AFGRI
BEAN
29 Nov
-
9295,8
143,80
CORN
29 Nov
-
4473
-5,00
SOYA
29 Nov
-
10265,4
160,40
SUNS
29 Nov
-
10905
51,00
WEAT
29 Nov
-
6795
-30,00
WMAZ
29 Nov
-
5271
-52,00
YMAZ
29 Nov
-
5103
-8,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Groei vir Goud: Meer deelnemers, hoër opbrengste

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Ondanks ’n moeilike produksiejaar het Suid-Afrika se beste mielie-, soja- en sonneblomboere weer vanjaar uitstekende prestasies in Graan SA se Groei vir Goud-kompetisie behaal.

Mnr. Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie en lededienste by Graan SA, sê die kompetisie het vanjaar 84 inskrywings gehad, wat ’n styging van 47% oor die afgelope drie jaar verteenwoordig. Die mielie-opbrengste in die kompetisie het ook stelselmatig hoër geword en is vanjaar 3,7% hoër. Die opbrengste is van 160% tot 180% hoër is as die gemiddelde Suid-Afrikaanse mielie-opbrengs.

Sojaboonopbrengste het met 17% gestyg en was van 130% tot 170% hoër as die Suid-Afrikaanse gemiddelde. Hoewel die sonneblomopbrengste vir die kompetisie die afgelope drie jaar sywaarts beweeg het, was die opbrengste vir die sonneblomafdeling van 140% tot 190% hoër as die nasionale gemiddeld.

Louw sê twee mielie-opbrengsrekords en vyf sojaboonopbrengsrekords is in die verskillende kompetisiegebiede gesien, wat net weer eens Suid-Afrikaanse boere se vermoë om hulle besighede na die volgende vlak te neem, onderstreep.

Groei vir Goud 2022
Vanjaar se Graan SA Groei vir Goud-kompetisie het ‘n totaal van 84 deelnemers gehad. Twee nuwe mielie-opbrengsrekords asoof vyf sojaboon-opbrengsrekords is gedurende die kompetisie aangeteken. Foto: Marieke Snyman

Dr. Pieter Taljaard, hoofbestuurder van Graan SA, het gesê elkeen van die boere wat ingeskryf het, is leiers in hulle gemeenskappe. “Ten spyte van die probleme wat ons boere elke dag in die gesig staar, insluitend kragonderbrekings, korrupsie en stygende insetkoste, bly hulle volhard om te verseker dat Suid-Afrika ’n voedselseker land bly.”

Wenners

Wat verblydend was, was die aantal nuwe wenners in die verskillende kategorieë, wat die lewenskragtigheid van die kompetisie verder illustreer.

In die mielie-afdeling was die wenners: 

KwaZulu-Natal, mielies: Mnr. Bertus Alberts van Dundee wat 16,94 t/ha met die Pioneer-baster P1197 behaal het.

Oostelike Hoëveld, mielies: Mnr. Johann Pistorius van Standerton wat 17,59 t/ha met die Pannar-baster PAN 3A-124 behaal het.

Oos-Vrystaat, mielies: Mnr. Louis Scheepers van Fouriesburg wat 13,149 t/ha met die Pioneer-baster P1513 behaal het.

Sentrale Streek, mielies: Mnr. Japie Breedt van Bapsfontein wat 15,189 t/ha met die Dekalb-baster DKC64-54BR behaal het.

Noordwes, mielies: Mnr. Dawie van der Merwe van Schweizer-Reineke wat 13,76 t/ha met die Dekalb-baster DKC 75-65BR behaal het.

Watertafelstreek, mielies: Mnr. Petrus Andreas Roux van Hoopstad wat 11,73 t/ha met die Pannar-baster PAN 3R-224YHR behaal het.

Besproeiingsmielies: Mnr. Reimar Tratchler van Winterton wat 22,732 t/ha met die Pannar-baster PAN 3R-724BR behaal het.

In die sojaboonafdeling was die wenners:

Kwazulu-Natal: Mnr. Koot Smith van Vryheid wat 5,4 t/ha met die Agricol-baster DM6.8iRR behaal het.

Oostelike Hoëveld: Mnr. Corneels Greyling van Wakkerstroom wat 5,77 t/ha met die Agricol-baster DM 5351RSF behaal het.

Oostelike Vrystaat: Mnr. Paul Farrell van Bethlehem wat 5,519 t/ha met die Agricol-baster DM 5953RSF behaal het.

Sentrale Streek: Mnr. Japie Breedt van Bapsfontein wat 5,34 t/ha met die Agri-Seed-baster RA 565 behaal het.

Noordwes: Mnr. Izak van Zyl van Makwassie wat 5,408 t/ha met die Agricol-baster DM 6.8iRR behaal het.

Watertafelstreek: Mnr. Burrie Naudé van Hoopstad wat 5,85 t/ha met die Agricol-baster DM 6.8iRR behaal het.

Besproeiing: Mnr. Jan van Heerden van Hartswater wat 6,28 t/ha met die Agricol-baster DM 5953RSF behaal het.

Sonneblom

In die afdeling vir sonneblomme het mnr. Denys Michael Daly van Virginia ’n wenopbrengs van 4,009 t/ha met die Pannar-baster PAN 7080 behaal, terwyl mnr. Frik van Rooyen van Lichtenburg met die louere in die kompetisie vir sonneblomolie-lewering weggestap het.

Van Rooyen se sonneblomme het ’n olie-lewering van 46,9% behaal, terwyl hy ook ’n opbrengs van 3,72 t/ha met die Pioneer-baster P65LL02 behaal het. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.99
+1.0%
Rand - Pond
20.30
+1.1%
Rand - Euro
17.55
+1.1%
Rand - Aus dollar
11.36
+0.5%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,749.10
+0.4%
Silwer
21.25
+1.5%
Palladium
1,840.16
-0.5%
Platinum
1,007.00
+1.4%
Brent-ruolie
83.19
-0.5%
Top-40
66,816
-0.3%
Alle aandele
73,128
-0.3%
Hulpbronne 10
71,369
+0.8%
Industriële 25
88,068
-0.4%
Finansiële 15
16,117
-1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot