AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

El Ni

El Niño is terug. Hoewel dit lyk asof Suid-Afrika nie so erg gaan deurloop nie, moet voorsorg getref word deur vir die ergste te beplan. Dít is die mening van kenners oor wat in die komende somer vir saaiboere voorlê.

El Niño is terug. Hoewel dit lyk asof Suid-Afrika nie so

erg gaan deurloop nie, moet voorsorg getref word deur vir die ergste te beplan.

Dít is die mening van kenners oor wat in die komende somer vir saaiboere

voorlê.

Statistiese norme dui daarop dat Suid-Afrika in Desember die gevolge van 'n El Niño-verskynsel sal ervaar. Gelukkig lyk dit of dit die weer slegs matig sal beïnvloed, sê die bekende weerkenner mnr. Sakkie Nigrini.

In El Niño-fases beweeg die een koue front ná die ander van wes na oos en beleef die winterreëngebied gewoonlik 'n goeie seisoen. In die somerreëngebied kom droogtes gewoonlik intenser voor, hoewel die teenoorgestelde in uitskietjare moontlik is.

Die voorkoms van die El Niño-verskynsel word veroorsaak deur stygende see-oppervlaktemperature in die Stille Oseaan. Drie gebiede tussen die weskus van Suid-Amerika tot noord van Australië word gebruik om voorspellings oor El Niño te doen.

Weerkundige modelle het in Januarie al aangedui dat 'n El Niño-fase voorlê. Die gegewens wat deurentyd aangepas en deur kenners ontleed en vertolk word, het teen Mei aangedui dat die invloed van die verwagte El Niño-fase op Suid-Afrika se klimaat aansienlik verswak het en dat die land net matig beïnvloed kan word.

Die aanduidings was toe dat goeie reën in Oktober en November in die somerreëngebied verwag kan word, maar dat dit nog te vroeg was om te voorspel wat in Desember en Januarie, die maande wat El Niño sy angel gewoonlik veral in die westelike produksiegebied laat voel, gaan gebeur.

Berigte uit Amerika lui egter dat El Niño met mening terug is. "Vyf jaar nadat feitlik die helfte van die planeet getref is, is El Niño terug en tref dit Latyns-Amerika met moordende reënstorms. Dit bedreig ook groot dele van die wêreld met droogtes, oorstromings en verwoesting.

"Stygende see-oppervlaktemperature in die ekwatoriale Stille Oseaan wat teen Mei al 1 °C bo normaal was, is 'n seker teken dat El Niño terug is," sê die Amerikaanse departement van oseanografie en atmosfeer.

Die El Niño-verskynsel word geblameer vir geweldige reënstorms in Chili waarin 13 mense dood, 10 000 geboue beskadig en 65 000 mense uit hul huise verdryf is.

In Colombia is 16 mense dood en word 13 ná soortgelyke storms vermis en in die Honduras is nege mense dood.

Maar, lui die berigte, die huidige El Niño is aansienlik makker as dieeen in 1997/98 toe dit verantwoordelik was vir die ergste storms in die twintigste eeu. Toe is 22 000 mense dood en skade van $32 miljard (R320 miljoen) is aangerig.

Die klimaatsveranderings word veroorsaak deur die verwarming van die see-oppervlak in die Stille Oseaan wat windstelsels verander en die wêreld se klimaat beduidend omroer.

Die verskynsel is El Niño gedoop deur Suid-Amerikaanse vissermanne omdat die verwarming van die oseaan in die tyd om Kersfees plaasvind. Hulle het dit toe Die Kind (El Niño) genoem.

Mnr. Johan van den Berg van Enviro Vision, Bloemfontein, sê in sy jongste verslag oor die klimaat dat El Niño teen 7 Mei betreklik sterk ontwikkel het, maar teen einde Mei was die voorspelling aansienlik matiger en is 'n El Niño-tipe ontwikkeling eers teen November 2002 voorspel.

"Om verdere verwarring te skep, toon die werklike ontwikkeling in die laaste week van Mei 'n dramatiese wending met 'n tipiese El Niño-patroon.

"Dieontwikkeling sal heel waarskynlik toekomstige voorspellings beïnvloed om 'n sterker El Niño-ontwikkeling aan te dui," lui die verslag.

Die Suidelike Ossillasie-indeks (SOI), wat bereken word as die verskil in barometriese lugdruk tussen Tahiti in die Stille Oseaan en Darwin in Noord-Australië, gee 'n betreklik goeie aanduiding van die stand van die El Niño-verskynsel.

In November verlede jaar het die SOI op +8,96 gestaan en geleidelik gedaal tot op +6,7 op 28 Februarie vanjaar. Einde Maart was dit -5,87, einde April -3,4, einde Mei was dit -14,18, op 4 Junie was dit -17,59 en op 24 Junie was dit -7,29. Tydens die El Niño-fase van 1998 het dit tot sowat -28 gedaal.

Mnr. Martiens du Plessis, grondkundige van NWK op Lichtenburg, sê Suid-Afrika se weer word beïnvloed deur die El Niño-verskynsel, die seetemperatuur teenoor die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal en die heersende stelsels wat reën bring.

Hy het aan lede van die studiegroep Lichtenburg-Wes gesê dit beteken dat El Niño se invloed op Suid-Afrika se reënval net sowat 30 % is en dat El Niño-jare eintlik net 'n groter waarskynlikheid van minder as die gewone reënval beteken.

Indien die El Niño-verskynsel versterk, kan dit 'n ernstige midsomerdroogte tot gevolg hê, maar hy is eintlik meer bekommerd oor die opgegaarde grondvog.

In die westelike produksiegebied is groot misoeste in die verlede veroorsaak deur 'n swak grondvogstatus in die begin van die plantseisoen wat opgevolg is deur minder reën as die gewone.

Boer moet bedag wees op die

ergste

Spits die hele bestuur toe op die ergste. Alle

bewerkings moet bevorderlik wees vir waterindringing en vogbewaring, sê mnr.

Martiens du Plessis, grondkundige van NWK op Lichtenburg.

Hy raai boere

aan om 'n verskeidenheid gewasse te plant, die plantestand binne perke te hou en

kultivars te kies wat in moeilike toestande steeds bevredigend

presteer.

Proewe in die jare negentig het gewys dat minder swaar bewerkings

in droër jare beter werk omdat dit waarskynlik sorg dat grondvog beter bewaar

bly.

Hy glo boere moet vanjaar net onderhoudsbewerkings doen met sny- en

skoffelwerktuie op lande waar kalk nie diep ingewerk hoef te word

nie.

Verlede jaar het hy vogmetings gedoen in lande waar geenbewerking

toegepas is, waar ligte bewerkings met 'n skoffelwerktuig gedoen is en waar

geploeg is. Die lande waar geenbewerking gedoen is, het die meeste vog in die

bogrond gehad. Die land wat geploeg is, het verreweg die minste vog in die

bogrond gehad en dit was totaal uitgedroog. In die ondergrond was die voginhoud

van die grond vir ál drie bewerkings feitlik dieselfde.

Verdigtingslae moet

met 'n skeurploeg losgemaak word.

Gewaskeuse is nóg 'n bestuursinstrument wat

gebruik kan word en boere moet diversifiseer om hul risiko te versprei. Hy glo

sonneblomme behoort dieplantseisoen ernstig oorweeg te word. Grondbone kan ook

oorweeg word.

By kultivarkeuse moet boere vanjaar nie tehoog mik nie, maar

eerder kultivars kies wat droogte en hitte goed kan verdra en tog nog 'n goeie

opbrengs kan gee as dit genoeg sou reën, sê mnr. Du Plessis.

Meerkoppigheid

is 'n belangrike eienskap om in gedagte te hou, en basters met 'n hoë

oessekerheidswaarde by opbrengste van 2 t/ha tot 2,5 t/ha behoort voorrang te

geniet.

Die plantestand behoort konserwatief te wees. Met sterk meerkoppige

basters kan dit so laag as 12 000 tot 14 000 plante per hektaar wees, in rye wat

2,3 m uitmekaar geplant is. Boere kan selfs verder gaan en die rye 2,9 m

uitmekaar plant, dieselfde plantestand gebruik en dan aanstaande jaar tussen die

rye plant om só die oorgedraagde vog te benut.

Sonneblomme se plantestand

behoort van 25 000 tot 30 000 plante per hektaar te wees, in rye wat 1,5 m of

0,9 m van mekaar af is.

Grondbone kan teen 110 000 tot 120 000 plante per

hektaar verbou word, met die plante wat 75 mm tot 100 mm uitmekaar is, ongeag

die rywydte.

Bemesting met planttyd behoort dieselfde te wees as in normale

jare en moet só geplaas word dat die wortels so vinnig moontlik en so diep

moontlik in die grond indring sodat ondergrondse vog ook benut kan word.

Waar

rye 2,1 m uitmekaar is, kan die gemiddelde bemestingmengsel met planttyd bestaan

uit 20 kg stikstof en 8 kg fosfor. Kalium en kalk moet net toegedien word as dit

nodig is.

Bobemesting gee aan die boer die geleentheid om die reënval dop te

hou en aanpassings te doen. Boere behoort te kyk hoe nat die grondprofiel is as

die mielies vyf weke tot ses weke oud is. As die grond nat is, behoort 'n

stewige bobemesting toegedien te word om 'n goeie opbrengs te verseker.

As

die grond egter droog is en die reënvooruitsigte is swak, behoort bobemesting

nie toegedien te word nie.

Onkruid is gewoonlik onaanvaarbaar, maar veral in

droë jare kan die mededinging van onkruid glad nie geduld word nie. Die uitsluitlike oogmerk moet wees om die reën in die grond in te kry, dit daar te hou en die mielieplant in staat te stel om dit volledig te benut deur goeie wortelontwikkeling en die uitskakeling van mededinging. 2 Augustus 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opskrif
Ek is fun Om mee SAAM te wees. Hou van lag en Om te bederf. Hou van Kos maak, movie, shopping, uit eet, rond te loop in malls love Dans rugby braai . Om te hug hande vas the Hou...
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot