AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9034
-58,00
CORN
04 Okt
-
4793
-93,00
SOYA
04 Okt
-
9140
-40,00
SUNS
04 Okt
-
10169
-11,00
WEAT
04 Okt
-
7192,2
-6,80
WMAZ
04 Okt
-
4919
-65,00
YMAZ
04 Okt
-
4853,8
-76,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Boerderystelsel vir omgewing ontwikkel

Vanjaar se Graanprodusent van die Jaar boer só ver wes met graan dat kenners hom afgeraai het om dit te probeer doen. Hy het almal egter verkeerd bewys deur 'n boerderystelsel te ontwikkel wat werk.

Jare gelede het graanwetenskaplikes mnr. Deon Bothma van Mareetsane in Noordwes afgeraai om mielies te plant, "want dit is te ver wes, te warm, te sanderig en te droog".

Hy het gelukkig nie geluister nie, maar eerder 'n mieliestelsel ontwerp wat die streek pas en waarop sy boerdery gedy; diedat hy as Graan SA se Mielieboer van die Jaar vir 2002 aangewys is.

Kostedoeltreffendheid en die omdraai van sente speel 'n belangrike rol in hierdie boerdery. Dit is gegrond op goeie wisselbou, grasrusoeste, braaklande, 'n lae plantestand en alternatiewe bronne van inkomste vir die graan. Mnr. Bothma en sy seun, Gawie, van die plaas Newry het 'n gemengde boerdery met graan op droëland, vleisbeeste, wild, eksotiese voëls en vrugte. Hulle saai 2 200 ha wit mielies en 600 ha tot 1 400 ha sonneblomme.

Die wisselboustelsel bestaan uit mielies en sonneblomme vir vyf jaar, wat vir vyf jaar met 'n grasrusoes (borseltjiegras) afgewissel word. Hy plant mielies nooit langer as twee jaar ná mekaar op dieselfde land voordat hy dit met sonneblomme afwissel nie.

Die borseltjiegras bekamp in daardie tyd grondgedraagde siektes baie doeltreffend en aanvullend tot die rol wat die afwisseling van mielies met sonneblom reeds speel. Die gras word deur beeste bewei, waarna dit ná vyf jaar uitgeploeg word en die siklus weer van voor begin.

Die tempo waarteen kleigrond water aan 'n plant beskikbaar stel, is stadiger as sandgrond en kan tydens piekwaterbehoeftes nie vinnig genoeg in die plante se behoeftes voorsien nie. Sulke grond is gevolglik hoërisikogrond vir kontantgewasse.

Presisieboerdery speel 'n belangrike rol. Al die lande is sedert 1986 gekarteer. Elke land se gemiddelde opbrengspotensiaal op lang termyn is bepaal en dit word jaarliks hersien, met inagneming van die hoeveelheid vog wat van die vorige oes oorgedra is.

Vogbewaring is baie belangrik. Daarom word die lande skoon van onkruid gehou om vogverliese te beperk. Die bogrond moet los wees om die indringing van reënwater te bevorder. Weens die gevaar van kopvrot doen mnr. Bothma nooit twee jaar ná mekaar stoppelbewerking op 'n land nie.

Hy stel gereeld ondersoek in na moontlike verdigtingslae en laat hom deur die resultate van 'n penetrometerlesing lei om te besluit of hy die grond diep met 'n skeurploeg moet bewerk. Die grond in diestreek is ingewaaide sand. Die kleifraksie word deur kaoliniet-kleiminerale oorheers, wat die grond swak rek- en krimpeienskappe gee. Dit verhoog die nadelige uitwerking van 'n verdigtingslaag op wortelontwikkeling.

Mnr. Bothma se mielie-opbrengs het met 50 % gestyg sedert hy met grasrusoeste begin het. Die uitwerking op die sonneblomoes is moeilik om te bepaal, want hy het nog nooit hierdie gewas dadelik ná gras geplant nie. Dit behoort nogtans te help, want die organiese materiaal wat die grasse in die grond laat, is goed vir enige gewas.

Wanneer 'n land se vyfjaartydperk onder borseltjiegras verby is, sny hy dit op die laatste in Junie met 'n skottelwerktuig in om vog vir die volgende somer te begin bewaar en die graswortels genoeg kans te gee om te verrot en organiese materiaal vorm. Dan ontleed hy die grond om die grondsuurheid (pH) te bepaal. As die pH nie reg is nie, dien hy kalk toe en ploeg dit in. As die pH nog reg is, doen hy 'n bewerking met 'n tandwerktuig.

Hy stel ook vas of daar verdigtingslae is en breek dit met 'n skeurploeg as dit nodig is. Die grond is dan gereed vir planttyd, wat van 28 November tot 15 Desember vir mielies is. Al bewerkings wat daarna nodig is, is om onkruid met 'n rolstaafskoffel te bekamp.

Mnr. Bothma plant net kort en mediumgroeiers, wat in hierdie omgewing beter as langgroeiers aard. Hy verkies 'n stand van 12 000 mielieplante/ha en 'n rywydte van 2,3 m pleks van 1,5 m. Met een trekkerbeweging dek hy dus 6,9 m pleks van net 4,5 m. Dit is ter wille van kostedoeltreffendheid, die kern van sy hele boerdery, "anders sien jy jou agterwêreld", sê hy.

Breëblaaronkruide word betyds met 'n vliegtuigbespuiting bestry. In die vierblaarstadium volg 'n skoffelbewerking en bobemesting, en as dit later nodig is, nog 'n skoffelbewerking.

Die mielies word teen 12,5 % tot 14 % vog geoes, die maksimum toelaatbare vog vir lewering aan die graankopers en landboumaatskappye.

Ná die mielie-oes doen hy 'n winterbewerking met die klem op die bekamping van winderosie en winteronkruid. Die grond word ook so min moontlik bewerk om koste te bespaar.

Weens die baie hitte-eenhede plant hy al einde September en begin Oktober sonneblomme (25 000 plante/ha), want die saad groei nie goed as die grond te warm is nie. Die sonneblomme word in Februarie of Maart geoes en dan word die grond weer vir die volgende mielie-oes gereed gemaak. Die grond lê dus lank braak voor die volgende mielies en kan baie vog opgaar. Gedurende hierdie tydperk doen mnr. Bothma twee skoffelbewerkings, wat gewoonlik genoeg is om onkruid te bekamp. Soms is dit nodig om onkruid met die hand te skoffel.

Wanneer die wisselbousiklus weer van voor begin, plant hy die borseltjiegrassaad reeds in Januarie tussen die mielie- of sonneblomrye. Die plantjies kom dan op en kry kans om goed te vestig voordat die graanoes ingesamel word.

Mnr. Bothma verkoop al sy mielies aan graankopers in Botswana. Hy het 'n goeie verhouding met hulle opgebou en is hul naaste verskaffer van wit mielies. Dit is dus vir albei partye lonend vanweë die betreklik kort afstand wat die mielies vervoer word. Die mielies word op kontrak aan hulle gelewer, gekoppel aan Safex-pryse. In afwagting op hoër pryse kan mnr. Bothma 1 600 t mielies in sy eie silo's op die plaas opberg.

Hy verkoop die sonneblomoes aan die hand van kontrakte met die kopers wat die beste prys aanbied. Gewoonlik is dit aan NWK Beperk se oliepersfabriek op Lichtenburg, wat die kort vervoerafstand vir boer én koper voordelig maak.

Lesers wat meer wil weet, kan met mnr. Bothma in verbinding tree by Posbus 42, Mareetsane 2715. Sy telefoonnommer is 053 988 0769 en faksnommer 053 988 0768.

Beeste gedy op borseltjiegras

Die beeste wat by die

boerdery ingeskakel is, bestaan uit 'n kommersiële vleisbeeskudde met 'n sterk

Bovelder-inslag. Hulle gedy op die smaaklike, soet borseltjiegras.

Ná goeie reënjare gebruik hy dit as staande winterweiding, want dit is goedkoper as om dit af te sny en dan vir die beeste te voer.

Die voedingswaarde daal nie noemenswaardig in die winter nie. Die borseltjiegras groei tot laat in die somer en bot weer baie gou ná die winter. Daarom kan dit deur die jaar bewei word.

Die drakrag is 5 ha/koei-eenheid ('n koei met haar kalf vir die tydperk wat hy aan haar suip). Dit is minder as die werklike drakrag, maar voorkom oorbeweiding.

Die gras word in 'n vyfkampstelsel bewei. Daar is nie 'n vaste tydsiklus vir kamprus nie, maar mnr. Bothma kontroleer die grasbedekking noukeurig en laat die gras nie so kort bewei dat die groeipunte beskadig word nie. Daar moet nog sowat 20 % materiaal oor wees. Die beeste word dan na die volgende kamp gejaag. Elke kamp kry kans om 'n jaar te rus en voluit te groei.

Die speenpersentasie is 84 en die kalwers word op sewe maande gespeen, wanneer hulle gemiddeld 264 kg weeg.

Die beeste bewei net oesreste as daar 'n droogte is, en dan ook net 'n ligte beweiding. Mnr. Bothma ploeg eerder al die oesreste in. Hy sê Suid-Afrikaanse grond se koolstofvlak daal en net 40 % tot 50 % van die oorspronklike koolstof sedert dit veld was, is in die grond oor.

Mieliereste is nie alleen in staat om genoeg humus in die grond te vorm nie. Daarom plant hy borseltjiegras as rusoes om die humusvlak te verhoog. Dit verlaag die grond se vatbaarheid vir winderosie minstens die eerste twee jaar wanneer mielies of sonneblomme weer geplant word.

Pere is 'n nuwe vertakking van die boerdery. Dit beslaan nog net 4 ha, maar mnr. Bothma doen proewe met belowende kultivars met die oog op verdere uitbreiding. Sy eerste oes het gemiddeld 3 kartonhouers van 12,5 kg elk per boom gelewer, teen 'n prys van R38/houer. Dit word as belowend beskou.

Mnr. Bothma is baie trots op sy voëlboerdery. Hy teel papegaaie en parkiete en het 400 hokke met 300 broeipare. Hy spits hom toe op skaars soorte wat teen hoë pryse verkoop word, soos Scarlet Macaw, African Grey, Amazone, Pionuse en Major Mitchell-kaketoes.

Hy was jare lank in die hoofbestuur van Graan Suid-Afrika en van dieorganisasie se voorganger, Nampo, en het ook in die Mielieraad gedien. Mnr. Bothma sê dit was 'n goeie leerskool, want hy het skouers geskuur met die beste boere in die land en baie by hulle geleer.

Aanhoudende beweiding vaar beter

Aanhoudende beweiding op borseltjiegras het in 'n proef op mnr. Bothma se plaas beter resultate behaal as wisselweiding. Daarom oorweeg hy dit nou om weg te doen met sy huidige beweidingstelsel.

Hy sê die proef is onder leiding van NWK op sy plaas uitgevoer om te bepaal watter stelsel die beste vir sy toestande is. Daar is meer as een denkrigting oor aanhoudende beweiding teenoor wisselweiding op aangeplante weiding. Daarom is die proef gedoen om duidelikheid te verkry oor die diere se prestasie en elke stelsel se ekologiese voordele.

Die kontrolegroep was mnr. Bothma se bestaande stelsel waarin hy Boveldertipe vleisbeeste in 'n stelsel van wisselweiding in 'n vyfkampstelsel bedryf, wat altesaam 300 ha beslaan. Die proefgroep was soortgelyke beeste, wat heeljaar in een kamp van 300 ha gewei het. Daar was dus geen afwisseling van kampe nie. Albei stelsels het 'n belading van 5 ha/koei-eenheid ('n koei met haar kalf vir die deel van die jaar wat sy hom soog) gevolg. Die borseltjiegras het geen bemesting gekry nie.

Die beeste het in die somer fosfaatlek gekry en in die winter proteïenlek.

Mnr. Bothma sê hy het altyd kampe in die lande gespan nadat hy borseltjiegras daarop gevestig het vir die tydperk van vyf jaar waartydens hy 'n grasrusoes in sy wisselboustelsel met mielies en sonneblom ingebring het. As hy nie draadheinings hoef te span nie, sal dit hom baie geld en arbeid bespaar. So 'n heining kos sowat R4 500/km.

Die kalwers is in albei groepe op 219 dae gespeen. Die proefgroep se kalwers het 'n 4 % beter speenpersentasie as die kontrolegroep gehad en was ook gemiddeld 12 % of 19 kg swaarder as die kontrolegroep.

Die proefgroep het minder lek gevreet. Die diere het 340 gram/dier/dag van die somerlek en 690 gram/dier/dag van die winterlek gevreet, teenoor die kontrolegroep in die kampstelsel wat onderskeidelik 570 gram/dier/dag en 1 140 gram/dier/dag gevreet het. Dit is sowat 40 % meer as die proefgroep in die stelsel van aanhoudende beweiding. Dit was waarskynlik omdat die beeste in die proefgroep onbeperkte seleksie van genoeg ruvoer gehad het.

Volgens mnr. Bothma was die kuddebestuur nie moeiliker in

die eenkamp- as die vyfkampstelsel nie. Dit is ook nie 'n probleem indien die

diere die kampe kol-kol benut en sommige dele uittrap nie, aangesien die

borseltjiegras in elk geval na vyf jaar uitgeploeg word om weer mielies en

sonneblom te plant.

1 November 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.75
+0.5%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.53
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,708.52
+0.5%
Silwer
20.93
+1.1%
Palladium
2,281.00
+2.5%
Platinum
913.00
+0.9%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,035
+2.1%
Alle aandele
65,527
+2.0%
Hulpbronne 10
63,253
+2.6%
Industriële 25
78,989
+1.9%
Finansiële 15
14,046
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my hooi vurk
Enige in my soort uniek skamerig hardwerkend dink darm ekt redelike goeie maniere. ag leer my net ken. Ek sal jou hand vashou as ons in die straat stap darm
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot