AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Graan se rol in verbrakking bekyk

Bestaande boerderypraktyke en die invloed wat dit op die gehalte en hoeveelheid water van Suid-Afrika se belangrikste waterbronne het, kom ál meer in die kollig.

Bestaande boerderypraktyke en die invloed

wat dit op die gehalte en hoeveelheid water van Suid-Afrika se belangrikste

waterbronne het, kom ál meer in die kollig.

Die toenemende versouting van Kaapse riviere is al minstens 'n halwe eeu lank bekend. Die afgelope klompie dekades is heelwat navorsing in Suid-Afrika gedoen oor besproeiingsterugvloei, dit wil sê dreineringswater waarin soute in besproeiingslande oplos en uiteindelik in riviere beland. Voorheen is aanvaar dat dit die kern van die probleem was.

"Australiese ondervinding dui egter op die teendeel. Ons moet gevolglik eerder kyk na die gevolge wat alle fasette van grondgebruik in 'n rivier se opvangsgebied op watergehalte inhou. Verbrakking is meestal 'n stadige proses wat maklik ongemerk by ons kan verby glip tensy betroubare rekords op lang termyn gehou word."

Só sê prof. Martin Fey, hoof van die departement Grondkunde aan die Universiteit van Stellenbosch.

Met die meet van landbou-terugvloeiwater is gevind dat die bydrae van Wes-Kaapse droëland-boerderystelsels tot swakker water veel groter is as wat aanvanklik besef is. Besproeiing alleen kan dus nie meer hiervoor geblameer word nie.

Navorsing oor die verbouing van koring in die Swartland is die jongste van verskeie navorsingsprojekte wat ondersoek instel na moontlike oorsake wat die gehalte en hoeveelheid water in die Bergrivier kan beïnvloed. Bestaande boerderypraktyke se invloed, sowel as maniere om dit tot voordeel van die boere en die waterbronne te verbeter, word ondersoek.

Die invloed van besproeiing op die Bergrivier se water is reeds onder die loep geneem. Uit dienavorsing is 'n inligtingstelsel oor watergehalte ontwikkel ná 'n gesamentlike projek van die departemente siviele ingenieurswese en grondkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, asook 'n firma van raadgewende ingenieurs in Kaapstad. Hierdie projek is nou in die finale stadium van afhandeling.

Die studie oor graanboere se boerderypraktyke het as uitgangspunt die aanname gehad dat meer as 'n eeu van koringverbouing op doëland die natuurlike waterbalans in diestreek dermate versteur het dat soute wat in die grond opgeberg word, in riviere beland en uiteindelik tot die verswakking van watergehalte gelei het.

Die projek staan onder leiding van prof. Fey en mnr. Willem de Clercq, albei van die departement grondkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. 'n Loodsstudie, wat deur die Suid-Afrikaanse Waternavorsingskommissie gefinansier word, sal eerstens toegespits wees op 'n beraming van die hoeveelheid sout wat in die grond van die Bergrivier-opvangsgebied opgeberg is. Hiervoor word nuwe veldopnames gedoen en met inligting uit die argiewe aangevul.

Dit sal opgevolg word met hidrologiese berekeninge om die moontlike verskuiwing te bepaal wat in die waterbalans voorkom weens die omskakeling van die natuurlike veld in landerye vir die vebouing van kleingraan. Meer onlangs moes graan vir wingerde plek maak. Indien nodig, sal 'n intensiewer studie later aangepak word.

Ander organisasies, soos die WNNR en LNR, asook bydraes van Australiese wetenskaplikes, sal waarskynlik ook by dieprojek betrek word.

Die gebiede in die Wes-Kaap waar met koring geboer word, word reeds duisende jare lank op natuurlike wyse deur die sout van gereelde seebriese verryk. Weens verdamping is baie van diesout oor die jare heen in die grond en ook in die dieperliggende verweerde gesteentes vasgevang - 'n proses wat voortduur.

Wanneer die grond versteur word (soos wanneer dit geploeg word) verander die waterbalans in die grond. Minder water vloei aanvanklik weg omdat meer die grond binnedring. Grondwaterbewaring is juis een van die oogmerke wanneer geploeg word. In die winter is daar verhoogde loging en verlaagde afloop. Dit lei tot stygende watertafels waarin soute opgelos is.

Gedurende die vroeë somermaande vind minder transpirasie plaas, wat veroorsaak dat grondwaterreserwes, wat baie brak kan wees, na die riviere dreineer. Soute wat in 'n laagliggende gebied vasgevang is, word in baie gevalle deur besproeiingsafloop na die riviere vervoer.

In die somer slaan soute op die oppervlak uit in die vorm van brak kolle, veral in vlak grondsoorte en laagliggende gebiede. Met die blootstelling van sulke brak kolle aan swaar reën, gewoonlik in die winter, los van die soute op en word na die riviere afgevoer met die skadelike gevolg dat die water se soutvlak verhoog word.

Prof. Fey beklemtoon egter dat hierdie toneel nie noodwendig die ware toedrag is van wat in die Swartland aan die gebeur is nie. Dit stem egter ooreen wat in Australië en spesifiek in Wes-Australië waar die grond, klimaat en algemene landboutoestande treffend ooreenkom met dit wat nou in Wes-Kaapland aan die gebeur is. "Die bewyse is daar en sou meer opvallend wees as koring nie so 'n besondere verdraagsaamheid teenoor verbrakking het nie."

Die omvang van die Australiese verbrakkingsprobleem neem die afmeting van 'n nasionale krisis aan en die Australiese regering bestee baie geld aan navorsing. Baie van dienavorsing is eerder op skadebeheer gefokus, dit wil sê hoe om brak grond en water te benut sodat landelike gemeenskappe kan bly voortbestaan.

Gedagtig aan die Suid-Afrikaanse pogings tot landelike ontwikkeling, het die behoefte by die Departement van Waterwese ontstaan om ondersoek te laat instel na maniere om die verswakking van die watergehalte in die Bergrivierstelsel te bestuur. Hulle voorsien veral groot probleme met die invloei van water wanneer die Skuifraamdam voltooi is.

Daarbenewens word grootliks op die Bergrivierstelsel gesteun om water vir die groeiende nywerhede by Saldanha te voorsien. Die Regering voorsien ook dat gebiede in diestreek vir die moontlike vestiging van kleinboere uitgesonder sal word. Die gevaar bestaan dat sulke projekte weens swak water gekelder kan word voordat dit behoorlik op dreef kan kom, sê prof. Fey.

Projek is geen heksejag

Die navorsingsprojek is geen heksejag nie. Daarvoor trek die plaaslike ekonomie 'n te groot voordeel uit gewasproduksie, sê prof. Martin Fey.

Dit is egter onafwendbaar dat veranderings in die aanwending van water uit die Bergrivierstelsel gaan plaasvind. Dieveranderinge moet nie die huidige ekonomiese groei binne hierdie gebied benadeel nie. Die landbou is ook die grootste werkverskaffer in hierdie gebied.

Die landskap het in elk geval onomkeerbaar verander. Waardevolle inligting kan egter ingewin word hoe om voortaan op 'n meer volhoubare manier te boer. Boonop is betroubare inligting noodsaaklik om die groeiende aantal watergeskille te hanteer.

"Ons moet ook in gedagte hou dat die Wes-Kaap se riviere maar altoos ietwat brak was, veral diewat deur laagliggende dele loop. Ons moet egter probeer vasstel hoeveel meer soute dit nog kan opneem voordat aanvaarbare perke ten opsigte van watergehalte oorskry word." Prof. Fey meen boere kan self 'n groot bydrae tot die projek lewer. Hy vermoed dat baie van hulle oor die jare heen inligting versamel het wat waardevol kan wees om die verbrakking van graanlande te bepaal. Dieinligting kan gestuur word aan die departement grondkunde, Universiteit van Stellenbosch, Matieland 7602; of per e-pos aan fey@sun.ac.za. 9 Mei 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.74
-0.6%
Rand - Pond
20.11
+0.6%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,710.07
-1.0%
Silwer
20.43
-3.0%
Palladium
2,304.35
-0.8%
Platinum
921.50
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,302
-0.9%
Alle aandele
65,718
-0.9%
Hulpbronne 10
63,565
-1.6%
Industriële 25
79,584
-0.6%
Finansiële 15
13,983
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot