Belanghebbendes in die graan- en olie- sadesektor, waaronder produsente, opbergers, handelaars, meulenaars, veevoervervaardigers, bakkers en verbruikers, het reeds op 11 Augustus 2021 ’n voorgestelde wysiging aan die mieliegraderingsregulasies vir die 2022-’23-bemarkingsjaar ingedien.
Die proses het traag verloop. Gevolglik het hulle op 9 Maart 2022 saam besluit om vir ’n vrywillige dispensasie te midde van die nat produksieseisoen aansoek te doen.
Die doel van die aansoek was om ’n toegewing van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling aan te vra sodat die bedryf die voorgestelde wysigings aan die graderingsregulasies reeds vir die lewering van mielies vir die 2022-’23-bemarkingsjaar kan toepas.