AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Geesdrif vir plantseisoen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Trekkers loop teen skemer steeds voluit op die plaas Moira tussen Bothaville en Vierfontein om te kan plant. Foto: JoRina Jonker
Trekkers loop teen skemer steeds voluit op die plaas Moira tussen Bothaville en Vierfontein om te kan plant. Foto: JoRina Jonker
Suid-Afrika stuur af op ’n derde goeie somerseisoen.

Te oordeel na voornemens om te plant, stuur Suid-Afrika af op ’n derde goeie somerseisoen. Selfs ’n skerp styging in produksiekoste en probleme om finansiering te bekom kan klaarblyklik nie boere se geesdrif om te plant demp nie.

’n Opname deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling toon teen middel Oktober was boere van voorneme om 12% meer sojabone, 16% meer sonneblom en bykans dieselfde hoeveelheid mielies as die vorige seisoen aan te plant.

Volgens die opname, wat deur die nasionale oesskattingskomitee (NOK) bekend gemaak is, is kommersiële produsente van voorneme om 2,7 miljoen ha mielies vir 2022 aan te plant, wat 1% of 30 000 ha minder is as die 2,8 miljoen ha van verlede seisoen. Die syfers toon dat produsente van voorneme is om 1,6 miljoen ha witmielies aan te plant, 2,8% minder is as in die vorige seisoen. In die geval met geelmielies is die verwagte aanplantings 1 miljoen ha, wat 1,7% meer is as in die vorige seisoen.

Die beoogde sojaboonaanplantings is 925 000 ha en is ’n toename van 11,8% of 97 700 ha vergeleke met die vorige seisoen. Dit is die hoogste ooit. In die geval van sonneblomsaad word die verwagte aanplantings beraam op 556 000 ha, wat 16,3% of 78 000 ha meer is as die vorige seisoen.

Die verwagte aanplantings van grondbone gaan effens afneem met 4% of 1 550 ha en die voorgenome aanplantings van sorghum sal na verwagting afneem met 8,5% tot 45 000 ha. Droëbone se aanplantings word beraam op 54 000 ha, wat 14% meer is.

Terselfdertyd het die NOK in sy negende skatting vir die huidige oes die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes onveranderd gelaat op 16,2 miljoen ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,8 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,88 t/ha is. Die geskatte mielie-oes is 6% groter as die 2020-oes.

Die skatting vir wit- en geelmielies is onveranderd gelaat op 8,6 miljoen ton en 7,6 miljoen ton onderskeidelik. Die opbrengs vir witmielies is 5,09 t/ha en vir geelmielies 7,15 t/ha. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede is die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes en hulle gaan 84% van die 2021-oes lewer.

Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 677 240 ton met ’n opbrengs van 1,4 t/ha en sojabone bly onveranderd op 1,9 miljoen ton met ’n verwagte opbrengs van 2,29 t/ha. Die verwagte grondbone-oes is 58 900 ton en vir sorghum is dit 209 980 ton.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot