Die afgelope vyf jaar het die sojaboonbedryf reusetreë vorentoe gegee. Met groter aanplantings en ’n plaaslike behoefte aan oliekoek vir voer, raak die behoefte om ’n hoër opbrengs en ’n hoër olie- en proteïeninhoud te lewer, ook groter.
Sowat 60% van die waarde van soja is van die meel afkomstig, en die ander 40% van die olie. Dus is die gesamentlike inhoud van proteïen en olie in sojaboonsaad belangriker as die proteïen en olie afsonderlik.
Die voerbedryf vereis ’n minimum van 46% proteïen in sojaboonmeel (met 12% voginhoud) om te verseker dat die voer wat deur die bedryf vervaardig word, aan die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels (Wet 36 van 1947) voldoen.