AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Groenbemesting lewer stikstof goedkoop

Boere kan gerus groenbemesting as bron van stikstof oorweeg. Dit is 'n goedkoop manier om hierdie noodsaaklike voedingstof te voorsien, maar bied ook ander voordele.

Boere

kan gerus groenbemesting as bron van stikstof oorweeg. Dit is 'n goedkoop manier om hierdie noodsaaklike voedingstof te voorsien, maar bied ook ander voordele.

Stikstof is verantwoordelik vir die vegetatiewe groei van plante. Grond met te min stikstof sal 'n swak oes lewer. Stikstof kan maklik kunsmatig by die grond gevoeg word, byvoorbeeld in die vorm van ureum. Chemiese bemesting word gaandeweg duurder en ál meer boere begin alternatiewe bemesting ondersoek.

Om die beste nut uit die grond te kry, moet dit humus (die hoofbron van stikstof), minerale, lewende organismes en water bevat. Wanneer 'n mens humus by die grond voeg, is dit dus nie net organiese materiaal nie, maar ook stikstof.

Groenbemesting is 'n eenvoudige manier om humus (en dus stikstof) in die grond te plaas. Hiervoor word 'n gewas geplant met die doel om dit in te ploeg sodat die plante humus of organiese materiaal aan die grond kan voorsien.

Volgens die Bemestingshandleiding van die Misstofvereniging van Suid-Afrika speel organiese materiaal 'n belangrike rol in grondvrugbaarheid. Dit verbeter die grondstruktuur, wat die volgende voordele inhou:

Die groter krummelagtigheid van die grond wat met humus verkry word, verbeter gaswisseling. Dit is noodsaaklik vir respirasie deur die wortels.

Water se indringingstempo en die grond se waterhouvermoë styg.

Die grond verdig nie so maklik weens bewerking nie.

Die grond is minder geneig om ná swaar reën 'n kors te vorm.

Humus bind sandgrond en bekamp gevolglik erosie.

Die groot chemiese voordeel van organiese materiaal is dat dit die grond vrugbaarder maak. Dit skakel die nadele van brak grond in 'n mate uit en bevorder die uitloging van soute.

Op biologiese gebied laat baie organiese materiaal in die grond die grondorganismes toeneem, wat organiese materiaal vir energie afbreek. Baie organismes beveg ook plae op 'n natuurlike wyse, met die gevolg dat die boer minder chemiese plaagdoders nodig het.

Benewens groenbemesting, is kompos, plaasmis, rioolafval, hoendermis en plantreste ook belangrike bronne van organiese materiaal.

Mnr. Andrew Taylor van Capstone Saad op Howick sê 'n gewas vind baat by organiese materiaal in die grond omdat sulke grond in die algemeen goed vir plante is. Swaarder grond dreineer makliker, terwyl ligte grond meer water hou.

Sand kan 25 % van sy gewig aan water hou en klei 50 % tot 75 %. Daarteen kan humus twee keer sy eie gewig aan water absorbeer. Die wortels dring die grond ook makliker binne en het meer lug, water en plantvoedingstowwe.

Groenbemesting is nie 'n nuwe idee nie. Dit is moontlik net so oud soos boerdery self en word al minstens die afgelope 2 000 jaar gebruik. Kenners het in 1925 in Suid-Afrika verslag gedoen oor die nut van gewasse soos fluweelboontjies, sunhennep, akkerbone, lupine, koolraap en bokwiet om ou suikerrietlande te hernieu.

Mnr. Taylor is veral opgewonde oor sunhennep (Crotalaria

spp.

), 'n eenjarige peulgewas, se moontlikhede. Dit is in die laat 1920's deur die suikerbedryf as 'n natuurlike bron van stikstof gebruik. Met die koms van kunsmatige stikstofbronne het dit egter in onbruik verval.

In proewe wat oor dertig jaar in Swaziland gedoen is, is bevind dat groenbemesting gemiddeld 12,4 % winsgewender as konvensionele verbouing was, terwyl proewe in Taiwan getoon het dat groenbemesting tot 15 % bydra tot die stikstof wat deur gewasse opgeneem word.

Ander gewasse is ook geskik vir groenbemesting. Voorbeelde van peulgewasse is sojabone, fluweelboontjies, akkerbone en lupine, terwyl bokwiet en patats onder die nie-peulgewasse tel wat vir groenbemesting geskik is.

Volgens proewe met akkerbone kan dit in gunstige toestande organiese materiaal lewer wat 11 kg tot 15 kg stikstof per hektaar bevat. Klawer het 4 ton tot 7 ton groen materiaal per hektaar opgelewer op 'n land wat vir die verbouing van suikerriet voorberei is. Dit het byna 'n ton humus bevat en meer as 18 kg stikstof (gelykstaande aan sowat 128 kg natriumnitraat) opgelewer. "Danksy die gerief van kunsmatige bemestingstowwe het ons vergeet van hierdie uiters nuttige manier om die grond te verryk. Omdat die koste van bemesting nou beduidend styg, is dit tyd om hierdie ou boerderymetode weer in gebruik te neem. Die aantal braaklande op plase het toegeneem en groenbemesting is 'n ideale manier om dit te benut," sê mnr. Taylor.

Sunhennep 'n ou staatmaker

Sunhennep (Crotalaria spp.

) is baie gehard, groei vinnig en kan 12 ton tot 14 ton droë bogrondse biogewig per hektaar lewer. Hierdie groot kruidagtige plant het heldergeel blomme en die wortels vorm talryke gelobte knolletjies, wat stikstof vervaardig.

Dit het 'n sterk penwortel en floreer in diep grond wat wissel van sandgrond tot medium-kleigrondsoorte mits dit goed gedreineer is. Dit verdra grond-pH in die omgewing van 5,0 tot 8,4.

Sodra die vorige gewas geoes is, moet die grond met 'n skottelploeg omgewerk word. Die sade van sunhennep is klein; dus is 'n goeie saadbed noodsaaklik om 'n goeie plantestand te verseker.

'n Hoë saaidigtheid is noodsaaklik. Die saad hoef nie ingeënt te word nie, maar die grond moet nat wees met planttyd om goeie ontkieming te verseker. Sunhennep kan breedwerpig met 'n pendulumstrooier gesaai word teen 40 kg/ha tot 50 kg/ha; van Augustus (op die Hoëveld) tot Maart (in die Laeveld). As dit in rye geplant word, is 25 kg/ha voldoende.

Onkruidbestryding is onnodig omdat sunhennep 'n digte blaredak het wat onkruid versmoor.

Die gewas begin ná sowat 80 dae blom. Dit moet ingeploeg word wanneer 10 % tot 15 % van die blomme oop is, want die wortelknolletjies het dan volledig ontwikkel.

Dit duur gemiddeld 86 dae om 'n goeie groenbemestingoes te verseker. Sowat 80 tot 100 dae ná planttyd behoort dit 700 mm tot 1 m hoog te staan. As dit langer gelos word, kan dit 'n hoogte van 1,5 m tot 2 m bereik. Dit werk dan egter moeilik in weens die baie plantmateriaal. Die plante kan selfs eers afgesny word sodat dit makliker inploeg. 'n Swaar ploeg werk dit makliker in.

Dit duur gewoonlik vyf tot ses weke vir die plantreste om in warm, klam grond te ontbind en die boer moet minstens twee tot drie weke wag voordat hy 'n gewas op hierdie land plant.

Mnr. Andrew Taylor van Capstone Saad op Howick sê sunhennep het selfs minder stikstof as gewoonlik nodig. Op ou suikerrietlande hoef die boer byvoorbeeld net 130 kg stikstof per hektaar toe te dien en nie die gebruiklike sowat 170 kg/ha nie. In proewe gedurende die 1980's met sunhennep het die gemiddelde opbrengs van die gewasse op 13 lande van 40 ha elk, wat eers braak gelê het voordat groenbemesting daarop toegepas is, met 45 % verbeter vergeleke met lande wat nie braak gelê het nie. Selfs die eerste en tweede opvolgoeste was 25 % groter. Hierdie bevinding is deur opvolgproewe bevestig. Lande wat net braak gelê het voordat 'n oes geplant is, het oeste opgelewer wat 11 % tot 29 % groter was as dieop lande wat nie braak gelê het nie, terwyl groenbemesting die oeste met 10 % tot 54 % verbeter het. In hierdie geval het die opvolgoeste egter nie veel by die groenbemesting baat gevind nie, want die uitwerking was klein en onbeduidend. 24 Januarie 2003

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
-0.6%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.68
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,661.25
+0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot