AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

China open deur vir GM-verbouing

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kommersiële boere in die somerreën­gebied is voornemens om 2,746 miljoen ha mielies in 2021 te plant, wat 135 200 ha (5,18%) meer is as wat die afgelope seisoen beplant is. Foto: Vida Booysen
Kommersiële boere in die somerreën­gebied is voornemens om 2,746 miljoen ha mielies in 2021 te plant, wat 135 200 ha (5,18%) meer is as wat die afgelope seisoen beplant is. Foto: Vida Booysen
China het pas ’n stap nader beweeg aan die kommersiële verbouing van geneties gemodifiseerde (GM) gewasse.

Die verwagte opbrengsverhogings wat dit teweeg sal bring, kan in die toekoms ernstige gevolge inhou vir lande wat veral mielies en sojabone na China uitvoer.

Die nasionale komitee wat goedkeuring vir die aanplanting van GM gewasse moet gee, het twee stappe in die proses, wat ’n veiligheidsertifikaat en kultivargoedkeuring behels. Sedert 2019 het verskeie mielie- en sojaboonkultivars die veiligheidsertifikaat ontvang, maar die ontbrekende deel was die kultivargoedkeuring, wat nou aanvaar is.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die sakekamer Agbiz, sê dit beteken dat die kommersiële produksie van GM gewasse nou ’n werklikheid in China word. “Heelwat GM mielies en sojabone word ingevoer, maar die plaaslike verbouing was tot nou toe verbied. Plaaslik is daar nou die potensiaal om opbrengste te verhoog in ooreenstemming met die land se strewe om selfvoorsienend te word wat noodsaaklike grane en oliesade betref.”

Hy sê ’n verbetering in opbrengste kan China se afhanklikheid van invoer in die toekoms verminder. Op die oomblik is China een van die wêreld se grootste invoerders van mielies en sojabone met sowat 13% van die wêreld se mielie-invoer verlede jaar en rofweg 60% van die wêreld se sojabooninvoer. “As China minder invoer, sal dit wêreldpryse afdwing, maar ons meen dit kan nie binne die volgende twee seisoene gebeur nie. Dit sal tyd kos om GM gewasse op groot skaal daar te plant.”

Sihlobo sê Suid-Afrikaanse boere en landboubesighede sal ook ’n oog moet hou op hierdie ontwikkelinge. “ ’n Toename in produksie van veral mielies in ander dele van die wêreld sal groter mededinging en afwaartse druk op pryse vir Suid-Afrika as ’n netto uitvoerder beteken. Van Suid-Afrika se sleuteluitvoerlande is Suid-Korea, Japan, Taiwan en Viëtnam. Hulle is almal naby China en as China begin uitvoer, kan Suid-Afrika gedwing word om ander markte te soek. Dit sal moeilik wees.”

Wanneer kan dit SA raak?

Mnr. Corné Louw, hoof van toegepaste dienste en lededienste by Graan SA, sê China is gelukkig so ’n enorme verbruiker van sojabone en mielies dat dit lank sal duur voor ’n toename in produksie daar Suid-Afrika sal raak. “Ons sal waarskynlik interafhanklik van mekaar wees. Dit is gewis ’n ontwikkeling wat ’n mens sal moet dophou, maar al wat ons kan doen, is om ’n doeltreffende produsent te bly en aan die voorpunt van die tegnologie te wees.

“Dit sal my uitgangspunt wees. Soos ’n rugbyafrigter sou sê: Ons moet net sorg dat ons aan die voorpunt bly. Dan hoef ons onsself nie te veel te kwel oor hoe ander spanne speel en wat hul spelpatrone is nie.”

Louw sê in die verlede het Suid-Afrika gesorg dat hy met GM-registrasies in ooreenstemming is met wat in China aanvaarbaar is. Daar is seker gemaak dat die GM-registrasies gesinchroniseer is, sodat niks Suid-Afrika verhinder om GM produkte daarheen uit te voer nie.

Sihlobo glo Afrika-lande moet ook lesse leer uit die deur wat nou in China oopgaan vir GM-produksie. Met Suid-Afrika as die uitsondering, het lande in Afrika oor jare geweier om GM gewasse kommersieel te verbou. Hy sê volgens die internasionale graanraad produseer Suid-Afrika sowat 16% van die mielies in Afrika suid van die Sahara op ’n relatief klein oppervlakte van gemiddeld 2,5 miljoen ha. Daarteenoor verbou ’n land soos Nigerië mielies op 6,5 miljoen ha om 15% van die streek se produksie te bereik.

Suid-Afrika plant GM mielies sedert die 2001-’02-seisoen. Voor dit was die gemiddelde opbrengs 2,4 t/ha en dit het verlede jaar gestyg tot gemiddeld 5,6 t/ha. In ander Afrikalande suid van die Sahara bly die gemiddelde onder 2 t/ha.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.28
+0.6%
Rand - Euro
19.61
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.7%
Platinum
969.15
+1.0%
Palladium
1,436.92
+1.4%
Goud
1,962.59
-0.6%
Silwer
23.30
-0.1%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kuier lekker saam
Ek hou van musiek, braai, kuier met vriende, kamp, ens. Tipiese introvert kom daar tye waar ek bietjie alleen tyd nodig het, en ek gun dieselfde vir my vriendin. Ek werk hard en...
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot