AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Graanproduksie kan krimp gedurende nuwe seisoen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sojabone. Foto: Alani Janeke
Sojabone. Foto: Alani Janeke
Die Amerikaanse departement van landbou het aan die begin van die maand geskat dat internasionale graan- en oliesaadopbrengste gedurende die 2022-’23-seisoen kan krimp.

In die 2022-’23-seisoen kan die wêreldmielieproduksie op ’n jaargrondslag met 4% afneem tot 1,17 miljard ton en die eindvoorraad met 2% tot 307 miljoen ton weens kleiner oeste in die Europese Unie, Serwië en Amerika.

Mnr. Paul Makube, senior landbou-ekonoom van FNB Agribesigheid, sê die oorlog in Oekraïne dra veral tot hierdie vooruitsig by aangesien verwag word dat dié land se produksie en voorraad met tussen onderskeidelik 25% en 43% teenoor die vorige jaar sal krimp.

Wat sojabone betref, word voorspel dat produksie en voorrade met onderskeidelik 9,9% en 8,8% herstel. Makube sê dit is goeie nuus vir die beskikbaarheid van sojameel en moontlik ’n demper op prysvoorspellings plaas.

Volgens Makube dui die onlangse neiging in internasionale mieliepryse daarop dat pryse spoed optel met gemiddelde pryse wat gedurende Oktober met tot 4,2% teenoor met die vorige maand en bykans 36% teenoor die vorige jaar tot $324,29/ton gestyg het. Hoewel pryse vir sojabone met 1,8% teenoor die vorige maand gedaal het, is dit teen $595,24/ton steeds 24% hoër as die vorige jaar.

“Dit, tesame met die verswakking van die rand, het plaaslike mielie- en sojaboonpryse onder druk geplaas ten spyte van volop voorrade. Die gemiddelde pryse van wit- en geelmielies het tot dusver gedurende Oktober met onderskeidelik 3,5% en 2,9% teenoor die vorige maand en bykans 52% en 43% teenoor die vorige jaar gestyg.”

Plaaslike aanplantings neem (effens) toe

Makube sê vroeë aanduidings van die nasionale oesskattingskomitee is dat Suid-Afrikaanse boere van plan is om bykans 0,2% meer hektare met somergewasse gedurende die nuwe seisoen te beplant. Die verwagte totale area onder somergewasse word op 4,351 miljoen ha bereken.

Daar word veral meer sojaboonaanplantings verwag met ’n toename van 16,2% teenoor verlede jaar. Dit het die potensiaal om met ’n gemiddelde opbrengs ’n rekordoes van 2,5 miljoen ton te lewer.

Hoewel afnames in aanplantings van die res van die somergewasse verwag word, meen Makube dat dit nog vroeg in die seisoen is en die situasie waarskynlik nog sal verander.

Volgens Makube word verwag die 2,59 miljoen ha onder mielies, wat meer is as die tienjaar- en vyfjaargemiddelde van onderskeidelik 2,53 miljoen ha en 2,57 miljoen ha, sal waarskynlik ’n opbrengs 14,59 miljoen ton lewer, wat ’n bogemiddelde oes verteenwoordig.

“Dit is bo die tienjaar- en vyfjaargemiddelde van onderskeidelik 13,12 miljoen ton en 14,56 ton. Dit sal dus maklik in die plaaslike vraag van 11,8 miljoen ton kan voorsien en steeds ’n goeie surplus lewer.”

Makube sê die oplewing in sojaboonaanplantings was te verwagte aangesien daar vroeë aanduidings was dat sojaboonsaad vinnig uitverkoop het. “Die toename in opbrengs sal die plaaslike beskikbaarheid van sojabone en gevolglik sojameel ’n hupstoot gee, wat die afhanklikheid van invoer sal verminder. Dit sal goed wees vir veemarkte aangesien dit ’n groot bron van proteïen vir dierevoer is.”

Hy waarsku egter dat winsmarges nie noodwendig rekordhoogtes sal bereik nie as gevolg van massiewe kostedruk.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot