AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Finale nekslag vir doemprofete oor oesgrootte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mielies naby Hoopstad in die Vrystaat gedurende Januarie 2023. Foto: Werner Rossouw
Mielies naby Hoopstad in die Vrystaat gedurende Januarie 2023. Foto: Werner Rossouw
Die finale berekeninge vir verlede jaar se someroeste dui in sommige gevalle op nog groter oeste as wat selfs in die finale skatting in November voorspel is.

Die skakelkomitee vir die oeskattings het in sy finale oorsig, waarin werklike lewerings en terughoudings op plase ook in berekening gebring is, 2022 se mielie- en sojaboonoeste nog opwaarts aangepas. Dit volg nadat doemprofete verlede jaar deurgaans gesê het die oesgroottes word oorskat weens die nat toestande wat gegeld het.

Die finale skatting vir kommersiële mielies deur die nasionale oesskattingskomitee (NOK) in November verlede jaar was 15,387 miljoen ton. Die komitee het dit nou met ’n verdere 82 800 ton (0,54%) tot 15,470 miljoen ton opgestoot. Die komitee grond sy finale berekeninge op werklike lewerings van 14,566 miljoen ton, nog lewerings van 337 000 ton tot einde Februarie en terughoudings vir eie gebruik op plase van 567 000 ton.

Die herberekende oesgrootte vir witmielies is 7,850 miljoen ton, wat 60 250 ton (0,77%) meer is en vir geelmielies is dit 7,620 miljoen ton, wat 22 550 ton (0,30%) meer is as die finale skatting.

Die sojaboonoes is nou 2,230 miljoen ton, wat 29 000 ton (1,32%) meer is as die finale skatting. Sojabone se werklik lewerings was 2,162 miljoen ton, nog lewerings van 26 000 ton word verwag en terughoudings word op 42 000 ton bereken.

Die sonneblomoes is onveranderd gelaat op 845 550 ton en die sorgumoes is ook onveranderd gelaat op 103 140 ton. Vir grondbone is die finale oes nou 48 500 ton, wat 500 ton (1,02%) laer is as die finale skatting.

Die 2022-’23-produksieseisoen

Mnr. Wandile Sihlobo, senior landbou-ekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê Suid-Afrika kan spog met ’n beter seisoen as wat aanvanklik verwag is en daar is ietwat meer voorraad vir die 2022-’23-bemarkingsjaar beskikbaar.

“Ons klem het egter nou verskuif na die 2022-’23-produksieseisoen waar aanplantings op ’n ietwat slegte noot begin het met oormatige reën en vertragings van rofweg ’n maand in sommige gebiede. Die aanduidings op die oomblik is dat Suid-Afrika steeds ’n redelik goeie produksiejaar kan hê en met die oordragvoorraad wat reeds gedurende die vorige oes opgebou is, lyk dit of Suid-Afrika vir nog ’n seisoen ’n netto uitvoerder van veral mielies sal bly.”

Dr. Werner Rossouw, uitvoerende direkteur van Silostrat, wys daarop dat daar die afgelope ses jaar die vier beste opbrengste en die vier grootste oeste ooit van mielies was en hy glo dat die huidige seisoen ook goed sal wees.

Die eerste produksieskatting vir die somergewasse wat tans op die lande is word op 28 Februarie bekend gemaak.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot