Die meeste plaaslike kalkbronne en kalkprodukte het dieselfde uitwerking op grondsuurheid mits die toedieningspeil vir die kalsiumkarbonaatekwivalent voor die tyd reggestel is.
Party kalkbronne en -produkte reageer vinniger as ander, het ’n groep landboukundiges en grondwetenskaplikes van Universiteit Stellenbosch (US) bevind. Hulle het die meeste van die produkte wat plaaslik beskikbaar is, getoets.
Die navorsing was deel van mnr. Dawid du Toit se MSc-studie in grondkunde onder leiding van dr. Ailsa Hardie van die departement grondkunde en prof. Pieter Swanepoel van die departement landboukunde aan die US.