AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Corteva open nuwe laboratorium in Pretoria

akkreditasie
.
.
Corteva Agriscience se nuwe saadbehandelingslaboratorium in Rosslyn, Pretoria, is een van net ses van die maatskappy wêreldwyd.

Corteva Agriscience sê bedryfstoonaangewende toerusting sal by sy nuwe Centre for Seed Applied Technologies- (CSAT) laboratorium in Pretoria ingespan word, waar spesifiek aandag gegee gaan word aan resep-ontwikkeling en veiligheidstoetsing van saadbehandelingsoplossings.

Die laboratorium, wat deel is van Corteva se internasionale CSAT-netwerk, is op 5 Mei amptelik geopen. Die werk by die laboratorium is gerig op verbeterde prestasie en toegang tot hoëgehaltesaad vir graanprodusente in Afrika en die Midde-Ooste

Mnr. Venkata Subbarao Kolli, president van Corteva Agriscience in Afrika en die Midde-Ooste, het met die opening gesê die belegging wys dat die maatskappy verbind is tot die landbou in die streek en voortgesette navorsing en ontwikkeling. Dit toon die maatskappy se strewe om opbrengs deur die gebruik van die jongste tegnologie te verhoog, lewensbestaan te verbeter en volgehoue voedselsekerheid te verseker.

Die maatskappy sê saadbehandeling behels die toediening van chemiese of biologiese middels, soos swam- en insekdoders, direk op die oppervlakte van die saad, om saad en saailinge te beskerm teen insekte, swamsiekte en grondgedraagde patogene.

Saadbehandeling help om saad- en plantgesondheid, asook ontkiemingskoerse te verbeter, plante vanuit die staanspoor te beskerm wanneer hulle die weerloosste is vir insekte en siekte, en die waarskynlikheid van ’n gehalte- en verbeterde oes te verhoog.

Corteva sê danksy saadbehandeling is doeltreffende en toegespitste gebruik van aktiewe bestanddele moontlik. Dit verminder die totale hoeveelheid plaagdoders wat nodig is, en help sodoende om biodiversiteit en bestuiwers te bewaar en volhoubare landbou te bevorder.

Volgens mnr. Tony Esmeraldo, sakedirekteur van Corteva Agriscience in Suid-Afrika, versterk die CSAT-laboratorium die maatskappy se aanbod in die saadproduksiesegment.

Die Rosslyn-perseel het gevorderde toerusting waarmee verskeie toetse uitgevoer kan word om die gehalte van saadbehandeling te verseker. Die laboratorium sal Corteva se saadhandelsmerke Pannar® en Pioneer® bedien, asook ander bedryfsmedewerkers om nuwe saadbehandelingsoplossings te skep.

Volgens Kolli is daar beduidende geleentheid om biotegnologie-oplossings in die streek uit te brei. Die maatskappy het reeds ’n aantal produkte wat gunstig is vir die grond- en klimaatskenmerke van Afrika en die Midde-Ooste, maar daar is ruimte vir baie meer markvooruitgang. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot