AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4790
-19,00
SOYA
26 Sep
-
9395
-71,00
SUNS
26 Sep
-
10100
-106,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4835
-22,00
YMAZ
26 Sep
-
4774,4
-13,60
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Boer van die Jaar: Dissipline die hoeksteen

Die Landbouskrywersvereniging van Suid-Afrika se Boer van die Jaar vir 2002 is besig met uitbreidings wat hom oor 'n paar jaar waarskynlik die grootste private suikerrietboer in die wêreld gaan maak. Daarvoor het hy sy eie waterpypleiding van R22 miljoen gebou en beoog hy 'n suikermeule op sy plaas.

Die

Landbouskrywersvereniging van Suid-Afrika se Boer van die Jaar vir 2002 is besig

met uitbreidings wat hom oor 'n paar jaar waarskynlik die grootste private

suikerrietboer in die wêreld gaan maak. Daarvoor het hy sy eie waterpypleiding

van R22 miljoen gebou en beoog hy 'n suikermeule

op sy plaas.

Van 'n nederige begin as klein suikerrietboer (en sonder enige erfgrond) tot die Landbouskrywersvereniging van Suid-Afrika se Boer van die Jaar vir 2002.

Dít is die suksesverhaal van mnr. Charl Senekal van Mkuze, in KwaZulu-Natal, wat vinnig op pad is om as een van die grootste suikerrietboere in die wêreld gereken te word. En dít terwyl hy steeds soveel vir sy medemens omgee dat hy derduisende rande per jaar aan die opheffing van arm gemeenskappe en kleinboere bestee.

Mnr. Senekal het ná sy diensplig in 1967 as laboratorium-assistent by lllovo-suikermeule begin werk, waar hy teen 1971 die laboratorium se bestuurder was. Hy is toe daar weg om laboratoriumbestuurder by die SA Suikervereniging te word, waar hy tot 1978 gewerk het. In hierdie tyd het hy 'n kursus in suikervervaardiging aan die Natalse Universiteit gevolg en die Suikervereniging se senior sertifikaat in suikerrietverbou-ing verwerf.

Hy en sy vrou, Elize, het teen daardie tyd genoeg geld gespaar vir 'n deposito op 'n plaas van 45 ha. Hy het met 'n skuldlas van R105 000 weggespring op 'n plaas wat verwaarloos en sonder werktuie was. Ekonome het hom net 'n skraal kans op welslae gegee, maar danksy harde, toegewyde werk het hy sy kritici verkeerd bewys en ná net twee jaar sy tweede plaas gekoop en ses maande later nóg een. Vandag besit die Charl Senekal-trust 25 suiker- en wildplase.

Ná net vyf jaar was hy die grootste suikerboer by Pongola en ná 18 jaar is hy die grootste in Suid-Afrika. Die afgelope jare beklee hy gereeld die eerste of tweede plek. Hierdie situasie gaan binnekort drasties verander, want hy is besig om die suikerrietboerdery te vergroot en beoog om oor drie jaar 5 000 ha suikerriet onder besproeiing te verbou. Daarvoor het hy genoeg grond, want 6 000 ha van sy 14 600 ha is geskik vir besproeiing.

Wanneer ál hierdie suikerriet in volle produksie is, sal hy onteenseglik Suid-Afrika se grootste produsent en een van die grootste private suikerboere ter wêreld wees.

Sy produksie behoort vanjaar reeds 250 000 ton suikerriet te beloop en volgende jaar 350 000 ton. Sy mikpunt is om uiteindelik 600 000 ton suikerriet per jaar te produseer, wat teen 2006/07 sowat R151 miljoen werd sal wees. Daarom het hy 'n lewensvatbaarheidstudie oor die moontlikheid van sy eie suikermeule op die plaas gedoen. Die uitslag was só gunstig dat hy eersdaags met die bouwerk aan die meule gaan begin.

Die meule gaan met die samewerking van 'n groep swart boere gebou word. Suid-Afrika voer tans 1,3 miljoen ton suiker per jaar uit, maar daar is ruimte vir meer. "Ek het groot vertroue in die suikerbedryf, want dit is een van die stabielste landboubedrywe. Daarom kan 'n mens met veiligheid groot bedrae geld daarin belê," sê mnr. Senekal. Boonop geniet die suikerbedryf ook sterk steun van die Regering.

Hy lewer sy suikerriet aan drie groot suikermaatskappye, naamlik TSB, Illovo en Tongaat Hulett. As hy sy eie meule het, sal hy uiteraard alles self verwerk en ook suikerriet van omliggende boere ontvang.

Die boerdery bestaan hoofsaaklik uit die produksie van suikerriet op 2 400 ha by Mkuze, 1 100 ha by Komatipoort en 30 ha by Pongola. Hy boer ook met 80 ha sitrus en 30 ha mango's by Komatipoort.

àl die suikerriet is onder besproeiing, hoofsaaklik spilpunte, en in 'n mindere mate pype wat deur werkers verskuif word. Hy verkies spilpunte, want só bespaar hy geld aan arbeid. Op 5 000 ha suikerriet sou hy 33 werkers moes hê om die pype te verskuif. Hul salarisse sou sowat R400 000 per jaar beloop. Spilpunte op dieselfde plaasgrootte verg net een werker. Besproeiing met spilpunte is ook doeltreffender as handlyne, want die opbrengs is 12 % tot 15 % hoër.

Mnr. Senekal het 490 werkers heeltyds in diens, van wie 100 heeltyds met uitbreidings gemoeid is, soos die ontbossing van grond en die verwydering van klippe voordat die grond geploeg en beplant kan word.

Sy bestuurspan bestaan uit twee hoofbestuurders, 'n finansiële bestuurder en ses afdelingbestuurders. Twee van sy drie seuns, Dreyer en André, is afdelingbestuurders, die naasoudste seun, Charl, studeer tans in die landbou-ekonomie en sluit hom eersdaags by die bestuurspan aan, en sy dogter, Marí, studeer toerisme en begin ook einde vanjaar op die plaas werk om die toerismedeel uit te brei. Sy vrou is betrokke by die welsyn en algemene higiëne van die werkers en gee ook leiding ten opsigte van ontwikkeling, veral dievan die wildplaas.

Mnr. Senekal is altyd bereid om sy kennis, tyd en hulpbronne te gebruik om sy bedrywe te bevorder. As lid van die Suikervereniging se komitee vir alternatiewe gebruike van suiker, lewer hy baie bydraes. Hy was 12 jaar lank bestuurslid en 5 jaar lank ondervoorsitter van die Pongola Suikerkwekersvereniging, voorsitter van die Meulgroep-raad van Pongola vir drie jaar en ondervoorsitter vir vyf jaar, direkteur van die Suikerrietkwekersvereniging vir vier jaar en direkteur van Natalagri vir ses jaar.

Die familietrust doen ook baie vir opkomende boere en die plaaslike gemeenskap. Hulle is besig om 300 ha se suikerrietlande, wat R15 miljoen werd is, vir R9 miljoen aan sommige van hul werkers te verkoop. Sewentig swart werkers sal uiteindelik aandeelhouers wees. Mnr. Senekal gaan hulle eers vir vyf jaar met die bestuur help, terwyl hy take geleidelik aan hulle oordra.

Hierdie werkers kwalifiseer vir skenkings van 'n geskatte R5 miljoen van die staat. Die res sal deur die Land Bank teen 'n rentekoers van 9 % tot 10 % gefinansier word. Dit sal elke aandeelhouer in staat stel om maandeliks sowat R2 000 ná aftrekkings te verdien. Tongaat Hulett het aangebied om hul suikerriet teen 'n gesubsidieerde prys van R35 per ton na die suikeraanleg by Empangeni te vervoer. Diesubsidie sal jaarliks verhoog word en 50 jaar lank in stand gehou word.

Senekal Boerdery is by talle opheffingsprojekte betrokke en het 'n trust gestig om arm gemeenskappe by te staan. Uiteindelik sal R200 000 tot R300 000 jaarliks daaraan bestee word. Hulle het reeds baie grond geskenk. Dit sluit grond in vir huise vir 160 gesinne wat ná 'n vloed dakloos gelaat is; 2,5 ha se grond van R500 000 vir die plaaslike dorpsraad se nuwe kantore; grond vir 'n braaikuiken- en eierboerdery om vigswesies te onderhou; grond en 'n gebou vir 'n rollermeule vir vroue in die afgeleë Ingwavuma-distrik, en 2 ha grond vir groentetuine vir die plaaslike gemeenskap. Hulle het ook 32 ha grond op Mkuze teen halfprys aan die staat verkoop vir die bou van 400 huise. Van volgende jaar af gaan hulle elke jaar 'n klaskamer by die plaaslike skool bou om mettertyd opleiding tot graad 12 moontlik te maak.

Lesers wat meer wil weet, kan in verbinding tree met Senekal Boerdery, Posbus 52, Pongola 3170; tel. 034 413 1737; faks 034 413 1317; e-pos: sensugar@lantic.net

Uitgawes word met ysterhand beheer

Senekal Boerdery van mnr. Charl Senekal is suiwer op finansiële doeltreffendheid en streng dissipline geskoei. Die boerdery is ten volle gebaseer op 'n kontantvloeibasis. Finansiering is gewoonlik uit eie bronne ('n oortrokke bankrekening), eerder as lenings.

Hulle doen koste-ontledings met 'n rekenaar. Daarna word die boerdery se koste met dievan 'n studiegroep en bedryfsyfers vergelyk. Hulle het 'n heeltydse boekhouer, met 'n personeel bestaande uit drie vroue, wat ook die personeelbestuur behartig. Bestuurders word beboet as hulle onnodige voorraad koop. Vir alle aankope word drie skriftelike kwotasies verkry om te verseker dat die inset- en ander koste so laag moontlik gehou word.

Om besteding in toom te hou, word alle aankope van meer as R2 000 deur mnr. Senekal goedgekeur, want hy beheer uitgawes met 'n ysterhand. Hy vergader sover moontlik elke dag met sy finansiële bestuurder om aankope eers te bestudeer en skriftelik goed te keur.

Hulle stel elke maand 'n wins-en-verlies-staat op sodat knelpunte betyds aandag kan kry. Alle koste word dan ontleed sodat hulle presies weet hoeveel geld elke afdeling, bedryf, voertuig en item op die plaas die boerdery kos.

Mnr. Senekal besit sy eie landbouchemiese onderneming, Senchem, wat hy in 1980 gestig het om sy inkomste aan te vul. Omdat hy sy eie aankope van chemikalieë op hierdie wyse teen kosprys bekom, verlaag dit sy insetkoste en verhoog sy wins. Hy het ook 'n sakekompleks op Pongola.

Mnr. Senekal het 'n werkerskomitee om met die bestuur van sy groot arbeidsmag te help en hulle word by alle besluite en tugmaatreëls betrek. Die personeelbestuurder is Zoeloe magtig en skakel nóú met hierdie komitee oor personeelsake.

Die plaaswerkers se vergoeding is meer as dubbeld soveel as wat in die distrik betaal word. Presteerders kry aansporingsbonusse. Veldwagters op die wildplase kry byvoorbeeld R2 000 vir inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van wilddiewe lei. Salarisaanpassings word jaarliks gedoen en alle werkers kry in Desember 'n 13de tjek as bonus.

Twee seksiebestuurders (baie senior poste) word deur swart werkers beklee en elkeen bestuur 350 ha suikerriet. Omdat hulle presteerders is, kry hulle bogemiddelde salarisse. Hulle word as senior bestuurslede in die boerdery erken. Hulle het uitvoerende magte en moet self werkers aanstel en personeel ontslaan wat nie aan die vereistes voldoen nie.

Die dagtaak word elke oggend met 'n kort vergadering begin. Danksy goeie arbeidsverhoudinge is daar selde werknemers wat bedank.

Die boerdery glo aan opleiding en baie van die werkers word jaarliks op die plaas deur die Suikervereniging in verskeie take opgelei.

Vir ontspanning van die werkers en hul gesinne is daar sokkervelde, tennisbane en 'n krieketveld op die plaas.

Ekotoerisme gaan groter rol speel

Benewens die suikerrietplase het mnr. Charl Senekal ook 'n wildplaas, Hlambanyati, van 9 200 ha, waar vier van die Groot Vyf voorkom. Die uitsondering is leeus. Hy het dertien olifante, twee renosters, baie buffels en luiperds. Daar is ook groot getalle rooibokke, waterbokke, njalas, kameelperde, koedoes, blouwildebeeste en selfs krokodille. Die wild is sowat R15 miljoen werd. Die hele wildplaas is goed omhein om selfs die olifante binne te hou.

Landbou- en ekotoerisme lê hom ná aan die hart. Daarom het hy luukse gastehuise op die wildplaas gebou en is hy ook besig om ander verblyfplekke op te rig sodat hy groot groepe toeriste kan huisves. Hy beplan 'n tentkamp en rondawels om goedkoper verblyf aan plaaslike toeriste te verskaf. Mnr. Senekal het boonop 'n aandeel in die Pongola-wildtuin.

'n Akademie vir ekotoerisme word tans beplan, waar die natuur aan skoolkinders en ander belangstellendes bekend gestel kan word. Die plaas is by uitstek geskik daarvoor, want daar is twee natuur-erfenisterreine op die plaas. Só 'n terrein moet ingevolge wetgewing natuurlik gehou word om dit vir die nageslag te bewaar en geboue mag nie daar opgerig word nie. Hulle gaan 'n wandelroete uitlê, wat deur 'n koorsboomwoud en verby broodbome sal lei.

Hy is ook besig om 'n luukse hotelboot op die Pongolapoortdam te bou. Dit sal 75 meter lank en 15 meter breed wees en sowat 40 mense in luukse kajuite kan huisves. Groepe van 300 tot 400 mense sal daarop onthaal kan word. Dit behoort in 2003 voltooi te wees.

Hy kyk op 'n breër front na die wildbedryf en toerisme as net sy eie wildplaas. Daarom doen hy baie vir ekotoerisme. Die familie het grond op Mkuze aan die Departement van Toerisme geskenk vir 'n toerismesentrum om toerisme in hierdie streek te bevorder.

Pypleiding bring water 8,5 km ver

Weens die swak gehalte van die water in die Mkuzerivier wat oor sy plaas vloei, het mnr. Charl Senekal sy eie waterpypleiding van R22 miljoen gebou om die suikerriet met beter water uit die Pongolapoortdam te besproei. Dit het 'n deursnit van 1,4 meter en kan 3 000 liter water per sekonde oor 'n afstand van 8,5 km na sy grootste plaasdam (met 'n houvermoë van drie miljoen kubieke meter) bring.

Van daar af vloei die water na die ander damme waaruit die landerye besproei word. Daar is dus geen verdere pompkoste nie. Diepypleiding speel 'n belangrike rol in sy strewe om die wêreld se grootste suikerrietboer te word. Hy het 'n waterkwota van 45 miljoen kubieke meter water per jaar, wat genoeg is om 5 000 ha tot 6 000 ha grond te besproei.

Die staat sou aanvanklik self so 'n pypleiding gebou het om water aan die plattelandse gemeenskap te voorsien, maar moes die plan weens 'n gebrek aan geld laat vaar, omdat dit R67 miljoen sou kos. Mnr. Senekal het toe aangebied om die pyplyn te bou, wat hy teen R22 miljoen voltooi het deur feitlik ál die werk met sy eie personeel te doen. Die pypleiding is dus nie net tot sy eie voordeel nie, maar verskaf ook water aan medeboere, wat groot landbou-ontwikkeling moontlik maak. Dit lewer ook water vir huishoudelike gebruik aan 450 000 mense in die omgewing, wat gedurende droogtes 'n watergebrek het, en aan die plaaslike hospitaal.

Hierdie reddingsdaad het aan hom groot lof van die Vise-president, mnr. Jacob Zuma, en die Minister van Waterwese en Bosbou, mnr. Ronnie Kasrils, besorg. Mnr. Kasrils het hom beskryf as 'n voorbeeld van die eenheidsgees wat help om verandering in Suid-Afrika teweeg te bring. Die President, mnr. Thabo Mbeki, het ook al na mnr. Senekal verwys toe hy hulde gebring het aan Afrikaners wat hul tyd en hulpbronne gebruik om agtergeblewe gemeenskappe te help ophef. Mnr. Senekal is in Februarie 2001 na die Parlement genooi, waar mnr. Kasrils hom tydens sy begrotingsrede vir die pypleiding bedank het. 22 November 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
-0.2%
Rand - Pond
19.33
+0.3%
Rand - Euro
17.41
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.72
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,642.05
-0.1%
Silwer
18.63
-1.3%
Palladium
2,070.50
-0.1%
Platinum
861.50
+0.4%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
56,610
-0.9%
Alle aandele
62,875
-0.9%
Hulpbronne 10
55,130
-2.1%
Industriële 25
78,441
+0.0%
Finansiële 15
13,958
-1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
I Just love my life..... What about you....
I am a Lady with strong values in life. What you see is what you get. A plain Jane. Love the outdoor and try to make the best of each day. Elke nuwe dag is net geleen vir ons....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot