AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Boere in Swartland verbaas oor oeste ná swak reënseisoen

akkreditasie
Foto: André Brink
Foto: André Brink
Daar is ’n paar vrae wat mnr. Deon Basson oor dié jaar se wintergraanseisoen het waarvoor hy nog nie antwoorde het nie.

Een van dié vrae is waarom die gehalte van sy koringoes vanjaar van die beste nóg is.

Dít nadat sy plaas, Klipgat, buite Moorreesburg, een van die slegste reënseisoene die afgelope jaar gesien het. 

Wanneer jy deesdae verby plase in die Swartland ry, sien jy gereeld stropers deur die geel koringlande ry besig om van vroegoggend tot sonsondergang te stroop.

“Ek is heeltemal verras, want die reënval was vanjaar ondergemiddeld. Hoewel die koringoes nie naastenby so goed soos die seëning is wat ons verlede jaar gekry het nie, is dit baie beter as wat ons verwag het ons gaan kry.”

Basson beskryf 2021 as 'n uitskieterjaar toe hy 4-5 t/ha gestroop het. Hy sê gemiddelde opbrengs is sowat 3,3 t/ha.

Vanjaar het hy 1,7-2,2 t/ha gestroop.

Hy sê nes ander boere het hy sy insetkoste so laag moontlik probeer hou deur nie te bemes soos vorige jare nie. 

“Die oes is kleiner, maar wat ons nie voorsien het nie, is dat die koring se gehalte van die beste is wat ons nog gekry het - supergraad! Ons is baie dankbaar daarvoor. 

“Ek weet nie hoe dit gebeur het nie, veral ná die afgelope reënseisoen. Al wat ek kan sê is die liewe Vader se hand is orals.” 

@landbouweekblad Die video is geneem op Abri Richter se plaas Panorama in die Piketberg-distrik, Wes-Kaap, deur Linde Richter, sy seun. #landbouweekblad #koring #lbw #agriculture ? original sound - Landbouweekblad

Mnr. Abri Richter, wat op die plase Panorama en Langvlei tussen Piketberg en Eendekuil boer, sê sy koringoes is vanjaar “uitstekend” - ten spyte van ondergemiddelde reënval. 

“Die gehalte van die oes is baie goed en ook baie meer as wat ons verwag het. Ek weet nie waaraan om dit toe te skryf behalwe as een van die wonders van die natuur.”

Richer sê dit is die tweede jaar dat hy koring plant. Hy pas wisselbou met lupiene toe. 

Die prys van koring is ook vanjaar goed weens die oorlog tussen Rusland en Oekraïne. 

Mnr. Dirk Lesch wat naby Riebeek-Kasteel op die plaas Elim boer, stroop tans kanola en gaan binnekort met koring begin. Hy het die afgelope seisoen slegs 220 mm reën aangeteken – die minste sedert 1959.

Hy sê die kanola het sleg begin omdat die saadjies heelwat kleiner is as vorige jare.

Maar ná sowat 2 mm reën vroeg in Oktober het die gehalte van die kanola effens verbeter. Hoewel hy nog nie met sekerheid kan sê wat sy koringoes gaan wees nie, wil dit vir hom lyk asof daar ook “ ’n wonderwerk” in die gehalte van sy oeste vanjaar gaan wees.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot