AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Buig of bars vir rooibosboere

'n Volgehoue groei in die vraag na rooibostee die afgelope droë winter en streng gehaltevereistes stel groot uitdagings aan diebedryf.

'n Volgehoue groei in die vraag na rooibostee die afgelope droë winter en

streng gehaltevereistes stel groot uitdagings aan diebedryf.

Die binnelandse en buitelandse vraag na rooibostee kan na verwagting vanjaar vir die eerste keer die 10 000 ton-kerf bereik, sê mnr. Martin Bergh, besturende direkteur van Rooibos Bpk. op Clanwilliam. Die totale vraag na rooibostee het geleidelik toegeneem van 7 600 ton in 2001 tot 9 000 ton in 2002. Vir vanjaar word 9 900 ton verwag.

In die lig van groter oeste - 6 600 ton in 2001, 7 600 ton in 2002 en 9 500 ton in 2003 - in die ooreenstemmende tydperk, is geraam dat die vraag en aanbod vanjaar in balans sou wees, met die aanbod matig groter as die vraag in 2004.

Selfs vanjaar se rekordoes van 9 500 ton kon nie verhoed dat die reserwevoorraad gedaal het tot 50 % van die 2001-vlak nie. Daarby word die aanbod deur ander faktore aan bande gelê.

Die afgelope ongewoon droë winter wat die 2004-oes geknou het, sal ook 'n invloed op daaropvolgende oeste hê. Dit is volgens mnr. Bergh te vroeg om met sekerheid te sê watter uitwerking vanjaar se droogte op 2004 se rooibostee-oes gaan hê, maar dit sal ten minste 30 % kleiner as die voorheen beraamde 11 500 ton wees. Hoewel goeie reën in Augustus 'n "benarde situasie" gestabiliseer het, is die voorraad klein.

Voordat dit in Augustus begin reën het, het mnr. Johan Brand, tegniese bestuurder van Rooibos Bpk., gesê die droogte het ook teeboere se gewasrotasie deurmekaar gekrap. "In die meeste gebiede is daar plante van twee tot drie jaar oud, wat begin terugsterf."

'n Teeplantasie hou gewoonlik ses jaar, maar elke jaar word nuwe plantasies gevestig. Aangesien die gebied so droog is, kan rooibosteesaad nie regstreeks in die grond geplant word nie. Die saailinge wat in die nat maande (Junie en Julie) geplant moet word, is eers teen middel Augustus geplant. Die gevolge daarvan sal eers ná 2004 gevoel word.

Binnelands is die vraag na rooibostee stabiel op 4 000 ton vir 2003, maar aan die uitvoerkant groei dit steeds sterk; Van 3 800 ton in 2001 tot 5 000 ton in 2 002 en 5 900 ton in 2003. "Die bedryf het tee nodig - 2005 se oes moet verkieslik 12 000 ton lewer."

As gevolg van die tekort sal Rooibos Bpk. weer in 2004 onbeperkte leweringskontrakte aan produsente bied.

Teen Desember sal die reserwes volgens mnr. Bergh 2 000 ton - net meer as twee maande se voorraad - wees. "Dit is gevaarlik laag. Dit is die grootste bedreiging vir die bedryf: Ons kan nie vir een kliënt sê ons het nie tee nie."

Met 'n tekort aan rooibostee op hande, sal 'n verhoging in die verkoopprys onvermydelik wees. "Prysverhogings sal van só 'n aard wees om die vraag en aanbod te laat klop - daarom is die finale oesskatting van deurslaggewende belang," sê mnr. Bergh. Daarbenewens sal die gaping tussen die buite- en binnelandse prys groei.

In reaksie op lae reserwes en verwagte tekorte in 2004 is die binnelandse prys op alle tee vanaf September verhoog. "Ons wil nie die binnelandse mark seermaak nie. Dit is 50 % van ons mark en het nog altyd stabiliteit verskaf, maar ons het nou 'n punt bereik waar ons dit nie teen enige koste kan beskerm nie."

Die uitvoerpryse in buitelandse geldeenhede sal vir nuwe kontrakte verhoog word.

Benewens die dalende reënval en groeiende vraag bring die streng vereistes vir chemiese oorblyfsels in landbouprodukte van veral kliënte in die Europese Unie (EU) 'n verdere uitdaging vir die rooibosteebedryf.

"Rooibos is 'n skoon, natuurlike produk, maar ons speel volgens die reëls van ons markte," sê mnr. Bergh.

Hy sê hoewel rooibosboere eintlik min plaagbestrydingsmiddels gebruik (dit word hoofsaaklik teen insekte gebruik), breek chemiese middels in rooibos stadig af omdat die plant se fisiologie so stadig is. Vanjaar is die uitdaging selfs groter, aangesien die oorblyfsels in 'n droë jaar stadiger afbreek.

"Ons moet probeer om meer biologies te boer. Rooibos leen hom eintlik goed tot organiese boerderypraktyke omdat die boere nie swamdoders spuit of kunsmis toedien nie."

Om te verseker dat hulle in alle opsigte aan die vereistes van hul kliënte voldoen, het Rooibos Bpk. verlede jaar 'n gas-chromatograaf geïnstalleer waarmee die aanwesigheid van en hoeveelheid gifstowwe in teemonsters bepaal kan word. In die 2003-seisoen kon hulle vir die eerste keer 'n gehaltestandaard aan die produk koppel deur produsente te vergoed volgens die residu-inhoud van hul tee.

Mnr. Bergh voorspel dat produsentepryse sal styg, met 'n sterk klem op tee wat geskik is vir uitvoer na EU-lande. "Tee met min chemiese oorblyfsels sal aansienlik meer verdien as ander tee."

Insekplae onder vergrootglas

Rooibos Bpk. het in 2000 'n projek

geloods oor die biologiese beheer van insekte wat die rooibosplant,

Aspalathus linearis

, beskadig.

Die projek word deur die LNR se Instituut vir Kleingraangewasse op Bethlehem uitgevoer onder leiding van dr. Justin Hatting, senior navorser van dieinstituut.

Dr. Hatting sê in die lig van die groeiende vraag na rooibostee is besluit om 'n meer volhoubare plaagbestrydingsprogram op die been te bring wat terselfdertyd ook aandag gee aan die oorblyfsels van chemiese middels en die gevolge daarvan.

Alhoewel die hoeveelheid oorblyfsels noukeurig gemonitor word om seker te maak dat dit aan nasionale regulasies voldoen, ondervind die bedryf 'n toename in die aanvraag na tee wat organies verbou is, veral in die buiteland. 'n Groot verskeidenheid insekplae val hierdie plant aan en dit is veral die landmeterwurm, glasvlerkmot en bladspringer wat die grootste skade aanrig.

Met die huidige projek word gepoog om die gebruik van insekdoders (hoofsaaklik organofosfate en peritroïed) verder te verminder en/of uit te skakel binne 'n geïntegreerde bestrydingsprogram waarin meer as een metode ingespan word.

Die wêreldwye beweging na omgewingsvriendeliker

plaagbestryding onderskraag die noodsaaklikheid van hierdie navorsing. Die

projek konsentreer hoofsaaklik op drie aspekte van nie-chemiese bestryding:

  • Die gebruik van feromone om die paringsgedrag van die glasvlerkmot te

    versteur.

  • Die gebruik van biologiese insekdoders gebaseer op bakterieë en

    swamme.

  • Die seleksie van plantmateriaal met genetiese weerstand teen sekere

    insekte.

Uitstekende vordering is gemaak en die eerste feromoonverbindings, asook biologiese insekdoders, sal gedurende die 2003-somerseisoen getoets word, sê dr. Hatting. "Navorsing van hierdie aard is 'n bewys van die rooibosbedryf se verbintenis tot die lewering van 'n trotse Suid-Afrikaanse produk met inagneming van omgewingsvriendelike beginsels vir suksesvolle insekplaagbestuur."

3 Oktober 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-0.7%
Rand - Pond
19.94
-2.6%
Rand - Euro
17.60
-1.3%
Rand - Aus dollar
11.66
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,659.71
-0.0%
Silwer
18.82
-0.4%
Palladium
2,201.50
+2.4%
Platinum
868.00
+0.2%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,921
-0.9%
Alle aandele
63,264
-0.9%
Hulpbronne 10
59,793
+3.2%
Industriële 25
76,769
-2.3%
Finansiële 15
13,707
-2.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot