

Nog 'n vraag wat boere vra, is of weerstandbiedende kultivars die plant van gesertifiseerde saad oorbodig kan maak. Volgens mnr. Van Wyk is drie bakteriese siektes, minstens vier swamsiektes en een virussiekte saadgedraag. Dit is feitlik onmoontlik om weerstand teen ál die siektes in een kultivar in te teel, veral in die geval van rooi gespikkelde bone.

Wanneer 'n boer kommersiële bone koop om as saad te gebruik, kan dit 'n mengsel van verskillende kultivars wees met verskillende groeiseisoene (onegalige rypwording), groeiwyse en vatbaarheid vir siektes (veral roes). In die geval van inmaakbone kan 'n mengsel kultivars, waarvan die inmaakgehalte van mekaar verskil, veroorsaak dat die produk nie geskik vir verkoop is nie.

Daarby moet saad reg opgeberg word om die groeikrag te verseker. Hantering en verskuiwing moet beperk word deur dit op palette te verpak.

Mnr. Van Wyk gee vir boonprodusente wenke om risiko te verminder:

  • As die geld min is, plant eerder minder bone, maar gebruik die beste saad en grond.

  • In 'n wisselboustelsel is dit raadsaam om droëbone nie binne drie jaar wéér op dieselfde land plant nie, om enige gevaar van siekte-oordrag deur die grond te voorkom.

  • Pas goeie higiëne toe om te voorkom dat die aanplanting besmet raak weens kontak met besmette bone.

  • Dit is moontlik om geld op bemesting te bespaar as die grond 'n hoë voedingstatus het; ook op bespuitings as die boer weerstandbiedende kultivars met 'n hoë opbrengspotensiaal plant.

  • Plant 'n verskeidenheid kultivars en versprei die plantdatums en lande om die risiko vir skade weens hitte, droogte of hael aan alle aanplantings te verminder.

  • Bestudeer die winsgewendheid van verskillende gewasse. Dalk is dit voordeliger om eerder 'n kleiner oppervlakte van 'n minder winsgewende gewas te plant en meer bone.

    Nuwe graderingsdiens

    'n Groot oes- en meganisasiedag vir die droëboonbedryf is deur die Droëboneprodusente-organisasie (DPO) by die Schoeman-boerdery op Delmas gehou. Groot getalle boere het dietweedaagse geleentheid bygewoon en talle nuwe werktuie is uitgestal en gedemonstreer.

    Gradering berus op talle onderhandelingspunte en dieregulasies word deur te veel mense, as verteenwoordigers van die verkoper en die koper, vertolk. Dít is ongeag of hulle amptelik in gradering opgelei is of nie, sê mnr. Claus Coetzee, bedryfsbestuurder van die Droëboneprodusente-organisasie.

    " 'n Onafhanklike graderingdiens sal die probleem met verskille in die vertolking van graderingstandaarde te bowe kom en sorg dat die produsent weet wat die gehalte van die bone is wat hy op die mark aanbied," sê hy.

    Dit is vir 'n produsent belangrik om te weet wat die gehalte van die bone is wat hy wil verkoop. Daarom het die organisasie pas begin om self só 'n diens onder leiding van mnr. Vossie Vosloo aan te bied.

    Mnr. Vosloo, wat jare lange ondervinding van die gradering van 'n wye verskeidenheid landbouprodukte het, het die nodige kundigheid om 'n betroubare diens aan die bonebedryf te lewer.

    Boere wat hul droëbone wil laat gradeer, kan bonemonsters op twee maniere indien, naamlik by die Droëboneprodusente-organisasie se streekbeampte in die betrokke streek, of deur dit met 'n koerierdiens na die hoofkantoor in Pretoria te stuur.

    Die basiese koste is R140 (BTW ingesluit) vir 'n monster, plus die koste van die koerierdiens of die vervoerkoste as die monster deur die streekbeampte na Pretoria gebring moet word.

    Vir die neem van monsters met die oog op hierdie graderingdiens is besluit om die protokol vir die elektroniese verhandeling van bone as riglyn te gebruik. Die doel is om 'n monster van minstens 1 kg vir ontleding te kry, met die waarskynlikheid dat alle belangrike bestanddele daarin in dieselfde verhouding is as in die betrokke saadlot waaruit die monster getrek is.

    'n Monster word verkry deur klein hoeveelhede bone onwillekeurig in verskillende plekke van die saadlot te neem en saam te voeg. Hierdie saamgestelde monster moet groot genoeg wees om twee aparte monsters van 1 kg elk te kan saamstel. Een word aan die graderingsdiens gestuur en die verkoper hou die ander een as 'n duplikaatmonster. Produsente het dietaak in die verlede self behartig en weet dus reeds wat om te doen.

    Die droëboonbedryf het met die Departement van Landbou ooreengekom om nuwe binnelandse graderingregulasies en regulasies vir verpakking in klein maat vrywillig in werking te stel.

    Volgens die Droëboneprodusente-organisasie is die belangrikste verskille tussen die ou en nuwe regulasies vir gradering, wat op 15 April van krag geword het, kortliks die volgende:

  • Daar is slegs vier grade, teenoor die ses ingevolge die ou regulasies.

  • Die toelaatbare afwykings per graad is verhoog. Dit sal produsente in staat stel om voortaan makliker 'n beter graad te behaal.

  • Die nuwe regulasies maak voorsiening vir 'n inmaakgraad by binnelandse gradering.

  • In die geval van kleinmaatverpakkings kan gesplete bone verpak word mits dit minstens aan ál die ander vereistes van graad 3-bone (behalwe gebreekte en gesplete bone) voldoen.

  • Ingevoerde bone wat in kleinhandel-hoeveelhede verpak word, moet só gemerk word: Produk van Suid-Afrika/Product of South Africa.

  • Ondergraadbone kan verpak en in die handel beskikbaar gestel word, maar net in houers wat 10 kg of meer bevat.

    Kleiner produksie wys ontevredenheid

    Droëbone se produsenteprys was die afgelope drie jaar onder groot druk. Gevolglik het produsente hul ontevredenheid hierdie seisoen met min aanplantings gewys.

    Die Droëboneprodusente-organisasie skets die huidige situasie van vraag en aanbod.

    Die eerste kwartaal hierdie seisoen was die invoer slegs sowat 1 000 t, die rand het met byna 40 % verswak, die oordragvoorraad in die wêreld het kwaai verminder en Suid-Afrika se voorraad was teen Januarie vanjaar heeltemal uitverkoop.

    Onder die faktore wat produsentepryse vanjaar sal beïnvloed, is invoerpariteit (as alternatiewe bron vir die handel), uitvoerpariteit (as alternatiewe kanaal vir die produsent), gehalte (die verskil tussen grade sal sigbaarder word) en verbruikersvraag.

    Die Droëboneprodusente-organisasie bereken dat die volgende pryse haalbaar is:

    Rooi gespikkelde bone: Graad 2 (nuwe regulasies) — R5 000/t tot R5 300/t, na gelang van die pitgrootte (100 g vir uitvoer).

    Klein wit inmaakbone: Inmaakgraad (nuwe regulasies) — R5 500/t.

    Groot wit nierbone: Die mark is weens 'n groot oordragvoorraad en swak vraag nog vaag. Die organisasie werk aan voorstelle om diemark te stabiliseer.

    Hy sê as almal wat by die droëboonbedryf betrokke is, nie 'n aanvaarbare wins kan maak nie en as die verbruiker nie waarde vir sy geld kry nie, is die bedryf gedoem tot mislukking.

    Heelwat groot wit nierbone van die 2001-oes, wat 5 900 t beloop het, is nog nie verkoop nie. Hierdie seisoen het die boere meer as 5 000 ha groot wit nierbone geplant. Teen 1,2 t/ha word 'n oes van meer as 6 000 t verwag.

    Ondanks die baie lae aanbod van bone wêreldwyd en ook in Suid-Afrika, is die plaaslike mark oorvoorsien. Gevolglik verkoop groot wit nierbone baie traag.

    Altesaam 40 700 ha droëbone is hierdie seisoen op droëlande geplant. Dit bestaan uit 27 400 ha rooi gespikkelde bone, 6 600 ha klein wit nierbone, 5 300 ha groot wit nierbone en 1 400 ha ander bone, hoofsaaklik Cariocas.

    Saam met die hoër opbrengs van sowat 2 600 ha bone onder besproeiing in ag geneem, word die aanbod op 54 000 t beraam.

    14 Junie

  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    17.77
    -0.8%
    Rand - Pond
    20.15
    +0.4%
    Rand - Euro
    17.57
    +0.2%
    Rand - Aus dollar
    11.57
    -0.9%
    Rand - Jen
    0.12
    -0.5%
    Goud
    1,717.07
    -0.5%
    Silwer
    20.66
    -1.9%
    Palladium
    2,253.00
    -3.0%
    Platinum
    923.50
    -1.1%
    Brent-ruolie
    91.80
    +3.2%
    Top-40
    59,202
    -1.1%
    Alle aandele
    65,613
    -1.1%
    Hulpbronne 10
    63,687
    -1.4%
    Industriële 25
    79,239
    -1.1%
    Finansiële 15
    13,961
    -0.7%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    n Man opsoek na n maatjie
    Ek is n Christen en soek n Christen maatjie. Ek leef eenvoudig, is baie lojaal en hou van vrede in my lewe. Ek is n introvert maar kan sosiaal wees as ek moet. Ek verkies...
    Dis tyd om te leef!!!!
    Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot