AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Boere gaan steeds te veel mielies plant

Ondanks Graan SA se aanbeveling dat boere 26 % minder wit en 14 % minder geel mielies moet plant, dui die eerste opname aan dat boere net 12 % minder wit en 4 % minder geel mielies gaan plant.

Ondanks Graan SA se aanbeveling dat boere 26 %

minder wit en 14 % minder geel mielies moet plant, dui die eerste opname aan dat

boere net 12 % minder wit en 4 % minder geel mielies gaan plant.

Buiten die rol wat die natuur gaan speel, gaan die hoeveelheid mielies wat boere plant, vanjaar deurslaggewend wees om die prys te bepaal. Graanboere het hul produksie in die vorige seisoen op 'n prys van R1 800 per ton gegrond en nie op die mark se behoeftes nie.

Hierdie seisoen sal meer ag op markneigings geslaan moet word, het mnr. Bully Botma, voorsitter van Graan SA, op 'n inligtingsvergadering op Bethal gesê.

Mnr. AndreFerreira, senior ekonoom van Graan SA, het gewaarsku dat boere hulle nie uit die moeilikheid uit kan plant deur volumes te probeer verhoog nie. "Op lang termyn sal dit 'n boer betaal om minder te plant. Dit is beter om op 'n kleiner oppervlakte wins te maak as om 'n verlies op 'n groot oppervlakte te ly."

Volgens berekenings vir die Oos-Vrystaat sal 'n boer wat 1 000 ha mielies plant, wat hom R3 970 per hektaar kos, 'n verlies van bykans R600 000 ly as hy 3,5 ton per hektaar oes en R975 per ton kry. As álle boere hul mielieproduksie met 26 % verminder, sal dieselfde boer 'n wins van sowat R365 000 maak as hy 740 ha mielies plant en 'n prys van R1 275 per ton ontvang.

Volgens Graan SA se aanbevelings moet 16 % minder sonneblomme geplant word. Terselfdertyd is daar produksieruimte vir 133 % meer grondbone, 57 % meer droëbone, 39 % meer sojabone en 25 % meer sorghum.

Die Nasionale Oesskattingskomitee se eerste opname wat in Augustus gedoen is, en waarvan die resultate in September bekend gemaak is, wys dat boere 12,3 % minder wit mielies, 3,9 % minder geel mielies, 6 % minder sonneblomme, 79 % meer grondbone, 14 % meer droëbone, 7 % meer sojabone en 28 % meer sorghum as verlede jaar gaan plant.

Mnr. Fanie Brink, adjunk-hoofbestuurder van Graan SA, het gesê 'n sterk korrelasie bestaan tussen voornemens om te plant en dít wat teen planttyd gebeur. Die Nasionale Oesskattingskomitee se syfers bewys dat die opnames van September en November oor plantvoornemens gewoonlik weinig verskil van die werklikheid. Dit gee 'n sterk aanwyser aan die mark oor verwagte vraag en aanbod en boere behoort dit in hul beplanning in ag te neem.

Volgens mnr. Nico Hawkins, senior ekonoom (markinligting), sal die surplus vir wit mielies in die bemarkingsjaar 2003/04 sowat 1,9 miljoen ton wees. Bereken teen 'n opbrengsgemiddeld van 2,4 ton/ha, 2,7 ton/ha en 3 ton/ha, en teen die agtergrond van die huidige voorneme om te plant, kan die kommersiële produksie vir die nuwe seisoen 4,4 miljoen ton, 4,9 miljoen ton of 5,5 miljoen ton beloop.

Saam met die beginvoorraad van byna 2 miljoen ton kan die totale kommersiële aanbod van 6,3 miljoen ton tot 7,4 miljoen ton beloop. Die totale vraag, uitvoer ingesluit, sal na verwagting sowat 5 miljoen ton wees. Dit kan lei tot 'n eindvoorraad (30 April 2005) van 1,2 miljoen ton tot 2,3 miljoen ton. Die benodigde pyplynvoorraad is net 530 000 ton, wat boere in dieselfde verknorsing sal laat as vanjaar (tabel 1).

In die geval van geel mielies, waar die surplus 776 000 ton is en opbrengsgemiddeldes van 2,5 ton/ha, 2,8 ton/ha en 3,1 ton/ha as vertrekpunt gebruik is, behoort die eindvoorraad op 30 April 2005 by ál drie opbrengste laer as die benodigde pyplynvoorraad te wees. Teen 2,5 ton per hektaar sal daar selfs 'n tekort van 253 000 ton wees. 'n Opbrengs van 2,8 ton/ha en 3,1 ton/ha behoort 'n eindvoorraad van onderskeidelik 40 000 ton en 333 000 ton te gee, terwyl die benodigde pyplynvoorraad 416 000 ton is (tabel 2).

Mnr. Johan van den Berg van Envirovision het gesê die grondvogsituasie in die somerreëngebied is ongunstiger as verlede jaar. Die reën-vooruitsigte vir die volgende paar maande is egter baie na aan die normale. In die begin van die reënseisoen verlede jaar was daar in die mielieproduserende gebiede van 25 mm tot soveel as 200 mm beskikbare water in die grond wat plante deur droë tye kon help. Daar is nou minder as 30 mm - en geen beskerming teen 'n droogte nie. 17 Oktober 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Net een lewe doen dit volheid
Ek soek na Liefde en harmonie, Ek is mal oor reís Lief vir golf speel en gym Om met vriende en Familie sosiaal te wees
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot