AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Gifbestande mielies gou op plase getoets

Mielies wat danksy die gebruik van biotegnologie teen onkruiddoder bestand is en dus die bestryding van onkruid aansienlik vergemaklik, word hierdie seisoen die eerste keer deur 'n aantal uitgesoekte boere verbou. Die ondervinding wat hulle sal opdoen, sal volgende seisoen vir hul medeboere baie werd wees.

Die gebruik van chemiese onkruiddoders is algemene praktyk op Suid-Afrikaanse plase. Dit is vooropkomsmiddels, wat oor die grond gespuit word sodat die onkruid vrek wanneer dit opkom, en na-opkomsmiddels, wat later oor die onkruid gespuit word.

'n Onkruiddoder met glifosaat as aktiewe bestanddeel laat onkruide vrek omdat die bestanddeel die plante verhoed om proteïen te vervaardig. Die mielieboer se probleem is dat hierdie middels onkruid oor 'n breë spektrum beheer, onder meer grasonkruid, waarvan die mielie familie is.

As die boer dus glifosaat gebruik om onkruid te bestry, maak hy ook sy mielies dood indien die onkruiddoder daarmee in aanraking kom. Selektiewe bespuiting om slegs die onkruid by te kom sonder dat die onkruiddoder op die mielieplante beland, is riskant en moeilik, sê mnr. Wally Green van Monsanto.

Danksy die moontlikhede wat biotegnologie vir die landbou gebring het, het wetenskaplikes daarin geslaag om die geen wat plante teen glifosaat bestand maak, in 'n bakterium te isoleer. Diegeen is in die laboratorium uit die bakterium gehaal en in 'n mielieplant geplant. Die mieliekultivars met hierdie geen het die handelsnaam Roundup Ready.

Mnr. Green sê hierdie mielies lyk presies soos die oorspronklike plante. Die enigste verskil is dat dit die geen bevat wat die plant in staat stel om proteïen te vervaardig as dit in aanraking kom met die Roundup Ready-onkruiddoder (L6702) met glifosaat as aktiewe bestanddeel.

Slegs hierdie onkruiddoder is geskik om saam met Roundup Ready-mielies gebruik te word. Dit is ook die enigste glifosaatmiddel wat ingevolge Wet 36 van 1947 geregistreer is om op Roundup Ready-gewasse gespuit te word. Ander onkruiddoders wat glifosaat bevat het wel die onkruid onderdruk, maar ook die mielies beskadig.

Min saad van die nuwe kultivars is in Suid-Afrika beskikbaar. Daarom het die maatskappy sowat 60 boere landwyd gevra om van die mielies hierdie seisoen in strookproewe te evalueer. Die maatskappy se personeel sal hierdie demonstrasiepersele deurgaans nagaan.

Volgens mnr. Kobus Steenekamp van Monsanto het die maatskappy verskeie kombinasies vir onkruidbestryding beproef. Die onkruidspektrum verskil van streek tot streek. Daarom is dit moeilik om 'n enkele stelsel te ontwikkel wat oral goed werk.

Die mielies gaan op droëland en onder besproeiing geplant en verskillende onkruidbestrydingsprogramme gaan getoets word. Só kan die maatskappy 'n paar eenvoudige, maar doeltreffende bestrydingsprogramme vir die uiteenlopende onkruidspektrums daarstel.

Die geregistreerde middels wat die boere in verskillende kombinasies en teen verskillende dosisse gaan toets, is Roundup Ready, Guardian S (L4862), Harness (L3029), Lasso Micro Tech (L4728) en Bullet (L5623).

Mnr. Willie Wessels sê twee kultivars is aan die boere beskikbaar gestel, naamlik DKC78-35R en DKC63-28R.

DKC78-35R is verwant aan die toppresteerder CRN3505 en is 'n hoëpotensiaal-, mediumlang witmieliebaster. Die nuweling het in 2002 in die Landbounavorsingsraad (LNR) se nasionale kultivarproewe baie goed gevaar. In die oostelike mielieproduksiegebied was sy gemiddelde opbrengs 7,46 ton/ha — net 30 kg/ha minder as dievan die heel beste presteerder.

In die westelike produksiegebied het dit gemiddeld 5,75 ton/ha gelewer, wat die hoogste opbrengs in hierdie gebied was. Ook in die besproeiingsproewe was dit die top-presteerder met gemiddeld 11,35 ton/ha. Sy belangrikste eienskappe is uitstekende graan, goeie bestandheid teen siektes, meerkoppigheid en hitte- en droogteverdraagsaamheid, vinnige afdroging en uitstekende stabiliteit. Dit is 'n kort plant met min blare.

DKC63-28R is 'n ultrakort geel baster wat aan DKC63-20 verwant is. Dit is nog nie in die LNR se nasionale proewe getoets nie, maar het in Monsanto se eie proewe landwyd goed gevaar. Dit is goed verdraagsaam teen veral roes en fusarium-stamvrot, het goeie staanvermoë, min spruite en droog vinnig af. Dit word dig geplant.

Die maatskappy gaan volgende jaar waarskynlik nog 'n kultivar of twee met bestandheid teen glifosaat registreer. Volgens mnr. Jean-Noël Mutz van die maatskappy is hierdie soort mielies al in 1998 in Amerika bekend gestel en in 1999 in Kanada. Die Amerikaanse boere gaan in hul volgende seisoen na raming 4,5 miljoen hektaar daarvan plant. Dit is in 2001 in Japan vir invoer goedgekeur en verlede jaar in Suid-Afrika.

Na verwagting gaan ander lande, soos Roemenië en Argentinië, binnekort dieselfde doen en dit lyk of Europa in 2004 die groen lig sal gee vir gebruik daar.

Mnr. Green sê 'n plant bestaan uit miljoene selle. Elke sel bevat 20 000 tot 50 000 gene, wat elk 'n bepaalde eienskap beheer. Die wetenskaplikes het dus tussen miljarde gene gesoek na die enkele een wat die plant weerstand teen glifosaat sou gee.

Nadat hulle die geen geïdentifiseer het, het hulle die betrokke DNS (deoksiribonukleïensuur), die boublokke van alle lewe op aarde, uitgehaal en dit saam met stukkies goud in 'n sentrifugale uitswaaimasjien geplaas. Die vinnige draai-aksie het die DNS daaraan laat vassit en dit kon toe met 'n spesiale "geengeweer" in 'n mielieplant ingeskiet word.

Slegs die beste mieliekultivars is hiervoor gebruik, met die goeie eienskappe waarna die mielieboer soek, soos hoë opbrengs en weerstand teen die belangrikste mieliesiektes en -plae. Gevolglik het die mielieplant ook die goeie eienskappe van 'n top-kultivar én weerstand teen Roundup Ready bevat. Die boer kan diemiddel dus as vooropkomsmiddel gebruik om onkruid dood te maak wanneer hulle te voorskyn kom, of as na-opkomsmiddel. Die onkruid vrek, maar die mielies bly ongeskonde.

24 Oktober 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.64
+1.1%
Rand - Pond
20.17
+0.1%
Rand - Euro
17.58
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.45
+1.5%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,725.81
+1.5%
Silwer
21.14
+2.1%
Palladium
2,319.00
+4.3%
Platinum
936.50
+3.5%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.4%
Alle aandele
66,313
+3.3%
Hulpbronne 10
64,568
+4.7%
Industriële 25
80,073
+3.3%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot