AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Graanboere is geesdriftig

Suid-Afrika se graanbedryf hou, volgens alle aanduidinge, groot voorspoed vir die boere in. Op kort termyn is toestande wel plek-plek taai weens die somerreëns wat in sommige gevalle laat gekom het en in ander gevalle weggebly het, maar op die duur lyk die toekoms rooskleurig.

Suid-Afrika se graanbedryf hou, volgens alle aanduidinge, groot voorspoed vir

die boere in. Op kort termyn is toestande wel plek-plek taai weens die

somerreëns wat in sommige gevalle laat gekom het en in ander gevalle weggebly

het, maar op die duur lyk die toekoms rooskleurig.

Die mieliebedryf word veral gekenmerk deur algemene hoë pryse en goeie uitvoergeleenthede na die talle Afrikalande wat nie meer in staat is om vir hulself genoeg voedsel te produseer nie. Die groot onsekerheid oor wisselvallige reën demp die geesdrif ietwat, sê mnr. Deon Bothma, Suid-Afrika se Graanprodusent van die Jaar vir 2002.

Ten tye van die onderhoud met mnr. Bothma het baie boere nog op goeie reën gewag sodat hulle kon plant. In sommige dele, soos veral die ooste waar die boere vroeg moet plant, was die uurglas toe reeds aan die leegloop. Ander wat vroeg geplant het, maar daarna nie weer reën gekry het nie, moes magteloos aanskou hoe hul mielies verdroog.

In die algemeen beskou, het veral die mielieboere se finansiële toestand die afgelope jaar drasties verbeter omdat hulle verlede seisoen goeie pryse gekry het vir mielies wat hulle relatief goedkoop kon produseer. Die insetkoste was laag, omdat die boere daardie oes kon plant met produksiemiddele (saad, kunsmis, diesel en chemikalieë) wat hulle gekoop het voordat die rand-dollar-wisselkoers baie verswak en insetkoste drasties verhoog het.

Vanjaar is die situasie baie anders, want die produksiemiddele het aansienlik duurder geword. In baie gevalle is hierdie produksiemiddele, veral saad en kunsmis, nog in die skure en nie in die grond nie omdat die reën weggebly het. As Suid-Afrika 'n droogtejaar beleef, sal dit die boere hard slaan.

As dit vanjaar egter weer goed gaan, behoort die boere weer goed geld te maak en hul oorlaatskuld - wat opgebou het gedurende die jare toe die graanpryse so laag was - verder verminder. Hulle kan ook die voedseltekort in Afrikalande benut om mielies winsgewend uit te voer, maar dan moet daardie lande in staat wees om vir die produkte te betaal, wat grootliks van skenkerlande en -organisasies se vrygewigheid sal afhang.

Mnr. Bothma is egter bekommerd oor die vooruitsigte vir die oliesaadboere. Die prys van Suid-Afrika se belangrikste oliesaadgewas, sonneblom, het veral gedurende November baie gedaal. Dít kon boere genoop het om minder sonneblomme te plant, wat 'n tekort kan veroorsaak.

Weens die laat reëns het die boere ook minder grondbone geplant. In 'n stadium het kenners verwag dat aanplantings met 50 % sou daal teenoor dievan verlede jaar, maar dit kan selfs minder wees. Diegewas se arbeidsintensiewe aard noop sommige boere om eerder ander gewasse te plant omdat wetgewing oor minimum lone hul produksiekoste tehoog sal opstoot

Die Wes-Kaapse graanboere het 'n goeie jaar agter die rug. Koringboere in die Swartland en veral die Suid-Kaap se finansiële posisie het die afgelope seisoen aansienlik verbeter. Die hoër insetkoste van die 2003-aanplanting sal egter deeglike beplanning verg.

Volgens mnr. Pietman Lourens, voorsitter van Graan SA se Streek 27 (Suid-Kaap), bied die afgelope seisoen se goeie oeste aan boere die geleentheid om in die komende jaar sommige van hul werktuie en ander toerusting te vernuwe. Die besluit van die Nasionale Tesourie dat alle boere se finansiële jaar van volgende jaar af einde Februarie moet eindig, maak egter dinge vir boere moeilik. Hulle moet voor dan besluite neem ten einde die belastingvoordeel te benut.

Die vooruitsigte vir die nuwe aanplanting lyk goed. El Niño behoort volgens die kenners vir die Suid-Kaap natter weer te veroorsaak, wat goeie nuus vir die streek se koringbedryf behoort te wees. Wes-Kaapse boere sal hul finansiële beplanning baie versigtig moet doen, omdat produksiemiddele vanjaar baie duurder gaan wees as vir die 2001/02-seisoen. Boere gaan nie weer die voordeel hê van 'n gedeelte van hul insetkoste wat teen ou pryse aangeskaf is en 'n gemiddelde tot bogemiddelde oes wat teen hoër pryse verkoop is nie. Winsgrense gaan terug wees op die vlak van 2001. Verskaffers van ingevoerde produksiemiddele het hulle teen skommelinge in die rand-dollar-wisselkoers verskans en 'n sterker rand sal produsente daarom nie help nie. Mnr. Lourens sê die koringprys was einde verlede jaar heelwat laer as wat dit behoort te wees en voorsien dat dit in die Suid-Kaap op 'n vlak van R1 800/ton tot R1 850/ton sal stabiliseer.

Meelinvoer kan bedryf knou Die invoer van gesubsidieerde meel gaan 'n reuse-impak op Suid-Afrika se maalbedryf hê.

Die jaar 2002 is gekenmerk deur buitengewone stygings in die pryse van mielies en koring, met gevolglik hoë voedselinflasie wat baie aandag geniet het. Hierdie hoë pryse het baie druk op die maalbedryf geplaas ten opsigte van kontantvloei en verhoogde risiko. Dit het daartoe gelei dat 'n aantal kleiner meulenaars gesluit het.

Só sê mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende direkteur van die SA Meulenaarskamer in sy oorsig oor die maalbedryf.

Die persentasie stygings in die pryse van graanprodukte sal waarskynlik aan die einde van die eerste kwartaal van 2003 weer na normale vlakke terugkeer as die rand sy versterking teen die buitelandse geldeenhede volhou. Pryse behoort steeds op hierdie hoë vlakke te bly, maar die stygings sal afneem. Die invoertarief op graan is 'n balanseersyfer en behoort nie pryse noemenswaardig te raak nie.

Die eerste koringmeel uit Indië het in November 2002 in Durban geland teen pryse wat ver goedkoper is as die wêreldprys van koring. Elke ton meel wat ingevoer word, is 1,3 ton koring wat nie in Suid-Afrika geproduseer of opgeberg hoef te word nie.

Die uitwerking van gesubsidieerde meel van internasionale oorsprong gaan 'n baie groot impak op Suid-Afrika se maalbedryf hê. Meer as 30 % van Suid-Afrika se maalvermoë is aan die kus geleë en behoort regstreeks onder skoot te kom nadat die koringmeeltarief op 31 Desember 2002 uitgefaseer is.

Mnr. De Villiers sê die uitslag van die Mercosur-vryehandelsooreenkoms sal rigtinggewend wees vir die toekoms van die graanbedryf. Argentinië is bekend as een van die mees ekonomiese graanprodusente ter wêreld. Die insluit van koring en mielies in só 'n ooreenkoms sal 'n dramatiese impak op graanproduksie en verwerking hê.

Vanjaar gaan ook die jaar wees waarin die Suid-Afrikaanse verbruiker sy voor- en afkeure ten opsigte van geneties gemodifiseerde produkte gaan toon. Die eerste GM wit mielies sal in 2003 op die winkelrakke wees. Die verbruiker se reaksie sal bepalend wees ten opsigte van die graanketting se aanpassing by verbruikers se voorkeure in dieverband.

Die verpligte vitamieneverryking van meel sal vroeg vanjaar afskop. Die verwagting is dat hierdie program gunstig ontvang sal word en 'n aansienlike verskil sal maak aan die gesondheid en produktiwiteit van die bevolking, asook 'n verlaging in die gesondheidsorgrekening vir die Regering.

Die uitwerking van vigs op meelverkope sal waarskynlik in 2003 meer sigbaar word, en dit geld ook vir die invloed wat die SAOG-lande se voedselnood op Suid-Afrikaanse pryse sal hê. Voedselveiligheid is een van die aspekte waaraan die bedryf tans baie aandag gee. Verdere navorsing in dieverband sal waarskynlik later in die jaar tot wetgewing lei.

Mnr. De Villiers sê die bedryf se vermoë om ooreenkomste met die LNR in 2003 te sluit ten einde navorsing op 'n gesonde voet te hou, behoort 'n hoë premie te dra. "Die tekort aan graantrokke en lokomotiewe wat diebedryf die afgelope jaar lamgelê het, behoort voorkeur te geniet in die konteks van die debat oor voedselsekerheid. Ons kan maar net hoop dat Spoornet sy belangrikheid in die graanketting sal raaksien en volgens die markvraag daarop sal reageer."

Bemarking die grootste uitdaging Boere moet alle hulpmiddels tot hul beskikking gebruik om die risiko's uit graanbemarking te haal, want dit is onnodig om ál die risiko's op hulself te neem.

Hoewel boere nie beheer oor iets soos die weer het nie, is daar instrumente

en produkte wat die boerdery se onsekerhede 'n bietjie kan demp. As 'n boer met

'n graankoper ooreenkom oor die verkoop van sy oes, moet hy ook sorg dat hy hom

teen risiko's verskans, sê mnr. Bully Botma, voorsitter van Graan Suid-Afrika

(GSA).

Die koringoes was met die skryf hiervan byvoorbeeld mooi op baie

plekke, maar die prys het gedaal. Dus gaan boere nie soveel vir hul oes kry as

wat hulle aan die begin van die seisoen gedink het nie, behalwe as hulle hul

teen 'n prysdaling verskans het.

Dit geld vir alle grane. "Boere moenie met

die hele oes dobbel nie, maar hul risiko's verskans. Dán is die landbou se

toekoms mooi," sê hy.

Mnr. W.T. Myburgh, voorsitter van Graan SA se Streek 26

(Swartland), stem hiermee saam en sê op produksievlak is die meeste boere in die

Swartland kundiges. Dit is noodsaaklik dat dieselfde nou op bemarkingsgebied

gebeur.

Om die mark reg te speel, is die grootste uitdaging waarvoor

Swartlandse koringboere vanjaar te staan sal kom. Boere is nog nie

bemarkingskundiges nie en moet begin om markmeganismes te gebruik om vir hulself

'n goeie gemiddelde prys te beding. Hy meen die huidige wisselvalligheid in die

koringmark is in 'n groot mate toe te skryf aan boere wat nie kontrakte wou

teken toe die prys hoog was nie en paniekerig begin verkoop het toe die prys

daal.

Boere moet ook daarteen waak om nie minder koring te plant nie, want

oorproduksie is nie 'n probleem nie. Suid-Afrika gebruik steeds heelwat meer

koring as wat plaaslik geproduseer word. Dit skep juis 'n gevaar dat buitelandse

produsente 'n vastrapplek in die mark kan kry.

Wat die koringprys betref,

voorsien mnr. Myburgh nie 'n groot daling nie. Die invoer van groot hoeveelhede

koring uit die Oekraïne kan wel 'n invloed hê, maar die waarde van die rand sal,

soos altyd, die grootste faktor wees om mee rekening te hou.

Hy verwag 'n

dramatiese styging in insetkoste weens die groot ingevoerde komponent van die

koringbedryf se produksiemiddele. Die goeie jaar wat verby is, behoort egter die

meeste boere in die Swartland se finansiële posisie te laat

verstewig.

Volgens mnr. Myburgh is daar aan produksiekant groot veranderings

in die streek aan die gang. Boere beweeg toenemend na 'n stelsel van

minimumbewerking en wisselbou. Die veekomponent van boerderye word ook

belangriker.

Navorsing, tariefstrukture en kultivarontwikkeling is nou

redelik in orde. Dit behoort so te bly in 2003, sê hy.

10 Januarie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
-0.5%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot