Dié knap boer, wat pas deur Graan Suid-Afrika as Boer van die Jaar aangewys is, vertel hoe hy dit gedoen het:
Op Groot Phesantekraal, ’n vierdegeslagplaas waarop met graan, vee en wingerde digby Durbanville geboer word, word daar deesdae koring gesaai op grond waar dit 25 jaar gelede nie moontlik was nie.
“Ek kan onomwonde sê ons getal hektare op die plaas het toegeneem. Ons marginale grond raak minder en die hoëpotensiaalgrond meer,” sê mnr. André (Oubaas) Brink, wat al sedert 1985 op die historiese Groot Phesantekraal boer.