AFGRI
BEAN
26 Sep
-
9434
-76,00
CORN
26 Sep
-
4805
-4,00
SOYA
26 Sep
-
9399
-67,00
SUNS
26 Sep
-
9980
-226,00
WEAT
26 Sep
-
7069
52,00
WMAZ
26 Sep
-
4870
13,00
YMAZ
26 Sep
-
4800
12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Geenbewerking oral 'n wenner

Geenbewerking het soveel voordele vir die boer dat dit deur almal oorweeg kan word. Die voordele, die eise wat dit aan die boer stel en die aanvanklike probleme van diebewerkingsmetode word hier bespreek.

Geenbewerking en deklaagbewerking is van die belangrikste maniere van bewaringsbewerking omdat dit die wegvloei van reënwater en verlies aan bogrond beperk. Diesoort bewerking wen wêreldwyd veld - ook in Suid-Afrika en veral in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap.

In die Wes-Kaap, met sy skrapse reënval en algemene ongunstige boerderytoestande, pas boere reeds op groot skaal verminderde bewerking toe wanneer hulle die grond vir graan voorberei. In KwaZulu-Natal doen die geenbewerkingsklub (No-Till Club) waardevolle werk om boere te oortuig om na verminderde bewerking oor te skakel.

Mnr. Bill Russell, grondbewaringskonsultant wat ook by die klub betrokke is, sê volgens sy waarnemings by Cedara oor 'n tydperk van 20 jaar is daar geen twyfel nie dat geenbewerking die enigste opsie is om landerye doeltreffend teen gronderosie te beskerm, veral op skuins grond in 'n hoëreënvalgebied.

In hierdie soort toestande het konvensionele

grondbewerking die volgende uitwerking:

  • Die verlies aan bogrond is 15 keer groter as die tempo waarteen grond

    gevorm word.

  • Drie keer méér water vloei tydens 'n reënstorm weg as met

    geenbewerking.

  • Die besteding aan masjinerie en diesel is hoër.
  • Die produksiepotensiaal van landerye daal weens grond- en waterverliese en

    verg verbeterde kultivars en kunsmis om die opbrengs hoog te hou.

  • Skade word aan die omgewing aangerig weens groot hoeveelhede neerslag wat

    die omgewing besoedel en in damme beland.

Hy sê geenbewerking maak dit vir boere moontlik om produksiekoste te verlaag en die opbrengs te verhoog.

Geenbewerking verg nie sulke groot trekkers as wat algemeen gebruik word nie. Grondverdigting is dus minder en kan nóg minder wees as spoorbewerking toegepas word. Op grond met 'n hoë sand- of slikinhoud, wat geneig is om te verdig, kan die wortels van 'n gewas wat tussen die seisoene geplant word, help om die struktuur te versterk sodat die bo- én ondergrond nie so maklik verdig nie. In Wes-Australiese grond met 'n klei-inhoud van so laag as 3 % gebruik die boere 'n tand pleks van 'n planterskaar om 'n plantvoor vir die saad te maak. 'n Skaarploeg is geneig om die ondergrond te verdig en breek ook die grond af.

In Zimbabwe het proewe gewys met geenbewerking word gemiddeld 50 liter diesel per hektaar minder as met konvensionele bewerking verbruik. Mnr. Tony Matchett bespaar gemiddeld 48 liter diesel per hektaar vir die Benson-boerdery by Howick in KwaZulu-Natal sedert hulle na geenbewerking oorgeskakel het.

By geenbewerking vertraag die oesreste op die grond die verdamping van grondvog. Volgens mnr. Russel beteken dit gemiddeld 'n bykomende 50 mm water vir die volgende someroes. Droëland- en besproeiingsboere word bevoordeel. Laasgenoemde bespaar pompkoste en waterbelasting as hulle minder water gebruik.

As dit vroeg genoeg in die lente warm word, kan die ekstra grondvog die boer in staat stel om vroeër te plant. Daarenteen verloor boere wat ploeg die voordeel van grondvog, want die los grond laat die vog verdamp. Hulle moet dan vir die reën wag om te kan plant. Soms is die lande ná die reën te nat en moet hulle wag tot die grond droër is om te kan plant. Oesreste of ander plantmateriaal moet die grond altyd minstens 30 % tot 50 % bedek. Hoe skuinser die land en hoe meer die grond geneig is om toe te slaan, hoe meer bedekking is noodsaaklik.

Koolstof in die bogrond maak sowat 50 % van die organiese materiaal uit. Minder bewerking laat die koolstof in die grond vermeerder. Dit beteken meer humus, wat die produktiwiteit gaandeweg verhoog. Organiese materiaal in die vorm van humus is belangrik vir die grond se katioon-uitruilvermoë. Dit is die grond se vermoë om opgeloste elemente, soos kalium, kalsium, natrium en magnesium, vas te hou en teen uitloging te bewaar en vir die plantwortels beskikbaar te hou. Dit is veral met sandgrond die geval. Hoe meer humus in die grond, hoe beter is die katioonuitruilvermoë en hoe meer elemente kan die grond vashou. Dooie sandgrond se katioon-uitruilvermoë is byvoorbeeld 1,5 en kleierige grond met baie organiese materiaal tot 80 en hoër. As die grondverlies weens konvensionele bewerking uitermate hoog is, word die grond vlakker en die produktiwiteit daal. Die departement van landbou het in KwaZulu-Natal vasgestel dat lande wat al 50 jaar bewerk word, weens erosie 25 % aan produktiwiteit ingeboet het. Dit kos die boer geld om die produktiwiteit hoog te hou.

Oesreste op die grond keer dat gronddeeltjies, plantvoedingstowwe en plaagdoder wegspoel. Die water wat wegvloei, is skoner as die modderwater vol voedingstowwe wat uit geploegde landerye wegvloei. Mikrobes in lande met baie koolstof breek die plaagdoders vinniger af en verminder die besoedeling van grondwater. Proewe by Cedara oor 'n tydperk van agt jaar het aan die lig gebring dat die verlies aan stikstof, fosfor en potas uit lande waarop geenbewerking toegepas word, agt keer laer is as met konvensionele bewerking.

Met konvensionele bewerking word die grondoppervlak verseël deur die slag waarmee waarmee die reëndruppels die grond tref. Oesreste wat met geenbewerking op die grond agterbly, absorbeer die druppels se energie en keer só dat die grond verseël. Die oesreste veroorsaak dat reën poele tussen die stoppels vorm, wat die wegvloei van water vertraag en indringing verbeter. By oesreste is meer erdwurms en die gate wat hulle in die grond maak, help dat water vinniger intrek. As die grond nie geploeg word nie, bly die vorige oes se plantwortels in posisie in die grond. Die wortels verrot en vorm kanaaltjies in die grond wat waterindringing verder aanhelp.

Mnr. Guy Thibaud en mev. Felicity Mitchell van KwaZulu-Natal se departement van landbou en omgewingsake het proewe op die plaas van mnr. Anthony Muirhead van Winterton gedoen. Op landerye met rooi kleigrond, waar hy geenbewerking al agt jaar lank toepas, kon diegrond 500 mm water teen 150 mm/uur oor 'n tydperk van 3 uur absorbeer. Hoewel die grond in die proewe nie aan die plofkrag van reëndruppels onderwerp is nie, is dit nogtans 'n aanduiding van die hoër infiltrasievermoë wat grond onder geenbewerking het.

Mnr. Russell sê geploegde grond kan nie daarby kers vashou nie, maak nie saak hoe diep dit geploeg word nie. Dit is deur mnr. Duncan Liemge van dieselfde departement bewys met proewe op konvensionele lande slegs twee plase van mnr. Muirhead af. Daar het die water op dieselfde grondsoort teen net 22 mm per uur weggesak.

Danksy geenbewerking verkry die grond 'n krummelrige struktuur. Grondvog kan dus makliker deur die grond beweeg en die plante het minder energie nodig om 'n wortelstelsel te ontwikkel. Saailinge kom makliker op in die afwesigheid van 'n harde grondlagie, die grond is nie so warm dat dit die klein plantjies skroei nie en winderosie word grootliks gekeer.

Geenbewerking stel die grond in staat om koolstof beter op te berg as organiese materiaal. Na raming is daar drie keer méér koolstof in die aarde se grond as in ál die plante en diere saam. Met intensiewe grondbewerking en die gepaardgaande grootskaalse belugting van grond word hierdie grondkoolstof in die vorm van koolsuurgas in die atmosfeer vrygestel, waar dit met ander gasse vermeng en tot aardverhitting bydra. Volgens proewe in Amerika was die verlies aan koolstof in geploegde grond 2,5 t/ha oor 'n tydperk van negentien dae nadat die grond geploeg is, teenoor net 0,5 t/ha met geenbewerking. Boere wat konvensionele bewerking toepas, het dus net soveel skuld as die groot nywerhede aan die verandering van die klimaat, sê mnr. Russell.

Danksy oesreste is daar meer erdwurms, spinnekoppe, torre en ander insekte, wat groter getalle klein diertjies en voëls lok. Húlle help om insekplae te bestry.

Met konvensionele bewerking beweeg 'n trekker met werktuie sowat vyf keer oor 'n land voordat die boer plant, teenoor twee of drie keer met geenbewerking. Laasgenoemde verg dus minder arbeid. Daarby is daar minder slytasie aan werktuie en gevolglik laer onderhoudskoste. KwaZulu-Natal se departement van landbou beraam die besparing aan die totale veranderlike koste op 35 % en aan kapitale kostes op 40 %. Mnr. Matchett sê sy werktuigkoste (oeskoste uitgesluit) het van R370/ha tot 'n maksimum van R125/ha gedaal toe hy na geenbewerking oorgeslaan het.

Oesreste op die grond verminder water- en gronderosie. Na gelang van die landerye se helling en die hoeveelheid oesreste, kan erosie tot 90 % verminder. Erosie veroorsaak 'n verlies aan grondvrugbaarheid en produktiwiteit. By geenbewerking is minder kontoerwalle op skuins grond nodig en op grond wat nie baie skuins is nie, is kontoere soms oorbodig.

Winderosie is minder met geenbewerking; dus is daar minder stof in die lug wanneer die wind waai. Die waardevolle kleideeltjies van sandgrond, wat die vrugbaarheid daarvan bepaal, word dus beskerm. Weens die minder trekkerbewegings is daar minder brandstofdampe, terwyl oortollige oesreste nie meer gebrand word om die landerye vir die volgende oes gereed te kry nie.

Met geenbewerking kan 'n boer tot 500 uur per jaar op grondvoorbereiding op 'n land van 50 ha bespaar. Omdat die grond nie geploeg word nie, kan die boer gouer ná reën met sy trekker in die lande kom. Dit is baie werd vir 'n boer wat wisselbou toepas en soms min tyd tussen oeste het om sy landerye voor te berei.

Navrae: Mnr. Bruce Shepherd, voorsitter van die geenbewerkingsklub, sel 083 303 2612 (bedags) en tel. 036 448 1300 (saans). Sy e-posadres is sbruce@mweb.co.za.

Boer moet eers

huiswerk doen

Geenbewerking se voordele kom nie sonder moeite nie. Boere moet die grondversorging in die algemeen verbeter voordat hulle hul hand aan geenbewerking waag, sê mnr. Bill Russell van KwaZulu-Natal se geenbewerkingsklub. Die grond se suurversadiging moet byvoorbeeld eers reggestel, 'n doeltreffende wisselboustelsel ingestel en goeie onkruidbestryding toegepas word.

Grond wat jare lank geploeg is, sal dalk nie dadelik gunstig op geenbewerking reageer nie. Tydens die oorgangsfase van twee tot drie jaar kan 'n wanbalans in die grond se chemiese status voorkom. Wanneer die eerste oesreste op die oppervlakte versamel, kan die afwesigheid van skimmelwortel en grondbewoners, soos erdwurms, veroorsaak dat patogene organismes (wat siektes veroorsaak) in die grond toeneem. Dit kan die verrotting van die reste vertraag. Mikrobes wat plantreste laat verrot, ding dan met die oes op die land om die beskikbare voedingstowwe mee.

Die patogene organismes se getalle neem eers af en die situasie keer tot normaal terug wanneer die hoeveelheid en verskeidenheid organiese materiaal in die bogrond toeneem.

Die opbrengs kan gedurende hierdie tydperk daal. Dit is hoekom boere wat na geenbewerking oorskakel, nie ál hul lande op een slag aan konvensionele bewerking moet onttrek nie, maar dit geleidelik en oor 'n aantal jare moet doen. Tussentydse deklaagbewerking sal help om die organiese materiaal in die grond te vermeerder voordat finaal na geenbewerking oorgeskakel word.

Nog 'n rede vir stelselmatige oorskakeling is omdat die boer nog besig is om nuwe dinge te leer en hy nie ál sy eiers eensklaps in een mandjie moet plaas voordat hy die tegnieke en beginsels van geenbewerking goed onder die knie het nie.

Genoeg oesreste is een van die sleutels tot suksesvolle geenbewerking. Die boer moet vir genoeg reste sorg sodat die swamme en ander grondbewoners genoeg voeding het en kan vermeerder. Boere wat vee op hul oesreste laat oorwinter, moet dit in ag neem, want minstens 30 % van die grond moet met planttyd steeds met oesreste bedek wees. As 'n boer sy vee op die oesreste laat wei, moet hulle nooit in die lande kom as die grond nat is nie, omdat nat grond makliker vasgetrap word.

'n Verdere probleem wat veral onder besproeiing en in die hoëreënvalgebiede kan opduik, is die stelselmatige versuring van die bogrond weens stikstoftoediening. In sulke toestande moet kalk gereeld toegedien word om versuring te voorkom.

Mnr. Russell sê wanneer die boer ál hierdie tegnieke en beginsels baasgeraak het, is geenbewerking eenvoudig. Klublede is gewoonlik ná slegs 'n paar jaar oortuig hulle sal nooit weer konvensionele bewerking oorweeg nie.

Kennis oorgedra

KwaZulu-Natal se geenbewerkingsklub hou sy jaarvergadering en konferensie op 3 September by Cedara. Die verrigtinge begin om 09:00 in die ouditorium van die departement van landbou en omgewing.

Die jaarvergadering is van 09:00 tot 10:00, waarna die konferensie begin.

'n Aantal boere sal hul kennis van geenbewerking aan die konferensiegangers oordra, terwyl raadgewers van landboumaatskappye en wetenskaplikes oor onkruidbestryding sal gesels. Aan die einde sal daar 'n groepbespreking oor geenbewerking wees.

Navrae kan aan die sekretaris by tel. 033 330 2721

of e-pos robin.d@absamail.co.za gerig word.

22 Augustus 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.7%
Rand - Pond
19.33
+0.3%
Rand - Euro
17.38
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.68
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,621.66
-1.3%
Silwer
18.34
-2.8%
Palladium
2,047.50
-1.2%
Platinum
852.00
-0.8%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,290
+0.3%
Alle aandele
63,626
+0.3%
Hulpbronne 10
56,215
-0.2%
Industriële 25
79,529
+1.4%
Finansiële 15
13,982
-1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Let's write our journey together
I am a happy and outgoing person. Have a passion for animals and nature. I love to travel and discover new things. Love to have fun and and enjoy life in general. I think my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot