AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Gesloer met BT-katoen knou bedryf

Die gesloer met die goedkeuring vir die vrystelling van 'n katoenkultivar wat teen bolwurm en Roundup Ready bestand is, is besig om die plaaslike bedryf sowel as die ekonomie groot skade te berokken.

Die gesloer

met die goedkeuring vir die vrystelling van 'n katoenkultivar wat teen bolwurm

en Roundup Ready bestand is, is besig om die plaaslike bedryf sowel as die

ekonomie groot skade te berokken.

Me. Thoko Didiza, Minister van Landbou en Grondsake, sloer al sedert 2001 om 'n nuwe Bt-katoenkultivar wat teen bolwurm en die onkruiddoder Roundup Ready bestand is, vir vrystelling goed te keur. As dit nie vanjaar voor planttyd geskied nie, gaan boere waarskynlik nog minder katoen plant as verlede jaar, toe net 12 666 ha droëland en 10 249 ha onder besproeiing geplant is. Verlede jaar se droëlandaanplanting was 55 % minder as dievan die vorige jaar.

Die gevolg van die kleiner aanplanting is reeds katastrofies vir die bedryf, sê mnr. Hansie Willemse, voorsitter van die Nasionale Katoenprodusente-organisasie. Na raming het 40 000 werkgeleenthede in die katoenbedryf al verlore gegaan omdat die kultivar nie al verlede jaar vir vrystelling goedgekeur is nie.

"Dit is heeltemal onbegryplik dat die minister reeds die twee kultivars wat onderskeidelik teen bolwurm en Roundup Ready bestand is, vir vrystelling goedgekeur het, maar nou sloer om die nuwe kultivar wat teen albei bestand is, goed te keur."

Hy sê katoenverbouing is 'n arbeidsintensiewe bedryf. Dit kan werk aan minstens nog 50 000 mense voorsien as meer katoen geplant word. Katoenverbruik in die land is sowat 400 000 bale veselkatoen van 200 kg elk per jaar. Vanjaar se plaaslike oes was egter net meer as 66 000 bale.

Mnr. Hennie Bruwer, uitvoerende hoof van Katoen SA, sê die net meer as 22 000 ha wat in Suid-Afrika met katoen beplant word, voorsien nie eens 20 % van wat plaaslik verbruik word nie. Die res moet ingevoer word. Met die sterk rand teenoor die Amerikaanse dollar beteken dit dat minstens R500 miljoen die land verlaat om die katoentekort aan te vul.

Volgens mnr. Willemse het Suid-Afrika die potensiaal om 270 000 ha katoen te plant. Die grootste aanplanting van 208 000 ha is in die 1989/90-seisoen gedoen.

Grond wat nie juis vir ander gewasse geskik is nie, kan met welslae vir katoenverbouing benut word. Lande wat met uintjies en purperwinde besmet en dus vir ander gewasse ongeskik is, kan met katoen benut word as die nuwe dubbelgeenkultivar vrygestel word.

Mnr. Phinias Gumede, voorsitter van KwaZulu-Natal se Katoenprodusentevereniging en katoenboer op die Makhathinivlakte, sê katoen is die ideale kontantgewas vir kleinboere op hul pad na kommersiële boerdery. Produksiekoste is egter hul grootste vyand.

Bt-katoen is die eerste keer vir vrystelling in 1997 in Suid-Afrika onder die naam Bollgard goedgekeur. Diekultivar bevat die geen Bacillus thuringiensis wat natuurlik in die grond voorkom en wat in die plant ingeteel is. Danksy diegeen bied die kultivar uitstekende bestryding teen verskeie bolwurmssoorte. Dit verander geensins die samestelling van die vesel nie. Daar is geen verskil tussen Bt-katoen en gewone katoen se veselgehalte nie.

Weens die koste wat dit aan bespuiting en arbeid bespaar, het die kleinboere op die Makhathinivlakte dit vinnig aanvaar, al is die saad duurder as gewone katoensaad, sê mnr. Gumede. Die kleinboere op die vlakte plant jaarliks elk 1 ha tot 3 ha katoen wat in totaal op sowat 10 000 ha neerkom. Dieboere plant nou al die Bt-katoen drie seisoene lank. Sedert die eerste aanplantings het die getal boere op die vlakte wat katoen plant, sestienvoudig toegeneem.

Die vernaamste redes wat mnr. Gumede aangee vir die ontploffing in kleinboere op die vlakte wat katoen plant, is 'n groter opbrengs, 'n besparing op chemikalieë en plaagmiddels en 'n besparing op arbeid. Om 'n katoenland van 1 ha behoorlik met 'n knapsakspuit te spuit, sal feitlik 'n hele dag kos. Die besparing aan tyd en chemiese bestrydingsmiddels is aansienlik omdat gewone katoen tot agt bespuitings meer as Bt-katoen moet kry om bolwurm te bestry.

Proewe wat met katoen op die Makhathinivlakte gedoen is, het getoon dat die gemiddelde opbrengs van Bt-katoen 27,3 % hoër as dievan gewone katoen was en 388 kg meer katoensaad per hektaar gelewer het. As alle koste in berekening gebring is, het die regstreekse groter inkomste R943/ha beloop. Mnr. Gumede sê sedert hulle drie jaar gelede vir die eerste keer Bt-katoen begin plant het, het die opbrengs op droëland in 'n goeie jaar van 1 200 kg/ha tot die huidige 3 800 kg/ha gestyg. Hy meen dat hulle nog beter met die nuwe dubbelgeenkultivar sal vaar as dit goedgekeur kan word vir vrystelling. Waar die Bollgard-kultivar wat hulle die afgelope tyd geplant het, hul bestuur soveel makliker gemaak het en hul inkomste aansienlik verhoog het, meen hy dat die nuwe dubbelgeenkultivar wat teen bolwurm sowel as Roundup Ready bestand is, hul bestuursprogram nog makliker sal maak en hul inkomste uit katoen aansienlik sal verhoog. 11 Julie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,715.78
-0.6%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
921.00
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot