AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9510
0,00
CORN
26 Sep
-
4809
0,00
SOYA
26 Sep
-
9306
0,00
SUNS
26 Sep
-
10108
0,00
WEAT
26 Sep
-
6960
0,00
WMAZ
26 Sep
-
4790
0,00
YMAZ
26 Sep
-
4709
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Boere moet vogbestuur opknap

Vogbestuur is 'n onlosmaaklike deel van presisieboerdery. Die meet van vog in die grond is egter een aspek van die Suid-Afrikaanse landbou waar boere nog baie het om te leer voordat hulle wérklik te alle tye seker is van die vogstatus in die landerye waar hulle hul gewasse verbou.

Vogbestuur is 'n onlosmaaklike deel van

presisieboerdery. Die meet van vog in die grond is egter een aspek van die

Suid-Afrikaanse landbou waar boere nog baie het om te leer voordat hulle wérklik

te alle tye seker is van die vogstatus in die landerye waar hulle hul gewasse

verbou.

Die landbou en bosbou beslaan 84 % van Suid-Afrika se totale grondoppervlakte. Daarvan word 16 % vir droëlandboerdery benut en net 2 % vir besproeiing. Teoreties kan 'n mens redeneer dat net 2 % van die reën regstreeks op besproeiingsgrond val. Dus kom feitlik al die water vir besproeiing uit damme of boorgate.

Dit plaas goeie en verantwoordelike waterbestuur vierkantig in die kollig en die boer moet alles in sy vermoë doen om water sover moontlik te bespaar, sonder om sy oeste te laat skade ly. Hy moet die beskikbare water met volhoubare benutting as 't ware "rek".

Lae opbrengste, veral onder besproeiing, is lankal nie meer goed genoeg nie, sê me. Astrid Hattingh, grondkundige raadgewer van Afrika Projects Plus, 'n landboumaatskappy wat onder meer in besproeiingskedulering spesialiseer.

As die boer nie die vog in sy grond akkuraat meet nie, weet hy nie wérklik of dit nat genoeg is om te plant en of die gewas in enige groeistadium nie dalk in die nabye toekoms 'n vogtekort gaan ervaar nie, wat die gewas se opbrengspotensiaal sal skaad.

Met presisieboerdery moet die boer altyd weet wat op elke deel van sy plaas aangaan. Dit begin by 'n volledige grondontleding om onder meer die grondvorm-, diepte-, suurheid en voedingstatus te bepaal. Hierdie ontleding stel hom in staat om aan die hand van 'n grondkaart elke deeltjie van 'n land volgens sy besondere potensiaal te bemes en te plant.

Talle faktore kan 'n land se opbrengspotensiaal benadeel, waaronder grondvrugbaarheid, wat struktuur, porositeit en die beskikbaarheid van elemente insluit. Die klimaat en weer speel ook 'n rol, waaraan die boer niks kan doen nie. Veral die droëlandboer is totaal van die reën afhanklik.

Weens die skaarste van water in Suid-Afrika moet droëland-, sowel as besproeiingsboere se waterbestuur baie goed wees, sê me. Hattingh.

As die grond te droog is, ly die gewasse droogte. Indien die grond te nat is, is daar te min lug in die grond en trek die plante óók aan die kortste ent.

Hierdie harde werklikheid het Geoquip, 'n Pretoriase maatskappy wat die eerste Suid-Afrikaanse neutron-grondvogmeter, die Waterman, ontwerp het, genoop om 'n boeredag op die plaas van mnr. Cees Legemaat van Rayton buite Pretoria te hou.

Hierdie nuwe grondvogmeter kos R45 030 (BTW ingesluit). Soos by ingevoerde meters meet die toestel ook die grondvog deur 'n taster te laat sak in aluminium- of plastiekpype (laasgenoemde is goedkoper) wat permanent op 'n aantal plekke in 'n land of boord aangebring word om die grondvog deur die jaar te meet.

Die taster is met 'n kabel aan die vogmeter gekoppel. Dit kan die vog op verskillende dieptes meet. Strale uit 'n radio-aktiewe neutronbron bots teen die waterstofdeeltjies in die grond en kaats dit terug na 'n aftaster, wat dit meet en 'n lesing gee van hoeveel vog daar in die grond is.

Die vogmeter werk met 'n battery en het 'n verligte uitleesskerm, sodat die boer die vogmeter ook saans kan gebruik. Die inligting wat ingesamel word, kan in die boer se besproeiingsprogram gelaai word om hom met skedulering te help.

Die ideaal is om die grondvog naby aan veldkapasiteit te hou. Dit moet nie hoër as veldkapasiteit wees nie en so ver moontlik van die verwelkpunt.

By die verwelkpunt is daar te min water vir die plant se behoeftes. Die hoeveelheid water wat tussen veldkapasiteit en verwelkpunt gehou word, is die beskikbare hoeveelheid water vir die plantwortels. As die waterinhoud tussen 100 % en 50 % van die veldkapasiteitswaarde gehou kan word, het die boer 'n reserwe vir ingeval iets gebeur wat hom verhoed om te besproei.

Met 'n meter soos die nuwe neutron-vogmeter weet 'n besproeiingsboer betyds wanneer die vog in die grond min word en kan hy water toedien net wanneer dit nodig is. Vir hierdie regte skedulering het hy sekere inligting oor veral die grond, gewas en klimaat nodig. Dit is:

Inligting oor die grondvorm, -diepte en -digtheid kan met grondontledings, profielgate en 'n penetrometer bekom word, en dieoor veldkapasiteit en verwelkingspunt met 'n vogmeter. Die boer kan dus bepaal of hy weer moet besproei.

'n Boer moet weet hoeveel die plant in 'n bepaalde groeistadium kan opneem. Hy moet dus die groeistadium, sowel as die worteldiepte en die sone waar die plant vog opneem, in sy skedulering in ag neem. 'n Gewas benodig in sekere groeistadiums meer water as ander tye. Die wortels neem ook nie op alle dieptes ewe veel water op nie.

Klimaat het 'n invloed op besproeiing. Reënval, hoeveel hy reeds besproei het, temperatuur, verdamping en humiditeit het alles 'n invloed op die tempo waarteen vog uit die grond ontsnap of onttrek word.

Met al die nodige inligting oor die hoeveelheid water in die grond en die gewas se daaglikse waterbehoeftes kan 'n boer uitwerk wanneer hy die grondwater moet aanvul om te voorkom dat die grond te droog word. 'n Kundige kan met hierdie inligting en kennis oor die weerpatroon selfs voorspel hoeveel water sy gewas die volgende week nodig gaan hê.

Verdubbel opbrengs op droëlande

Boere wat die afgelope mielieseisoen hul grondvog vooraf gemeet het om te bepaal wanneer die regte tyd is om te plant, se oeste was twee maal groter as diewat nie hul grondvog reg bestuur het nie. Hierdie resultate wys hoe belangrik vogebestuur vir droëlandboerdery is en dat droëlandboere eintlik met vog boer, wat ook hul grootste beperking is.

Anders as 'n besproeiingsboer kan 'n droëlandboer nie besproei as die mielies droog is nie. Sy vogbeplanning moet voor planttyd begin en reg deur die gewas se aktiewe groeiseisoen strek, sê mnr. Johan Prinsloo, landboukundebestuurder van Pioneer Hi-Bred in Suid-Afrika.

Sinvolle besluite oor kultivars, plantdigtheid en bemesting hang nóú saam met die tipe grond. Die grondvorm en diepte, asook die kleipersentasie moet bepaal word, omdat dit 'n uitwerking het op die grond se vermoë om water vir die plante beskikbaar te hou.

Op droëlande moet die grond se veldkapasiteit minstens 70 % wees. Waterverbruik verskil tussen sommige kultivars. Daarom moet boere vooraf bepaal wat die evapotranspirasie (mm vog/dag wat die plant gebruik) vir 'n betrokke kultivar is. Hy moet weet in watter stadium van 'n mielieplant se ontwikkeling verbruikspieke voorkom en wanneer dit nie 'n tekort aan vog mag hê nie.

Met hierdie inligting tot sy beskikking kan die boer die regte plantestand vir sy toestande bepaal en die opbrengspotensiaal vir die spesifieke land uitwerk. Diegene wat nie self die berekeninge kan doen nie, kan raadgewers daarvoor gebruik.

Die maatskappy se saadhandelaars het almal toegang tot neutron-grondvogmeters. Selfs as hulle vir droëlandboere kultivaraanbevelings doen, gebruik hulle die vogmeter om seker te maak daar is genoeg vog om te plant. Die vogmeter hoef net 'n paar keer per seisoen op droëlande gebruik te word.

Dit bring vir hierdie boere goeie resultate. Die afgelope mielieseisoen het boere in baie gevalle 1 ton/ha tot 2 ton/ha geoes, maar diegene wie se grondvog vooraf gemeet is en in die regte grondtoestande geplant het, het opbrengste van 3 ton/ha tot 4 ton/ha gehad en in sommige gevalle selfs meer.

Mnr. Prinsloo sê nuwe wetgewing oor ramphulp vir die landbou gaan na verwagting meer druk op boere plaas om byvoorbeeld in die geval van 'n groot droogte eers bewys te lewer dat 'n poging wel vooraf aangewend is om die ramptoestand te voorkom. Vir die graanboer sal dit beteken dat hy vooraf seker moet maak daar is genoeg vog in die grond voordat hy plant.

Ook die banke en ander instellings wat vir boere produksiekrediet gee, maak deesdae baie seker die boer se risiko en dus die bank s'n ook is so laag moontlik. Hier kom vogbestuur ook ter sprake.

Besproeiingskedulering is waardevol vir enige boer wat gewasse verbou, ook groente soos hierdie jong wortels wat met 'n spilpunt besproei word.

Verdigting kan opbrengs skaad

Boere moet gereeld vasstel of daar verdigtingslae in

hul grond voorkom. Hierdie harde lae in die grond kan 'n boer se drome oor 'n

hoë opbrengs groot skade berokken, omdat dit plantwortels verhoed om tot by die

vog te groei, sê mnr. Johan Prinsloo, landboukundebestuurder van Pioneer

Hi-Bred in Suid-Afrika.

'n Penetrometer kan hiervoor gebruik word. Dit bestaan uit 'n lang pen wat in die grond ingedruk word. 'n Meter dui aan hoeveel weerstand die grond bied. Bokant 'n sekere vlak van weerstand kan die wortels nie hond haaraf maak nie. Dan moet die boer die grond eers diep losmaak om die keerlaag te breek.

Die penetrometer moet op verskillende plekke in die land ingedruk word om te voorkom dat die boer dit toevallig in sagte grond gebruik, terwyl daar dalk ander kolle is waar 'n keerlaag voorkom.

Volgens me. Astrid Hattingh, grondkundige raadgewer van Afrika Project Plus, is meer inligting oor die grondlaag nodig sodat die boer kan besluit hoe diep hy die grond moet losmaak en hoe dikwels hy dit moet doen. In sommige grond vind natuurlike herverdigting vinnig plaas.

In een geval het 'n boer 'n keerlaag in Desember losgemaak en 'n maand later het die grond al weer in 'n groot mate op 'n natuurlike wyse verdig deurdat die los grond weer begin vas sak het. In sandgrond is trekkerverkeer weer 'n groter sondebok as dit by verdigting kom, want die wiele se druk op hierdie grondtipe is meer prominent as by kleigrond.

'n Penetrometer meet die gronddigtheid in kilopascal

(kPa). Die lesings vertel die boer die volgende oor sy grond:

  • By 'n lesing van 0 kPa tot 600 kPa is die grond baie

    los.

  • By 600 kPa tot 1 200 kPa is die grond los.

  • By 1 200 kPa tot 1 800 kPa begin die penetrometer

    weerstand ondervind.

  • By 1 800 kPa tot 2 400 kPa kom weerstand voor en vind

    die plantwortels dit moeilik om te groei.

  • By lesings van 2 400 kPa en hoër het die grond en die

    plant groot probleme met verdigting.

Die penetrometer moenie in baie droë grond gebruik word nie, omdat die grond dan in elk geval hard is en die verkeerde boodskap kan uitstuur. Hoe nader die grond aan veldkapasiteit is, hoe beter is die toestand waarin die gronddigtheid gemeet word.

Me. Hattingh sê boere moet nie te lank wag om verdigting op te hef nie. Hulle moet die grond dieper bewerk as wat die keerlaag is om dit doeltreffend te breek. Die diepte van grondbewerkings moet elke seisoen afgewissel word. As die boer elke keer ewe diep ploeg, sal dit die vorming van 'n keerlaag verhaas.

3 Oktober 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.08
-0.7%
Rand - Pond
19.08
+1.6%
Rand - Euro
17.41
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.74
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,637.33
-0.4%
Silwer
18.55
-1.7%
Palladium
2,087.66
+0.7%
Platinum
859.50
+0.1%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
0.0%
Alle aandele
63,417
0.0%
Hulpbronne 10
56,319
0.0%
Industriële 25
78,436
0.0%
Finansiële 15
14,142
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot