Met stygende insetkoste op almal se lippe span ál meer boere saam om gesamentlike bedingingsmag te verkry om produksiemiddele goedkoper te bekom.
Een só ’n groep, die VS Groeiersgroep, is nie bloot ’n koopgroep nie, maar eintlik ’n boerderygroep, sê mnr. Christo Cronjé, die groep se voorsitter. Die lede bewerk saam ongeveer 80 000 ha grond.
“Geld beland gewoonlik iewers tussen die boere en insetverskaffers in middelmanne se sak. Dit is geld wat eintlik die boere toekom. Boere kan soms nie individueel vir afslag beding nie, maar saam kan ’n groep boere sterker staan.”