AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Goeie geld wag vir katoenboere

Beter katoenpryse as gevolg van die swak rand en verwagte internasionale tekorte, sowel as biotegnologie-kultivars wat bestuur makliker en oeste groter maak, kan die winsgewendheid van die Suid-Afrikaanse katoenbedryf verbeter. Daar is reeds boere wat dit tot hul voordeel gebruik.

Met die wisselkoers wat by R13,50 vir $1 gedraai het en 'n waarskynlike produsenteprys van nie minder as R3,20/kg in die huidige seisoen nie, is daar nog goeie geld in katoenverbouing. Aanstaande seisoen sal die prys waarskynlik opskiet tot soveel as R4/kg tot R5/kg as die internasionale katoenadvieskomitee (ICAC) se voorspelling van 'n groot katoentekort waar is.

Só sê mnr. Pieter Potgieter van Stella in Noordwes. In dollarwaarde klink dieprys miskien laag, maar in rand bereken, is dit 'n goeie prys vir Suid-Afrikaanse boere.

Die ICAC voorspel 'n groot tekort aan katoen omdat boere wêreldwyd weens die lae internasionale katoenprys minder geplant het. Volgens die komitee se jongste maandverslag word verwag dat die wêreldproduksie in 2002/03 met 10 % tot 19 miljoen ton sal afneem.

Die huidige laer internasionale katoenpryse maak die gewas mededingend met die pryse van poliëster. Dit kan lei tot meer katoen in mengsels, wat die katoenverbruik in die 2002/03-seisoen met meer as 300 000 t tot 'n rekord van 19,9 miljoen ton kan laat styg.

Suid-Afrika se katoenoes vir vanjaar word op bykans 99 000 bale veselkatoen van 200 kg elk beraam (dit sluit Swaziland, Botswana en Namibië se oes in). Dit is 45 % minder as verlede jaar. Die plaaslike verbruik is sowat 600 000 bale weens handelsooreenkomste met Amerika en 'n nuwe spinaanleg wat in Namibië opgerig is.

Die geleenthede wat met die swak rand, internasionale tekorte en beter prys ontstaan, het mnr. Potgieter aangespoor om dieseisoen sowat 1 400 ha katoen te plant - 500 ha meer as die vorige seisoen en alles op droëland.

Daar is egter belangrike bestuurspraktyke wat 'n boer moet toepas om suksesvol met katoen te boer. Hy reken baie boere is skrikkerig om katoen te plant, juis omdat hulle dink dat die bestuur daarvan moeilik is.

Die hedendaagse biotegnologie-kultivars (Bt-katoen) maak bestuur makliker en die opbrengs groter. Die afgelope paar jaar het hy gemiddeld 0,8 t/ha geoes, maar hy het sy opbrengs nou met die Bt-kultivars tot 1 t/ha opgestoot.

Bestuur begin by die grondvog. Daar moet voldoende grondvog beskikbaar wees om die plant 'n behoorlike wegspring te gee. Katoenplante se wortels dring binne 90 dae ná planttyd tot 1,8 m diep in, maar dan moet verdigtingslae in die grond wat wortelgroei mag beperk, met 'n skeurploeg opgebreek word.

Hy plant 15 000 plante per hektaar in treinspoorrye 1 m uitmekaar en 3 m tussen die "spore". Mnr. Potgieter sê die volgende seisoen moet in die 3 m tussen die huidige seisoen se treinspoorrye te plant, omdat die vog vir die nuwe seisoen daar opgaar.

Fyn saadbed


'n Goed voorbereide fyn saadbed is noodsaaklik. 'n Goeie planter wat die saad 30 mm diep plaas en die saadbed ferm vastrap, is egter net so belangrik.

Katoen is baie gevoelig vir 'n te lae grondsuurheid. Die pH moet nie laer as 6 wees nie en as dit nodig is, moet die pH vroegtydig met kalk reggestel word.

Vir 'n verwagte opbrengs van 1 t/ha is sowat 30 kg stiktof, 6 kg fosfaat en 10 kg kalium per hektaar nodig.

Die katoenplant neem meer as 70 % van sy stikstofbehoeftes van 6 weke tot 13 weke ná ontkieming op. Gevolglik dien mnr. Potgieter alle stikstof voor die negende week ná ontkieming toe. Sy katoenlande is meestal sandgrond waar die stikstof kan uitloog, dus dien hy 50 % van die stikstof met planttyd en die res die negende week ná ontkieming toe.

Katoen reageer nie eintlik op fosfaatbemesting nie, gevolglik dien hy net toe wat deur die vorige oes verwyder is. Kalium speel 'n belangrike rol by respirasie, proteïensintese en koolhidraatmetabolisme, maar dit is nie nodig om meer as sowat 10 kg/ha toe te dien nie.

Mnr. Potgieter doen sapontledings met eerste blom en weer met vrugsetting om enige voedingswanbalans betyds uit te skakel.

Dieseisoen was 70 % van sy aanplantings Bt-kultivars. Hieronder is Delta Pine se NuOPAL en DP5690RR (RR-kultivar) met Monsanto se Bolgard- en Roundup Ready-gene. Die res van sy aanplantings is Clark Cotton se Tetra.

Ingeboude weerstand


NuOPAL bevat die Bollgard-geen wat die plante teen die Amerikaanse, rooi en stekelbolwurm beskerm. Die RR-kultivar het 'n ingeboude weerstand teen Roundup Ready-onkruiddoder, wat 'n boer in staat stel om onkruid doeltreffend te bestry en terselfdertyd duisende rande aan chemiese bestryding te bespaar.

Heelwat hande-arbeid word ook bespaar. Voorts word die grond nie deur skoffelwerk uitgedroog nie. Sy totale produksiekoste was vanjaar sowat R1 800/ha.

Mnr. Potgieter begin met 'n skoon saadbed wat onkruidvry is wanneer hy plant. Die eerste bespuiting van die onkruiddoder is wanneer die plante die tweeblaarstadium bereik het en die volgende bespuiting net voor die vierblaarstadium. Hierdie bespuitings word toegedien met oor-die-kop-bespuitings van 2,5 l/ha elk sonder dat die katoenplante benadeel word. Ná die vierblaarstadium kan hierdie bespuiting bolverlies, vertraagde groei en/of oesverlies meebring.

Ná die vierblaarstadium tot voor oestyd, wanneer minstens 20 % van die bolle gebars het, word die onkruiddoder dus net as 'n gerigte bespuiting na die basis van die katoenplant onder die blare toegedien. Selfs toe die lande besonder nat was en hy nie kon skoffel nie, het hy in die lande met die RR-kultivar feitlik totale onkruidbeheer gekry.

Onkruidbestryding


Onkruidbestryding is uiters noodsaaklik om mededinging uit te skakel en groter bolle aan die plante te kry. In die eerste plek word 90 % van die oes aan die eerste 13 vrugtakkies op die stam gevorm wanneer toestande so gunstig moontlik vir die katoenplant gehou word. Voorts dra dit by tot die vorming van meer bolle met vyf huisies aan die plant as met vier. Die huisies word nog voor die blomstadium in die blomknop gevorm. Hoe meer bolle met vyf huisies gevorm word, hoe groter opbrengs kan verwag word. Die bolle met vyf huisies lewer 23,8 % meer veselkatoen per bol as bolle met vier huisies.

Die kultivar NuOPAL (wat teen bolwurm bestand is) bring ook groot besparing mee, deurdat hy nie teen bolwurms hoef te spuit nie, sê mnr. Potgieter. Dit vergemaklik plaagbestryding. Hierdie kultivar is net teen bolwurms bestand en nie teen plantluise en ander suigende insekte nie. Omdat nie vir bolwurms gespuit word nie, word die natuurlike vyande van plantluise en rooispinmyte nie doodgemaak nie en is biologiese bestryding van dieplae goed. Heelwat minder bespuitings teen plantluise en rooi-spinmyte is dus nodig, wat spuitkoste verlaag.

DP5690RR is nie teen alle plae bestand nie. Dieselfde geld Tetra. 'n Geïntegreerde bestrydingsprogram vir hierdie plae is dus nodig. Binne ses weke ná opkoms moet begin word met verkenning twee keer per week om op die hoogte te bly met die plaagstatus van die katoenland. Spuittoerusting moet skoon en 100 % reg gekalibreer wees en spuitmiddels moet streng volgens die registrasie-aanbevelings toegedien word.

Tabel 1

dui die drempelwaardes vir die belangrikste plae by katoen aan en tabel 2 wys hoe plae bestry moet word.

Met goeie bestuur en die goeie pryse wat vir katoen verwag word, kan daar nog geld uit katoen gemaak word.

TABEL 1: Drempelwaardes vir die vernaamste katoenplae
PLAAGDREMPELWAARDE
Amerikaanse
bolwurm
12 eiers of 5 larwes per 24 plante
Rooi bolwurm 6 eiers of 2 larwes per 24 plante
Stekelbolwurm2 larwes per 24 plante
Bolwurm
kompleks
5 larwes per 24 plante
VlekbesiesBestry sodra eerste tekens van kolonies voorkom
RooispinmyteEnkele besmettings verg kolbespuiting.
Algehele bespuiting is nodig as dit oor 'n land
versprei is.
PlantluiseBestry sodra 6 of meer kolonies per 24 plante
voorkom of heuningdou gewaar word

TABEL 2: Plaagbestryding op katoen
PlaagWeke ná opkoms Aktiewe
bestanddeel
Vretende plae
Snywurm1 tot 7 Deltametrien
Bolwurm
Amerikaanse
bolwurm
6 tot 20 Endosulfan
Rooi bolwurm 8 tot 20 Deltametrien
Stekelbolwurm8 tot 12 Deltametrien
Suigende plae
Blaaspootjie1 tot 7 Ometoaat
Vlekbesies12 tot 20 Deltametrien
Plantluise4 tot 20 Karbosulfan
Benfurakarb
Rooispinmyt12 tot 20 Bifentrien
Abamektien

28 Junie 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.02
+0.3%
Rand - Pond
19.33
-0.0%
Rand - Euro
17.29
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.7%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,628.06
+0.3%
Silwer
18.38
+0.2%
Palladium
2,075.00
+1.6%
Platinum
853.00
0.0%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
So sorts soos stoop
N ma Nuwe mense ontmoet Hier vir nou Hou van kook en kos maak Praat met my Wie weet wat wag Sien uit vir wat voorle Lus vir die lewe
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot