AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Boer produseer mielies teen 26,5 t/ha

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Vida Booysen
Foto: Vida Booysen
Mnr. Heath Cutrell, ’n boer van Chesapeake in die suide van die Amerikaanse deelstaat Virginia, het vanjaar die hoogste opbrengs in die nasionale mielie-opbrengskompetisie daar behaal met ’n opbrengs van 394,0485 skepel/akker of 26,5 t/ha.

Die wenners van die nasionale mielieprodusentevereniging (NCGA) se jaarlikse opbrengskompetisie in Amerika is gister bekend gemaak. Cutrell, wat sedert 2015 aan die kompetisie deelneem, was al by vorige geleenthede ’n kategorie-wenner, maar hierdie was sy beste opbrengs nog. Hy het aan die nuusdiens DTN gesê hy probeer elke jaar iets nuuts doen met die hoop om telkens ’n bietjie beter te vaar.

Hy het sy saad (Dekalb 66-18) vroeg in April in 30 duim-rye teen 38 000 plante per akker geplant. Hy sê vroeg in die seisoen was omstandighede baie gunstig, maar later was daar ’n droër tydperk waarin hy bekommerd oor die verwagte opbrengs begin raak het. “Ek sal nie sê hulle sou nie meer water kon benut het nie, maar gelukkig was daar genoeg om die plante deur te dra.”

Cutrell het deelgeneem in die klas vir konvensionele droëlandbewerking. Die tweede hoogste opbrengs van 384,8359 skepels/akker (25,88 t/ha) is gelewer deur mnr. Drew Haines van Middletown, Maryland, in die afdeling vir droëland met geenbewerking. Die hoogste opbrengs onder besproeiing en strookbewerking was 357,9817 skepels/akker (24,07 t/ha) van mnr. Miles Peterons van Bertrand, Nebraska.

Die kompetisie word al die afgelope 58 jaar deur die NCGA aangebied. Vanjaar was daar 6 337 inskrywings uit 46 state met 838 verskillende kultivars wat saam ’n gemiddelde opbrengs van 262,7586 skepels/akker (17,67 t/ha) gehad het. Dit is aansienlik hoër as Amerika se geskatte gemiddelde opbrengs van 11,59 t/ha. Die kompetisie het vanjaar 27 wenners in 9 produksieklasse opgelewer.

Die wêreldrekordopbrengs van 616,2 skepels/akker (41,44 t/ha) is in 2019 ook in Virgina opgestel deur mnr. David Hula, wat nie vanjaar deelgeneem het nie.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.15
-0.4%
Rand - Pond
21.01
-0.5%
Rand - Euro
18.75
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,016.21
-0.9%
Palladium
1,676.66
+0.4%
Goud
1,916.25
+0.2%
Silwer
23.47
+0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,967
+0.5%
Alle aandele
80,150
+0.4%
Hulpbronne 10
75,120
+0.6%
Industriële 25
103,342
+0.7%
Finansiële 15
16,524
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot