AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Graanpryse behoort hoog te bly

Die wisselkoers en internasionale markte sal feitlik die enigste prysvormers wees solank daar 'n tekort aan die vernaamste graansoorte in Suid-Afrika bestaan. Omdat 'n oorproduksie nie in die nabye toekoms voorsien word nie, sal plaaslike faktore nie 'n groot rol in prysvorming speel nie.

Suid-Afrikaanse graanpryse se blootstelling aan internasionale gebeure (veral die wisselkoers) was die laaste maande van verlede jaar baie duidelik - toe die rand teenoor die dollar en pond kwaai verswak en in April vanjaar beduidend verstewig het.

Die verswakking van die rand van ongeveer R9/$ begin Oktober tot byna R13,50/$ begin Desember het mielie- en sonneblomsaadpryse feitlik laat verdubbel en koringpryse met R500/t en meer laat toeneem.

Daarenteen het die onlangse verstewiging van die rand weer tot 'n aansienlike daling in graanpryse gelei. Geelmieliepryse het van 'n hoogtepunt van ongeveer R1 800/t in Desember 2001 met byna R500/t tot R1 320/t einde April gedaal vanweë die verstewiging van die rand. Koringpryse het dieselfde gedoen.

Hierdie neiging van graanpryse om wipplank te ry namate die rand verstewig of verswak, sal voortduur solank daar 'n tekort aan mielies en koring op die plaaslike mark is, sê mnr. Nico Hawkins, senior ekonoom: marknavorsing van Graan SA (GSA). Dit maak nie saak hoe groot die tekort is nie, die mark sal daarop reageer solank die situasie voortduur. Plaaslike faktore behoort 'n onbeduidende invloed op pryse op kort termyn te hê. Die jongste vooruitskattings van Graan SA wys dat mielie- en koringtekorte verwag word sonder om die verwagte invoer uit Afrika in ag te neem. As dit gebeur, soos wat algemeen verwag word, sal die tekort ál groter word. Die kans dat mielie- en koringpryse van invoerpariteit sal wegbeweeg, is dus skraal. Die SA Graaninligtingsdiens (Sagis) sê dat tot 31 Maart 284 978 t meer wit mielies gelewer is as die Nasionale Oesskattingskomitee se finale skatting. Dit sluit die vroeë lewering van mielies in wat vir die seisoen 2002/03 geplant is (tabel 1).

TABEL 1: Die totale vraag na en aanbod van wit en geel mielies in Suid-Afrika soos op 1 Mei 2002 (Bron: GSA)
 

Wit mielies

Geel mielies

2001/02(`000 t)

2002/03(`000 t)

2001/02(`000 t)

2002/03(`000 t)

Beginvoorraad1

1 273

307

842

220

Kommersiëe produksie

4 395

4 815

2 977

3 252

Invoer

60

100

290

0

Totale aanbod

5 728

5 222

4 109

3 472

Totale verbruik

4 606

4 500

3 347

3 198

Uitvoer

815

480

542

165

Totale vraag

5 421

4 980

3 889

3 363

Eindvoorraad2

307

242

220

109

Benodigde pyplyn3

538

525

388

366

1=Beginvoorraad soos op 1 Mei
2= Eindvoorraad soos op 30 April
3= 45 dae se verbruik

As gevolg van die huidige hoë pryse probeer boere soveel mielies moontlik lewer. Omdat die vroeë lewerings as deel van die 2001/02-seisoen beskou word, word die Nasionale Oesskattingskomitee se skatting in Graan SA se voorspellings vir wit mielies vir 2002/03 met 98 000 t en vir geel mielies met 337 000 t verminder.

Hoewel daar op 30 September 2002 'n eindvoorraad van 498 000 t koring verwag word en die benodigde pyplynvoorraad net 409 000 t beloop, behoort dit nie 'n invloed op pryse te hê nie, omdat daar 'n tekort van 43 000 t einde September 2003 verwag word. Saam met die benodigde pyplynvoorraad sal die verwagte tekort 452 000 t beloop.

Hoewel verwag word dat pryse in die tekortsituasie net onder invoerpariteit of, in die geval van wit mielies, net bokant invoerpariteit sal beweeg, bemoeilik die onsekerheid oor die wisselkoers en ander faktore wat kommoditeitspryse tydens lewering bepaal, die akkurate vooruitbepaling van pryse.

Selfs gesoute markontleders trap klei oor die wisselkoers. Sommiges reken die rand kan einde vanjaar R13 per dollar werd wees, terwyl ander verwag dit kan verstewig tot onder R10 teenoor die dollar. Die verskil in wisselkoers kan 'n groot invloed op invoerpariteit hê, wat op sy beurt weer die plaaslike prys sal bevoordeel of benadeel.

'n Produsent kan dus nie sonder 'n marksiening en weldeurdagte vooruitskouing deurdagte bemarkingsbesluite neem nie, sê mnr. Wessel Lemmer van die Wes-Kaapse departement van landbou op Elsenburg.

Boere kan byvoorbeeld die wisselvalligheid deur middel van die termynmark (Safex) en vooruitkontrakte bestuur. Vir die boer wat sy prysrisiko self bestuur, is dit belangrik om die plaaslike vraag en aanbod, die vlak van in- en uitvoer, die wisselkoers en die internasionale vraag en aanbod in gedagte te hou. Met die huidige tekort is dit veral laasgenoemde twee faktore wat belangrik is.

Die uiteenlopende standpunte oor die stand van die wisselkoers teen die leweringstyd van koring beklemtoon die belangrikheid van prysrisikobestuur. Die rand was byvoorbeeld op 2 Mei 2002 R10,48 per dollar werd, maar hoeveel gaan dit verstewig of verswak teen Desember?

Faktore soos die toekomstige verwikkelinge in Zimbabwe, risikovermyding in ontwikkelende markte, Argentinië se skuldkrisis, internasionale terrorisme, asook monetêre, fiskale of sosiale beleidsveranderinge in Suid-Afrika sal moontlik die wisselkoers beïnvloed.

Mnr. Lemmer sê boere moet altyd betroubare bronne van markinligting gebruik om hul prysrisiko doeltreffend te bestuur.

Vraag- en aanbodvooruitskattings soos deur die Nasionale Oesskattingskomitee en GSA en markverslae soos deur Sagis is van groot waarde vir boere om hul bemarkingstrategie te bepaal.

Die jongste markvooruitsigte vir die seisoene 2001/02 en 2002/03 toon dat net van sonneblomme, kanola en grondbone meer geproduseer gaan word as wat die mark benodig. As die benodigde pyplynvoorraad aan die einde van die seisoen in gedagte gehou word, word tekorte van die ander gewasse verwag (tabel 1 en tabel 2).

TABEL 2: Die totale vraag na en aanbod van koring, gars en kanola in 2002/03,
sowel as van sonneblomme en sojabone in 2002 (Bron: Graan SA)
Koring
('000 t)
Gars
('000 t)
Kanola
('000 t)
Sonneblom-
me('000 t)
Sojabone
('000 t)
Beginvoorraad1

498

0,0

5,65

147

61

Invoer

0

0,0

0,00

0

10

Produksie2

2 164

124,6

33,92

800

202

Totale aanbod

2 662

124,6

39,57

947

273

Verbruik

2 570

281,0

34,00

708

215

Uitvoer

135

1,0

0,00

30

0

Totale vraag

2 705

282,0

34,00

738

215

Eindvoorraad3

-43

-157,4

5,57

209

58

Benodigde pyplyn

409

33,8

4,19

175

51

1= Die beginvoorraad vir koring, gars en kanola is soos op 1 Oktober2002 en dié
vir sonneblomme en sojabone soos op 1 Januarie 2002.
2= Kommersiële produksie
3= Die eindvoorraad vir koring, gars en kanola is soos op 30September 2003 en dié
vir sonneblomme en sojabone soos op 31Desember 2002.

Die prys van wit en geel mielies, koring, gars, sorghum en sojabone sal dus nader aan die invoerpariteit van die verskillende produkte beweeg. Tabel 3/ wys die aansienlike verskille tussen die in- en uitvoerpariteit van die verskillende gewasse soos op 23 April.

TABEL 3: Die in- en uitvoerpariteit vry op spoor (v.o.s.) in Durban
soos op 23 April 2002 (Bron: GSA Adviesdiens)
ProdukInvoerpariteit(R/t)Uitvoerpariteit(R/t)
Wit mielies

1 248

1 586

Geel mielies

1 084

1 420

Koring

1 354

1 875

Sojabone

2 016

2 596

Sonneblomme

3 017

3 848

Sorghum

767

1 114

Vir lewering 2 maande; R10,94/$

Die internasionale mieliemark is redelik onder druk. As Amerika se voorgestelde landbouplan goedgekeur word, kan die Amerikaanse boere meer mielies en minder sojabone plant, omdat dieplan voorsiening maak vir 'n verskuiwing van subsidies na mielies ten koste van sojabone.

Die vraag na geel mielies uit Amerika bly egter taai. Geen vuurwerk word dus op die internasionale mieliemark verwag nie. Plaaslik kan boere dus verwag dat pryse nou soos gewoonlik effens sal styg, maar dat dit sal daal namate die mielies in oestyd gelewer word.

Wit mielies se prys is steeds hoër as die invoerpariteit. Omdat daar nie 'n invoerpariteit vir wit mielies is nie, word die plaaslike invoerpariteit op die internasionale geelmielieprys plus $20/t bereken.

Plaaslike kopers is nou bereid om meer as die premie van $20/t (ongeveer R250/t) wat bo die invoerpariteit van geel mielies gestel word, te betaal. Die groot vraag wat uit Afrika verwag word en die beter gehalte van Suid-Afrikaanse wit mielies is tans die vernaamste redes vir die goeie pryse. Hoewel kopers dit nie erken nie, verkies hulle steeds plaaslike wit mielies omdat die gehalte beter is.

Geel mielies is net onder invoerpariteit omdat dit makliker ingevoer kan word en die gehalte nie so 'n groot faktor as by wit mielies is nie.

Die prysgaping van R400/t tussen wit en geel mielies (soos op 30 April) is egter te hoog. As wit mielies soveel duurder is, skakel verbruikers maklik oor na geel mielies. Daar is ook sprake dat Zimbabwe sowat 1 miljoen ton wit mielies uit Amerika gaan invoer, wat plaaslike pryse onder druk kan plaas.

As die rand verder teenoor die dollar verstewig, kan verwag word dat wit en geel mielies se prys verder sal daal. Die plaaslike mark het klaar die tekort verwerk. Die wisselkoers sal dus nou hoofsaaklik die mielieprys bepaal.

Koring


Hoewel koring se verwagte eindvoorraad op 30 September hoër as die benodigde pyplynvoorraad (60 dae se verbruik) sal wees, sal die internasionale koringprys en die wisselkoers (soos by mielies) ook die plaaslike koringprys bepaal.

Daar is produsente wat glo dat jy nie jou produkte vooruit verkoop as jy in 'n land boer waar 'n tekort van die spesifieke produk verbou word nie. Soms werk diestrategie, soos verlede jaar toe Wes-Kaapse koringprodusente wat van hul graan teruggehou het R500/t en meer vir hul koring verdien het as dieboere wat vroeg in die seisoen pryse vasgemaak het.

Diebemarkingstrategie werk egter nie altyd nie. Pryse het nou tot naby invoerpariteit gestyg en sal min of meer daar bly. Dalings en stygings in pryse sal dus nie deur plaaslike faktore nie, maar deur die wisselkoers en internasionale pryse beïnvloed word.

Boere het aangedui dat hulle vanjaar minder koring gaan plant. In die Vrystaat wil hulle 35 000 t minder plant, waarskynlik omdat dit tans redelik droog is. Volgens weerkundiges kan 'n moontlike El Ni?o-jaar boere in die binneland eerder mielies as koring laat plant omdat die oesrisiko van mielies in die somerreëngebiede heelwat kleiner as dievan koring is.

Dieverskynsel behoort nie die Wes-Kaapse koringproduksie nadelig te raak nie. Produsente in diegebied het aangedui dat hulle meer koring gaan plant. Die reënval en verspreiding daarvan sal egter 'n invloed op die totale aanplantings hê.

Garsaanplantings is steeds onder druk en 'n groot tekort

word verwag (tabel 2). Met die voorgenome aanplantings en geskatte produksies word volgens Graan SA se jongste skattings 'n tekort van onderskeidelik 18 000 t en 147 400 t op 30 September 2002 en 2003 verwag. Die benodigde pyplynvoorraad is 33 800 t.

Omdat die vraag die aanbod oorskry, beteken dit dat die tekort deur invoer aangevul sal moet word. Koring- en garspryse behoort dus teen leweringstyd na die vlak van invoerpariteit te neig, sê mnr. Lemmer.

Die internasionale koringmark is ook onder druk. Internasionale koringpryse behoort min te skommel as die Amerikaanse koringoes normaal sou wees. Dit is nou die middel van die Amerikaanse groeiseisoen en die weer kan nou na enige kant 'n rol speel: Goeie weer kan druk op pryse plaas, terwyl swak weer pryse sal ondersteun.

Met die plaaslike en internasionale situasie in gedagte stel mnr. Lemmer voor dat koringboere met die verskillende markinstrumente 'n minimum prys vir hul komende oeste instel. Dit moet só gedoen word dat hulle later geleenthede kan benut om in moontlike prysstygings te deel. Prysrisikobestuur moet dus deurlopend aandag geniet.

Koring- en garsprodusente wat vastepryskontrakte teken en nie koopopsies te koop kry om hulself teen 'n wisselkoersverswakking te verskans nie, kan dit selfs oorweeg om witmielie-koopopsies vir Desember te koop.

Dieboere moet egter in gedagte hou dat as die wisselkoers sou verstewig en koringpryse sou styg, hulle nie die voordeel van 'n koringprysstyging sal geniet nie. Indien die wisselkoers verder sou verswak, behoort boere deur middel van die witmielie-koopopsie uit prysstygings in die witmieliemark in Desember voordeel te trek.

Wes-Kaapse boere het ook aangedui dat hulle vanjaar 19 %

meer kanola gaan plant. Volgens GSA se jongste skattings (tabel 2) word 'n kanola-eindvoorraad van 5 570 t op 30 September 2003 verwag teenoor die benodigde pyplynvoorraad van 4 190 t. Die prys van kanola word hoofsaaklik van die plaaslike prys van sojaboon-oliekoek (47 % proteïen) afgelei.

Sojabone se eindvoorraad op 31 Desember 2002 word op

sowat 58 000 t geskat, terwyl 'n pyplynvoorraad van 51 000 t benodig word.

Sonneblomme se verwagte eindvoorraad op 31 Desember 2002 is altesame 209 000 t

teenoor die benodigde pyplynvoorraad van 175 000 t (tabel 2).

Die prys van kanola kan dus deur die aanbod van

sojaboonoliekoek uit Amerika en die plaaslike aanbod van sonneblomme beïnvloed

word.

17 Mei 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.0%
Rand - Pond
19.42
-0.5%
Rand - Euro
17.37
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.4%
Rand - Jen
0.12
+0.5%
Goud
1,659.31
+1.9%
Silwer
18.90
+2.8%
Palladium
2,150.51
+3.6%
Platinum
865.78
+1.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,413
-0.4%
Alle aandele
63,808
-0.3%
Hulpbronne 10
57,878
+1.5%
Industriële 25
78,523
-1.0%
Finansiële 15
14,099
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot