Dié nuwe model, wat die huidige model met Randfontein as verwysingspunt vervang, sal voorlopig slegs op sojabone van toepassing wees, luidens ’n kenisgewing wat kort voor druktyd aan deelnemers aan die JSE-termynmark versprei is.
Mnr. Vuyo Mpumza, bestuurder vir afgeleide kommoditeite by die JSE, het dit ook op ’n vergadering van die sojaboon- en sonneblomforum bekend gemaak. Hy het gesê die nuwe model is deeglik bestudeer en die JSE is meer as gewillig om dit nou oor ’n tweejaartydperk op die proef te stel.
Die JSE sal van middel Maart af inligtingsessies aanbied om die konsep te verduidelik. Vir die komende bemarkingsjaar, wat oor ’n maand begin, sal daar steeds ’n enkele verwysingspunt gebruik word om die liggingsdifferensiaal te bepaal.